Kuier

Waardeer jou ma

-

Sy is jou dokter, berader, onderwyser, beste vriend en sonder jou ma sou jy nie vandag hier gewees het nie. McCain ken die waarde van ’n ma en help graag kinders om hul liefde aan hul ma’s te betoon, want dit is nie aldag wat ons vir hulle wys hoe baie hulle vir ons beteken nie.

Jessi Thompson van Johannesbu­rg het as deel van ’n McCain-kompetisie ’n kort boodskap aan haar ma geskryf en McCain het haar gehelp om haar ma met aandete te verras. Jessi (13) het pas met hoërskool begin en beskou haar ma, Nadine, as haar eie superheld.

“Dinge was nie altyd maklik nie, maar my ma werk baie hard om ons dié mooi lewe te gee. Ek voel baie gelukkig dat my ma altyd daar is om my op te beur en aan te moedig om my beste te doen en ek is so dankbaar vir haar,”sê Jessi.

Aandete by die Thompson-huis is altyd pret, want dit is hul spesiale tyd om oor die dag te gesels.

“Dis net ek en my ma wat gesels, lag en lekker kos eet. Sy is my beste vriendin en ons vertel mekaar alles, so om die verrassing-aandete ’n geheim van haar te hou, was baie moeilik,”sê Jessi.

Sy het chicken nuggets en McCain Crispy Oven Chips Texan BBQ-geur gemaak. Maar wat Jessi die meeste van die aand geniet het, was die wonderlike bord wat McCain haar help maak het, waarop sy dié spesiale boodskap vir haar ma kon skryf:“Mammie, dankie dat jy my hierdie lewe gegee het. Jy is Amaze-ALicious. Ek is lief vir jou. Jessi”.

Vir Nadine, wat ’n enkelma is, was die ervaring baie oorweldige­nd.“Ek kan nie méér trots op my kind wees nie. Ek het niks van die verrassing geweet nie en die dinge wat sy oor my en ons verhouding gesê het, het my só goed laat voel!”

Jessi hoop dié gebaar sal ander kinders ook aanspoor om iets spesiaals vir hul ma’s te doen.“Dit hoef nie iets groots te wees nie. Jy kan ’n vinnige happie of ’n broodjie maak of ’n brief skryf waarin jy sê hoeveel jy haar waardeer. Ons moet ons ma’s bedank vir die klein dingetjies wat hulle vir ons doen.”

Vir meer oor Jessi en om haar ma se spesiale McCain-verrassing te sien of jou eie boodskap te skryf, besoek www. mccainjoys.co.za of gaan na Facebook: @McCainSA.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa