Kuier

WAT DIE HART VAN VOL IS

As die een deur toegaan, gaan daar altyd ’n ander een oop. Elke nuwe dag bied dus ’n geleenthei­d vir ’n nuwe begin.

- Deur Berenice Kogana

Hierdie tyd van die jaar is ’n goeie tyd om oor te begin. Trouens, elke dag is ’n geleenthei­d om oor te begin. Niks in die lewe moet die oorsaak wees dat ons ophou leef nie. Baie van ons is op aarde, maar het lankal ophou leef.

Die tragedie hier op aarde is nie dood nie, maar wat ons toelaat om te sterf terwyl ons nog lewe. Ons is nie gevrywaar van seer en teleurstel­lings nie; die tipe seer wat ons kan laat ophou leef nie. Elke klein dood lei tot ’n nuwe geboorte.

Elkeen skep ’n geleenthei­d vir iets nuuts om te begin. Die einde van ’n dag skep geleenthei­d vir ’n nuwe dag om te begin. Die einde van ’n jaar skep die geleenthei­d vir ’n nuwe jaar om te begin.

Só ook skep die einde van ’n verhouding ’n geleenthei­d om ’n nuwe een te begin. Die einde van jou loopbaan skep die geleenthei­d vir ’n nuwe een om in te stap. Daar is altyd meer en meer geleenthed­e elke dag om oor te begin.

Hier op aarde kom ons te staan voor dinge wat soos die einde lyk; ’n egskeiding kan vir jou soos die einde voel; om jou werk te verloor, kan vir jou soos die einde lyk; gebroke drome; verlies van besittings; verlies van mense; selfs finansiële probleme kan vir jou soos die einde lyk. Dit is nie!

In elkeen van ons lê die krag om oor te begin. Maar dis belangrik dat jy jouself ken. Filippense 4:13:“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my die krag gee,”was vir my ’n vashou-woord in my tyd van oor begin. Ek het weer myself begin liefkry, weer begin trots word op myself, weer begin glo in myself, weer myself oopgestel vir liefde en

Moenie dat vrees of jou ouderdom die oorsaak wees dat jy stagneer in ’n lewe waar jy nie wil wees nie.

ek het ook van beroep verander. Te veel van ons laat ons jare verby ons gaan deur te sit in ’n werk waar ons nie wil wees nie of om te sit in ’n ongesonde huwelik of verhouding. Moenie dat vrees of jou ouderdom die oorsaak is dat jy stagneer in ’n lewe waar jy nie wil wees nie. Ek besef hoe moeilik dit is om weer te droom wanneer drome verpletter lê, maar dis die begin van oor begin. Begin weer droom. Verwyder ou dinge uit jou lewe en maak ruimte vir nuwe dinge en mense. Jy kan nie nuut begin met ou dinge nie. Maak jouself leeg van oortollige emosies. God sal elke leemte vul met nuwe dinge. Pasop om nie dinge te lank te oordink nie, oordink maak ruimte vir twyfel. God belowe ons in Jesaja 54:4:“Moenie bang wees nie. Jy sal nie weer verneder word nie. Moenie bang wees vir die skande van voorheen nie. Jy sal die skande van jou jeug vergeet…” Vat God op Sy Woord. Om ’n nuwe lewe te begin, moet jy dit wil hê met soveel passie dat jy besluite neem deur jou vrese. Ek moes baie keer net my oë styf toeknyp en die volgende stap neem. Stap in geloof en hou vas aan die hand van God. Die gesegde“wat nie dood maak nie, maak sterk”is so waar. Elke mislukking is ’n groeiprose­s. Gebruik elke letsel as ’n wapen in jou lewe. Begin weer glo dat jy goeie keuses kan maak. Nie almal sal altyd met jou keuses saamstem nie, maar onthou dis jóú lewe en jóú verantwoor­delikheid om tot die beste van jou vermoë te leef.

Dis tyd dat jy dít doen wat jy al die jare wou doen, daardie diepe droom of begeerte waarvan niemand weet nie. Doen dit! Gaan voltooi die graad. Verander van beroep. Begin weer die lewe geniet. Jy kan!

As ek vandag terugkyk in my lewe, staan ek verbaas oor wat als opgesluit was binne my wat ek nooit sou ontdek het as ek nie gewaag het om oor te begin nie. Dit het tyd geword om op te hou begeer wat ander het en met passie te gaan vat wat joune is.

God belowe ons lewe in oorvloed. Ons is elkeen hier met ’n spesifieke doel. Ons is nie aarde toe gestuur om in ellende te leef totdat ons eendag in die hemel kom nie. Geniet die rit op pad na die hemel. Bring Sy koninkryk aarde toe; laat dit in jou leef.

Elke oomblik hier is kosbaar en mag nie vermors word nie, begin daagliks met klein veranderin­ge. Begin dít doen waarvan jy hou. Gebruik hierdie tyd waar ons op die rand staan van ’n nuwe jaar en gebruik dit as ’n nuwe begin in jou lewe.

Ek het my lewe oor begin, jy kan dit ook doen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa