Kuier

KONSERTINA­KRUIEBROOD

Lewer ’n standaard-grootte brood

-

BESTANDDEL­E

4 koppies koekmeel 1 pakkie yeast (kitsgis) 1 teelepel suiker 1½ teelepels sout 1½ koppies warm water 2 eetlepels vars pietersiel­ie, gekap 2 eetlepels chives (grasuie), gekap 1 eetlepel vars tiemieblaa­rtjies 2/3 koppie cheddarkaa­s, gerasper ’n Bietjie melk vir glans

METODE

Sif die meel, suiker en sout saam in ’n groot mengbak. Voeg die yeast by en maak ’n gaatjie in die middel van die droë bestanddel­e. Giet die water in die gaatjie en meng met die droë bestanddel­e tot jy ’n lekker sagte deeg kry. Haal die deeg uit en knie vir minstens 10 minute op ’n meelbestro­oide oppervlak totdat jy ’n lekker gladde en elastiese deeg het. Plaas die deeg in ’n skoon bak wat liggies met olie gesmeer is. Bedek met kleefplast­iek en laat staan vir 1 uur op ’n warm plek tot die deeg dubbel sy grootte gerys het. Knie dit af en verdeel die deeg in die helfte en elkeen op sy beurt weer in tien. Rol elke stukkie uit totdat jy 20 ronde deegskywe van ongeveer 6 cm in deursnee het. Meng die vars kruie met die kaas en skep 2 teelepels daarvan op ’n skyfie en bedek met ’n ander skyfie. Herhaal totdat jy 10 sulke“toebroodji­e”-skyfies het. Pak die skyfies in ’n gesmeerde standaardg­rootte broodpan teenaan mekaar sodat hulle op hul dun kante staan en die eind-resultaat soos ’n konsertina lyk. (Moenie bekommerd wees nie – hulle pas wel baie styf op mekaar.) Bedek met ’n klam doek en laat vir 30 minute op ’n warm plek staan. Verf ’n bietjie melk bo-op en bak vir 30 minute in ’n voorverhit­te oond van 210°C.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa