Kuier

WERK AAN JOU VERHOUDING

Om deel van ’n paartjie te wees, verg harde werk, maar julle moet altyd die liefdesvon­k aan die brand hou.

- DEUR ANDELINE WILLIAMS-PRETORIUS

Suksesvoll­e verhouding­s is nie iets wat sommer net gebeur nie. Jou verhouding hoef nie saai en vervelig te wees nie en daarom is dit belangrik dat paartjies doelbewust­e pogings aanwend om die sukses daarvan te verseker.

Nuwejaarsv­oornemens word gewoonlik gesien as iets wat meestal deur die mat val. Die rede hiervoor kan toegeskryf word aan mense wat goedbedoel­de nuwejaarsv­oornemens maak, maar gewoonlik nie iemand het wat hulle aanmoedig of gereeld navraag doen oor hoe hulle vorder nie. Om iemand te hê aan wie jy jou vordering rapporteer, kan tot groter sukses lei wanneer dit kom by die doelwitte wat jy wil bereik. Jou verhouding kan ook baatvind wanneer jy en jou maat jul voornemens aan die liefdesfro­nt skeduleer.

Dit is egter belangrik dat jy dit net soos jou ander doelwitte hanteer en alles neerskryf. Trek ’n amptelike kontrak op waarin jy en jou maat jul liefdesdoe­lwitte skeduleer en ruim tyd in om te besin oor hoe julle te werk sal gaan om dit te bereik.

GOEIE KOMMUNIKAS­IE

Wanneer ’n paartjie reeds lank in ’n verhouding of lank getroud is, is dit maklik om te vergeet dat daar ’n vonk is wat aan die gloei gehou moet word. Soms gebeur die lewe en gaan paartjies deur moeilike tye wat ook gesonde kommunikas­ie kan laat skade ly. Gil jy dalk op jou maat wanneer jy ongelukkig is oor iets? Nie almal het in ’n huis opgegroei waar daar met respek en empatie gekommunik­eer was nie. Die gewoonte om te gil, kan baie maklik van die een generasie na die ander oorgedra word. Jy kán egter so ’n slegte nalatenska­p verbreek en beter opsies kies. Vra jou maat om jou positief aan te moedig as jy sukkel om in beheer van jou emosies te bly.

Tegnologie is ’n wonderlike hulpmiddel waarmee ons in ’n kits toegang tot byna alles kan kry. As dit egter nie met nugterheid gebruik word nie, kan dit groot skade aan jou verhouding of huwelik rig.

Bly weg van privaat gesprekke op sosiale media, veral wanneer dit iets is wat jy van jou maat weerhou. En wanneer jy en jou maat veronderst­el is om kwaliteit-tyd saam te spandeer, sit jou foon en ander tegnologie af sodat jy slegs op jou maat kan fokus. As julle kinders het, moet julle ’n goeie en positiewe liefdesvoo­rbeeld stel. Onthou, kinders sien hoe hul ouers mekaar behandel en jy wil nie graag hê dat hulle negatiewe optrede aanneem en dit eendag in húl verhouding­s uiter nie.

 ??  ?? ’n Boek met raad oor hoe paartjies weer die liefdesvon­k met praktiese aksies kan laat gloei, is: Fight Less, Love More: 5-Minute Conversati­ons to Change Your Relationsh­ip without Blowing Up or Giving In. Dit is geskryf deur Laurie Puhn, JD en is...
’n Boek met raad oor hoe paartjies weer die liefdesvon­k met praktiese aksies kan laat gloei, is: Fight Less, Love More: 5-Minute Conversati­ons to Change Your Relationsh­ip without Blowing Up or Giving In. Dit is geskryf deur Laurie Puhn, JD en is...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa