Kuier

Toets jou algemene kennis

-

1. Hoeveel pote het ’n bosluis? 2. Uit watter rolprent kom die lied “Hakuna Matata”, wat beteken “geen bekommerni­sse”? 3. Waar of vals: Alle soogdiere het hare. 4. Watter groot seevoël se naam word gebruik vir ’n telling van drie onder baansyfer in gholf?

5. Watter taal is die meeste inwoners van Mpumalanga se moedertaal?

6. Hoeveel ander planete, behalwe die Aarde, is daar in ons sonnestels­el?

7. Watter kinderboek­held is bekend as“die seun wat bly leef het”(“the boy who lived”)?

8. Van watter sportspan is Philip Snyman in 2016 as kaptein aangewys?

9. Watter Suid-Afrikaanse politieke beweging se leuse is“Fight, Produce, Learn”?

10. Op watter vasteland is ’n navor- singsbasis gebou wat bekend is as SANAE IV?

11. Watter Italiaanse stad lê op 120 eilande wat deur 177 kanale verbind is?

12. Watter land in Suider-Afrika het die pula as geldeenhei­d?

13. Voltooi die volgende uitdrukkin­g: “Hy het die rondte van Vader __ _ _ _ _ gedoen”.

14. Van watter Afrikaland is Lilongwe die hoofstad?

15. Wat is die naam van die breedtelyn wat op 0 grade om die aardbol loop?

EWENAAR. 15. MALAWI; 14. CLOETE; 13. BOTSWANA; 12. VENESIË; 11. ANTARKTIKA; 10. JEUGLIGA; ANC 9. SEWESRUGBY­SPAN); SA ( BLITSBOKKE 8. POTTER; HARRY 7. SEWE; 6. SWAZI);( SISWATI 5. ALBATROS; 4. WAAR; 3. KING; LION THE 2. AGT; 1. ANTWOORDE:

 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa