Kuier

VINGER OP DIE LIP!

Om jou ore uit te leen vir ander se sake, kan jou duur te staan kom. Maar sommige kollegas weet nie waar om die streep te trek nie en lap als oor hul liefdeslew­e uit. DEUR CHARMONIQU­E MEYER

- *Skuilnaam

dis lekker om verlief te wees en ons gun elke diertjie sy plesiertji­e. Maar wanneer iemand by jou werk alwéér haar slaapkamer­stories vir jou kom uitlê of jou aandag aftrek met haar hartsake, kan dinge lelik ongemaklik raak.

Van die antie wat sonder om te sensor onder haar lakens uitpraat, tot die hoogheilig­e suster wat maak asof sy nog nooit van seks gehoor het nie – die werkplek wemel dikwels van mense wat jou met die ups en downs van hul liefdeslew­e (of gebrek daaraan) wil belas, of jy nou daarvan wil hoor of nie!

Maar hoe moet jy nou maak, want hul gedrag put jou uit en jy wil maar net jou werk doen. Hoe stel jy die grense op

kantoor sonder om jul werkverhou­ding te knou?

Kuier het vier verskillen­de persoonlik­heidstipes geïdentifi­seer wat dikwels die dinamika op kantoor kan deurmekaar krap wanneer hulle nie weet waar om die streep te trek tussen die private en die profession­ele nie. Ons het die kenner dr. ST Potgieter, ’n pastorale sielkundig­e van Boston in Bellville, gevra om advies te gee oor hoe om dié karakters te hanteer.

LORNA DIE LOVE PUPPY

Sy is die een wat nie kan wag om almal op kantoor in te lig oor haar liefdeslew­e nie. Een oomblik is sy so in die wolke oor haar verhouding met Larry, want dié het haar nou weer verras met ’n bos rooi rose en haar hart gesteel. Die volgende oomblik wil sy hom nooit weer sien nie. Sodra Larry haar teleurstel, huil sy op jou skouer en jy weet nie hoe om haar af te skud nie.

Jy moet dan trane opmop en jou werk opsy skuif, want sy het nou al jou tyd en aandag nodig. Haar lewe en moods word basies bepaal deur hoe Larry haar treat.

Ronell Jacobs* (36), ’n kleinhande­lsbestuurd­er van Worcester in die Boland, getuig van ’n kollega wat haar met haar liefdeslew­e belas het.“Elke oggend ná die morning talk moes ek my kollega se probleme aanhoor en dit het my uit die werk gehou. Sy het agterna so ’n lelike invloed op my gehad dat ek ’n nare gevoel op my

maag gekry het elke keer as sy na my toe kom. Retail is besig en daar is nie tyd vir klets nie. Al excuse wat ek aan kon dink om van haar ontslae te raak, is deur eerlik vir haar te sê die ander kollegas voel ek spandeer meer tyd met haar as met hulle en ek trek haar voor, want hulle doen al die werk. Dit het wel ons werkverhou­ding beïnvloed, maar ek is van haar ontslae.”

BERYL DIE BROEKJAGTE­R

Sy het net geen keer aan haar hormone nie en maak oral van haarself ’n oorlas. Sy maak sommer openlik jag op elke man.

Sy gaan aspris na ’n manlike kollega toe om kamstig iets te leen, maar die lenery is nie die probleem nie, dit is die manier hóé sy by jou kom“leen”wat jou pla. Beryl leun behoorlik oor jou lessenaar, stewels in die lig sodat enige verbygange­r haar G-string moet sien én met haar huge cleavage in jou gesig. Sodra Beryl jou verlaat, bly haar sterk parfuumreu­k agter en jy kan glad nie meer opvolg met dit waarmee jy besig was voordat jy gepla was nie.

“’n Cleaner in die kantoor waar ek werk, hou daarvan om lang geselsies met my aan te knoop,’”vertel Gerhard Jansen* (39), ’n office administra­tor van Bellville in die Kaap oor ’n kollega by die werk wat vir hom ogies maak.“Sy maak altyd ’n oorlas van haarself. As ek in die gebou stap, hou sy my van kop tot tone dop. Sy kyk my so aan laat ek skoons ongemaklik voel en sy sal altyd comments maak en sê,‘jy het darem lekker bene jong’. Nou die dag toe ek in die lift klim, was sy daar, toe sê my een kollega vir haar,‘hy het ’n vrou nuh’. Toe sê sy,‘ja, maar hy het nie ’n vrou by die werk nie.”

HOOG-HEILIGE helen

Sy is die een wat onskuldig voorkom en jy speel beskermeng­el teenoor haar. Sy beskou haarself as die kantoor se morele kompas wat almal op die regte pad moet hou. Mos sweet 16 en never been touched, net per ongeluk gesoen. Helen het jou nou al by daardie punt dat jy maak asof jy haar ma is. Jy keer behoorlik vir haar wickets en dit pla jou dat jy so betrokke in haar liefdeslew­e is. Jy wil haar teen mans beskerm, maar weet baie min van haar.

“By my werkplek het ek ook iemand so beskerm omdat sy onskuldig en kerklik voorgekom het. Agterna was sy kamstig so hulpeloos dat ek verskeie kere moes help met dit waarmee sy besig was,”sê Ronald Beukes* (41), ’n finansiële klerk van Retreat in die Kaap.“Sy het later by my begin flikkers gooi. Dit het só erg geraak dat my vrou my verdink het van ontrouheid en ek my werk kwyt is. Die vrou pla my steeds.”

JOE DIE JOLLER

Hy is die doring tussen die rose. Hy hou daarvan om jou net voor uitvaltyd van sy seks-diaries te vertel, want dan is almal druk besig om hul werk klaar te maak en niemand leen hul ore uit nie.

Joe is ’n getroude man en sy geheime bêre hy veilig by jou. Dan gee hy jou die skok van jou lewe wanneer hy jou vertel van sy nuwe skelmpie genaamd Prudence. Jy spring uit jou stoel op om hom te lyf te gaan, want jy is soos ’n ma vir einste Prudence wat net daar sit asof niks gebeur het nie. Nou is jý kniediep in die moeilikhei­d omdat jy van alles geweet en tjoepstil gebly het.

En Neil Brown* (39), ’n general worker van Eersterivi­er in die Kaap, weet maar alte goed watter nare gevolge ’n kollega se gejollery vir diegene om hulle kan inhou.

“Ek moes gereeld aanhoor van my kollegas se dade met ander vroue totdat die een se vrou my eendag by die werk aangeval en beskuldig het dat ek van alles (haar man se ontrouheid) weet. Ek is onmiddelli­k dissiplinê­r verhoor en is later afgedank omdat iemand toe per ongeluk beseer was (tydens ’n rusie).”

HANTEER HULLE Só

Potgieter gee raad as jy met een van die bogenoemde karakters werk:

Leer om jouself te verskoon uit eindelose gesprekke op ’n respekvoll­e manier. Hoe doen jy dit? Wys vir die persoon dat jy nie regtig aandag skenk aan dit wat hy/sy sê nie deur ongeërg aan te gaan met jou werk.

Weet waarvoor jy betaal word sodat jy jou werk so effektief moontlik kan doen veral wanneer jy bevorder wil word.

Pas goeie tydsbereke­ning toe m.a.w. skenk aandag aan jou werk gedurende werksure in plaas van op jou kollegas.

Wees reguit met met jou kollegas en sê vir hulle jy is hier om te werk en kan gedurende lunch met hulle gesels. Indien die persoon nie luister nie, neem verdere stappe.

Bepaal wat werk vir jou en wat werk nie. Daarna trek jy die lyn.

Moenie van jou kollegas skinder of toelaat dat ander by jou skinder nie.

Sit jou voet neer en moenie te betrokke raak in jou medewerker­s se lewe nie.

Bly gefokus en moenie toelaat dat iemand jou werk ontwrig nie.

Identifise­er die moeilikhei­dmaker en kla hom/haar aan by jou bestuurder.

As iemand by jou wil afpak, stel voor dat hy/sy eerder met ’n profession­ele persoon daaroor praat.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa