Kuier

Begin só:

-

LIEFDES VOORNEMENS VIR PAARTJIES

Daar is baie wat paartjies kan doen om ’n goeie verhouding te bou en dit te laat voortduur. Besluit saam oor dié doelwitte. Van die belangriks­te voornemens wat paartjies kan oorweeg, sluit in:

Om saam te kook of saam te oefen is twee aktiwiteit­e wat kan lei tot goeie kommunikas­ie en intimiteit en dus jul verhouding kan versterk.

Besluit om meer kompliment­e aan mekaar uit te deel en ruim tyd in om soms die konflik oor ’n haakplek te vervang deur te fokus op die goeie en mooi dinge in jul verhouding of huwelik.

Besluit saam om die seer van die verlede te verwerk – veral wanneer julle steeds saam wil wees. Die gawe van vergifnis behoort deel van enige verhouding te wees.

Indien jy en jou maat jul sekslewe verwaarloo­s het, is liefdesvoo­rnemens net die ding om weer die liefdesvla­m hoog te laat brand. Daar is maniere om jul sekslewe weer woema te gee, maar hier is kommunikas­ie baie belangrik. Jou maat moenie geforseer voel om iets nuuts te probeer nie.

Neem ’n doelbewust­e besluit om mekaar elke dag met respek te behandel. Te veel mense behandel ander mense met respek, terwyl hul maat nie noodwendig dieselfde voorreg geniet nie.

Dalk het jy en jou maat albei ’n gewoonte wat julle wil afleer, soos om op te hou rook en/of om alle gemorskos uit te sny. Ongeag wat die gewoonte is, julle kan sáám ’n plan opstel oor hoe om dit te doen en dan mekaar ondersteun.

Moenie vergeet van al die mooi liefdesgeb­are wat julle aan die begin van jul verhouding aan mekaar betoon het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa