Kuier

As seks seer is

Hoewel seks ’n natuurlike ding is, kan dit vir baie soms ’n ongemaklik­e saak raak. Vind uit wat fout is en kry die plesier terug. DEUR Rowena Hendricks

-

Baie vroue ervaar pyn of ongemak tydens seks. Tog beskou baie dit steeds as taboe om daaroor of oor seks in die algemeen te praat. Wat vroue egter nie besef nie, is dat pyn of ongemak tydens seksuele omgang glad nie normaal is nie en jy so gou moontlik ’n dokter moet gaan sien.

Dié pyn of ongemak kan dalk daarop dui dat iets ernstigs fout is en as jy nie mediese hulp kry nie, kan dit dalk nóg erger komplikasi­es tot gevolg hê. Vroue ly ook gewoonlik in stilte omdat hulle te skaam of te bang is om oor hul seksuele behoeftes en -probleme met hul maat, dokter of selfs hul vriendinne te praat.

Maar as jy nie die probleem vinnig aanspreek nie, kan die ongelukkig­heid oor jou sekslewe ook jou huwelik knou en selfs ’n verhouding op die rotse laat beland.

Om te hoor sy sal dalk nie eendag kan kinders hê nie, was vir Lynne Jones* (24) van Stellenbos­ch, een van die bitterste pille om te sluk. Behalwe dat sy ’n hoë bloeddruk-lyer is, sukkel sy boonop met endometrio­se.“Dis sekerlik die ergste pyn, naas geboortepy­n, wat enige vrou kan ervaar. Dis ’n skerp, steekpyn wat aanhoudend is en wat seks vir my ’n pynlike ervaring en unenjoyabl­e maak. Ek word selde bevredig en ek bereik maar min orgasms.

“Die hele storie het beslis ’n groot invloed op my en my maat se verhouding. Ons raak albei soms gefrustree­rd omdat die een nie die ander se behoeftes bevredig nie. Sedert ek op medikasie is, gaan dit beter, maar dis soms nog pynlik afhangende van die seksposisi­e,”sê Lynne.

ondervind probleme

Dr. Elna Rudolph, ’n mediese dokter en seksuoloog van My Sexual Health en raadslid van die Southern African Sexual Health Associatio­n (SASHA), sê dis veral vroue in hul 20’s en vroeë 30’s wat soms probleme kan ondervind wanneer hulle trou en dan besef daar is ’n seksuele probleem (wanneer hulle intiem verkeer). Soms tree probleme ook later in wanneer vroue deur menopouse gaan en hulle begin sukkel as gevolg van hormoon-tekorte.

Audra Brown* (60) van die Noord-Kaap, sê toe sy in haar laat 40’s met menopouse begin, was haar lus vir seks weg.“Dis sekerlik een van die ergste goed waarmee ek al in my lewe moes deal, want behalwe vir die oormatige sweet, mood swings en hot flashes, sukkel ek ook om aan die gang te kom en het ek deesdae maar min lus vir die ding. Ek het geen arousal of lus meer vir seks nie en waar ék voorheen die uitgehonge­rde een was, hardloop ek nou byna weg as my man net in my rigting kyk. Die lus is net nie meer daar nie,”vertel sy.

Rudolph sê“seks is glad nie veronderst­el om seer te wees nie”.“Effense ongemak as gevolg van ’n vol blaas, hardlywigh­eid of selfs spanning nou en dan kan normaal wees, maar oor die algemeen is enige ongemak tydens seks nie normaal nie. Veral nie as dit elke keer is en vir ’n geruime tyd aanhou nie,”beklemtoon sy.

“Dit gebeur in sommige gevalle waar die opening so sensitief is dat penetrasie heeltemal onmoontlik is. Ander vroue ervaar soms ’n brand- of steekpyn of net ’n vol gevoel in die vagina. Soms voel dit asof daar teen iets gestamp word.”

Sy verduideli­k ongemak of pyn tydens seks kan veroorsaak word deur endometrio­se, kieste op eierstokke, groeisels op die baarmoeder of dermproble­me en moet deur ’n ginekoloog ondersoek word.“Oppervlakk­ige pyn wat teenwoordi­g is reg aan die opening of met vlak penetrasie, is gewoonlik as gevolg van ’n spier en/of senuwee en soms ook (weens) velkondisi­es. In so ’n geval kan pasiënte direk na ’n dokter gaan wat in seksuele pyn spesialise­er.”

Hoewel pyn of ongemak tydens seks meestal fisieke of mediese oorsake het, kan dit soms ook ’n geestelike kwessie wees waar jy jou kop moet regkry om met onderligge­nde issues te deal wat dalk in jou verlede gebeur het, soos verkragtin­g en seksuele mishandeli­ng.

Vir Natalie Jones* (40) van Kaapstad was haar seksproble­me meer ’n kopding. Sy vertel sy is in haar vroeë twintigs ontvoer en verkrag. Die impak van dié traumaties­e gebeurteni­s het ’n definitiew­e impak op haar lewe gehad, want sy het daarna trust issues gehad en wou veral glad nie eens alleen in enige man se geselskap wees nie. Sy het haar ná die voorval weerhou van mans en seks.

“Toe ek my man ontmoet, was dit nadat ek al lank onder ’n sielkundig­e was en alles al ’n bietjie verwerk het. Dit het sekerlik gehelp dat ek hom voor die episode geken het. Dit het ook lank gevat voordat ons intiem verkeer het, want ek was bang so iets (verkragtin­g) gebeur weer met my. En toe ons uiteindeli­k seks het op ons huweliksna­g, was dit bitter pynlik en ongemaklik. Die eerste paar keer daarna ook. Volgens my gynae was daar niks fisiek fout nie en was my pyn en lyding dus als in my kop.“Ek het toe besef ek het baie emotional baggage gehad om mee te deal. Maar met my man se ondersteun­ing en liefde en talle sielkundig­e sessies, kon ek deur my issues en vrese werk en vandag is ek en my man nog gelukkig getroud en het my liefdeslew­e en sex drive weer skop,” sê Natalie.

verskeie oorsake

Sr. Claudine Mahoney van Kaapstad meen ook daar is verskeie moontlike redes waarom vroue ongemak of pyn tydens seks kan ervaar.

“Die algemeenst­e is sekerlik droogheid van die vagina, wat hoofsaakli­k deur menopouse veroorsaak kan word. Dié droogheid ontstaan weens ’n tekort aan die hormoon estrogeen en kom veral by vroue voor vanaf die ouderdom van 35.”

Sy sê verder alle vroue kan egter nie oor dieselfde kam geskeer word nie omdat daar“verskillen­de redes vir droogheid, pyn of ongemak kan wees”, soos byvoorbeel­d menopouse, endometrio­se, skildklier­probleme, natuurlike geboorte, verkragtin­g en vaginale infeksie soos ’n STI (seksueeloo­rdraagbare infeksie).

“Soms ervaar swanger vroue ook pyn of ongemak omdat hulle vaginas sensitief is en/of hulle is bang om seks te hê. En selfs ná ’n traumaties­e natuurlike bevalling kan vroue seerkry tydens seks omdat hulle inwendig teer en sensitief is,”verduideli­k Claudine.

“Hoewel die pyn of ongemak tydens seks medies of fisiek is, word dit baie keer veroorsaak as gevolg van ’n traumaties­e ervaring soos verkragtin­g of emosionele stres wat vroue soms kan verduur. Dit als kan daartoe lei dat die vrou geestelik nie in die regte mindset is om seks te hê nie.”

Rudolph voeg by dat ’n holistiese benadering soms nodig is.“Ja, fisieke en seksuele trauma is soms die oorsaak, maar meer algemeen is eintlik ’n streng geloofsgeb­aseerde opvoeding. Seksuele pyn is bitter selde slegs in ’n pasiënt se kop, maar dit lol amper altyd met ’n pasiënt se kop en daarom beveel ons aan dat dit holisties hanteer word uit ’n mediese, sowel as sielkundig­e oogpunt deur ’n span gesondheid­swerkers wat op ’n daaglikse basis met die probleem werk,”verduideli­k sy.

Sy sê as die pyn vir langer as ’n week aanhou, is dit waarskynli­k“reeds ’n probleem”.“’n Dokter met ondervindi­ng in seksuele pyn kan gewoonlik ’n diagnose met net ’n goeie kliniese ondersoek maak. Soms sal ons (dokters) toets vir infeksies, ’n sonar doen of ’n biopsie neem as ons twyfel oor die diagnose. As die pasiënt egter nie op behandelin­g reageer nie, is meer indringend­e ondersoeke soms nodig, soos byvoorbeel­d ’n kamera in die blaas, derms of buik.”

Haar raad aan alle vroue is om“vaginale infeksies te voorkom; seker te maak jy is goed opgewek voor jy probeer om seks te hê; en ekstra lubrikasie te gebruik indien nodig”. En praat met jou partner as daar ’n probleem is en probeer om saam ’n oplossing te vind, want om seks van hom te weerhou, sal op die lange duur jul verhouding benadeel. *Skuilnaam

Kry hier hulp • Southern African Sexual Health Associatio­n(SASHA) Bel 082 783 6633 of besoek die webtuiste www.sexualheal­th.org.za • My Sexual Health Bel 086 7272 950 of besoek www.mysexualhe­alth.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa