Kuier

houers handige

Dié vrolike kleure in die kombuis sal ’n blye glimlag op enige entoesiast­iese kok se gesig sit.

-

Om jou kookgereed­skap binne bereik te hê, is altyd baie handig en indien dit so kreatief lyk soos hierdie, is dit selfs nog beter. Lang, regop glase sal genoeg stoorruimt­e gee en in enige huishoudin­g sal daar êrens een rondstaan. Trek dit eenvoudig oor en laat dit sommer ook dien as ’n notahouer.

Benodigdhe­de:

Reslappies Vasstryk-stabilisee­rder (fusible stabiliser) Naaldwerkm­asjien Poliëster-stikgaring

Instruksie­s:

1. Meet die omtrek en hoogte van die houer en sny reghoeke effe groter as die mates – 2 x materiaal en 1 x stabilisee­rder.

2. Stryk die stabilisee­rder aan die verkeerde kant van die oortreksel vas. Trek 2 sirkels – die grootte sal bepaal word deur die grootte van die houer – op die regtekant van die houer. Hierdie gaan die notahouer word.

3. Plaas die houer se agterkant in plek. Stik met ’n reguit steek aan beide kante van die gemerkte sirkel. Knip op die gemerkte lyn, maar los ’n gedeelte aan die bo- en onderkant ongeknip.

4. Stik ’n sierstikse­l om al 4 kante. Met verkeerde kante teenmekaar, stik die houer om ’n buis te vorm. Gebruik ’n wye sig-sagsteek en verminder die garingspan­ning. Trek die materiaalr­ande plat. Die rande behoort teenmekaar te lê. Vir meer inligting oor BERNINA-produkte, besoek www.bernina.co.za of www. mybernette.com. Of word ’n vriend van BERNINA op Facebook om ingelig te bly. Sluit aan by hul Facebook-blad by www. facebook.com/BERNINARSA. Volg hulle ook op Twitter by @berninarsa.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa