Kuier

IS DAAR HOOP VIR JOU HUWELIK?

Jy’s pasgetroud en besef jou huwelik was ’n fout. Moet jy daaraan werk of moet julle eerder skei?

- DEUR ANDELINE WILLIAMS-PRETORIUS

Om kort ná jou troue te besef jy het ’n groot fout gemaak deur met jou man of vrou te trou, is ’n probleem wat niemand vir hulself sal kies nie. Hierdie is egter ’n verskynsel wat gereeld gebeur – meer as wat die meeste mense sou dink.

Sommige mense besef reeds vóór die troue dat hul voorgenome huwelik ’n fout is, maar om beskaamd voor vriende en familie te staan, weeg swaarder.

In baie gevalle besluit so iemand om eerder voort te gaan met die troue. Hul hoop is dat hul twyfeling die gevolg is van koue voete voor die groot dag en dat dit sal oorwaai. Maar ná die troue keer gevoelens van wanhoop, hartseer, eensaamhei­d en twyfel terug. Jy besef dat jy nie vir die res van jou getroude lewe só kan voel nie en dat jul huwelik nie sal oorleef nie; nie terwyl jy met sulke gevoelens worstel nie.

Moet jy jou man of vrou vertel hoe jy voel en is daar hoop om deur jou gevoelens te werk en jul huwelik te laat slaag?

Dis ’n groot besluit om aan jou huwelik te werk terwyl jy dink jy het ’n fout gemaak deur te trou. Onthou egter dat albei partye bereid moet wees om aan die huwelik te werk om dit te laat slaag. As jy seker is jou huwelik was ’n fout, is dit beter om te skei; maar om jou huwelik kort ná die troue te beëindig, kan baie mense as ’n groot vernederin­g beskou.

WREDE ONTNUGTERI­NG

Dalk het jy ná die troue uitgevind jou huweliksma­at het geraamtes in die kas, is aan drank of dwelms verslaaf of kan nie met geld werk nie. Dalk is daar ’n kind uit ’n vorige verhouding waarvan jou maat jou nooit vertel het nie. Of dalk het jy uitgevind jou man of vrou is steeds met iemand anders getroud of hulle het handomkeer verander en is nie meer die mens op wie jy verlief geraak het nie.

Ongeag die rede vir jou ontnugteri­ng, dit bly ’n moeilike besluit om te skei.

In bogenoemde omstandigh­ede is dit dalk beter om te skei, maar die meeste mense wat hulself in so ’n penarie bevind, probeer dinge vir so lank as moontlik uitrek omdat hulle vrees vir“wat gaan die mense sê?”.

Ons woon in ’n samelewing waar ons baie ingesteld is op wat ander mense van ons dink. Natuurlik gaan mense jou bespreek as jy jou huwelik ná ’n kort tydjie beëindig, maar dit sal oorwaai.

Dit is egter ook moontlik om deur jou gevoelens te werk en ’n suksesvoll­e huwelik te bewerkstel­lig.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa