Kuier

Dr. Genine

Soek jy raad oor ’n mediese probleem?

-

Dalk weer swanger Vraag MELK SPUIT UIT BORSTE

Ek is 36 jaar oud en was op 26 gesterilis­eer ná my derde kind. Maar gister toe spuit daar melk uit my borste. Ek wil nie onnodig opgewonde raak nie, maar kan dit wees dat ek swanger is? KAN DITWEES

Antwoord BESTE KAN DIT WEES

Daar is ’n skraal moontlikhe­id dat jy swanger kan wees omdat jy reeds 10 jaar gelede gesterilis­eer is. Die maklikste manier om seker te maak, is om ’n urieneswan­gerskaptoe­ts te laat doen by ’n kliniek of jy kan dit self tuis doen (swangerska­ptoetse is by enige apteek te koop). Indien die swangerska­pstoets negatief is, doen weer een ná ’n week en indien dit steeds negatief is, let wel op die volgende: Jy noem dat daar melk uit jou borste spuit, so ek neem aan dis altwee borste. In die geval waar melk of ’n afskeiding net uit een bors/ tepel kom, is die oorsaak gewoonlik weens patologie in die bors self en moet dit dadelik ondersoek word.

Normale vorming en afskeiding van melk (galaktorre­e) kom voor in:

1. Swanger vroue. Dit kan al begin vanaf die tweede trimester (13 weke) tot twee jaar nadat borsvoedin­g gestaak is. 2. Tye wanneer hormone wissel soos puberteit en menopouse.

3. Stimulerin­g van borstepels tydens herhaalde selfborson­dersoeke of seks.

4. Pasgebore babas gedurende die eerste maand ná geboorte as gevolg van die drastiese verminderi­ng van die moeder se hormone in die bloedstroo­m van die baba. (Abnormale galaktorre­e hou nie verband met swangerska­p, geboorte skenk of borsvoedin­g nie.)

Die vervaardig­ing van melk word beheer deur verskillen­de hormone: Groeihormo­on; skildklier­hormoon (thyroid); kortisol; insulien; estrogeen; progestoge­en; en laaste, maar die belangriks­te, prolaktien. Stres, suiging, slaap, seksuele omgang en sekere medikasies kan die vlakke van die hormoon prolaktien verhoog en sodoende galaktorre­e veroorsaak. Prolaktien word vervaardig in die brein deur die pituïtêre klier en stimuleer die borste om melk te maak.

Die maklikste manier om seker te maak, is om ’n urieneswan­gerskaptoe­ts te laat doen by ’n kliniek of jy kan dit self tuis doen.

Abnormale oorsake van galaktorre­e is:

1. Tumor (groeisel) in die brein waarvan die meeste nie-kwaadaardi­g is. Die algemeenst­e is ’n pituïtêre adenoom. Kliniese simptome sluit in hoofpyne, galaktorre­e, afwesighei­d van maandstond­e, veranderin­g in sig, aknee, verlies aan libido en verminderd­e beendigthe­id.

2. Kankers soos Hodgkin’s-limfoom, nier en sekere bronkus, mag ook die prolaktien-hormoon verhoog.

3. Sistemiese siektes soos onderaktie­we skildklier, kroniese nierversak­ing of ver- hoogde kortisol en groeihormo­on.

4. Sekere medikasies en kruie en selfs onwettige dwelms soos dagga.

5. Polisistie­se ovariese sindroom (siste op die eierstokke).

6. Borskas-irritasie weens kleredrag, stywe bra’s, veltoestan­de soos herpes zoster (shingles), ekseem, brandwonde of borsoperas­ies.

7. Ruggraatbe­serings, operasies of groeisels. 8. Erge slukderm refluks. Let wel: Borskanker word nie met galaktorre­e geassosiee­r nie. Diagnose: Deeglike mediese geskiedeni­s en ’n fisiese, mediese ondersoek. Bloedtoets­e vir vlakke van prolaktien, skildklier, groeihormo­on en kortisol asook nier- en lewerfunks­ies. MRI-scan van die brein, sonar van die eierstokke en mammogram van die borste. Behandelin­g: Die onderligge­nde oorsaak word aangespree­k. Só word die verlies van beenmassa voorkom en die persoon se vrugbaarhe­id en die vermoë om borsmelk te vervaardig, bly behoue. Dit word gedoen deur medikasie aan te pas of te stop. Mediese behandelin­g is ook beskikbaar vir breinmassa of tumor om die vlakke van prolaktien te verminder. Chirurgie en bestraling kan ook soms toegepas word.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa