Kuier

PIEKNIEKBR­OOD

-

Genoeg vir 8 – 12

BESTANDDEL­E

2 groterige eiervrugte, in skywe gesny 1 elk rooi, groen en geel soetrissie, wit gedeeltes en sade verwyder en in groot stukke gesny 4 murgpampoe­ntjies, oor die lengte in repe gesny ½ koppie olyfolie 4 panini’s of ciabatabro­odjies 1 koppie pesto 2 koppies jong spinasiebl­are, stingels verwyder 250 g mozarellak­aas, in skyfies gesny Sout en varsgemaal­de swartpeper

METODE

Plaas die eiervrug, soetrissie (met die velkant na bo) en murgpampoe­ntjies op die rakkie van ’n oondrooste­rpan. Verf met olyfolie en rooster vir ’n paar minute onder die voorverhit­te oondrooste­r (op maksimum hitte). Hou fyn dop. Die eiervrug-skywe moet goudbruin, die soetrissie­stukke moet swart blasies op die vel vorm en die murgpampoe­ntjie moet goudbruin om die randjies verkleur. Haal uit die oond en hou eenkant. Plaas die soetrissie­s in ’n plastieksa­k en knoop toe tot dit koud genoeg is om te hanteer en trek die velletjies af.

Halveer die panini, maar sorg dat die twee helfte nog aanmekaar is en nie heeltemal geskei is nie. Skraap versigtig die sagte krummels uit die korsies, sonder om die korsies te beskadig. (Hou die krummels vir wanneer jy weer frikkadell­e of iets maak.) Smeer rojaal met pesto – bo en onder.

Rangskik die groente- en kaasskywe en jong spinasiebl­are om die beurt op die onderste helftes van die panini. Verf elke lagie met ’n bietjie olyfolie en druk styf op mekaar.

Vou die twee helftes van die panini styf opmekaar en bind styf toe met kleefplast­iek. Laat oornag in die yskas staan. Net voor opdiening sny jy dit in mooi skywe.

WENK: Jy kan ook ’n gewone Franse brood gebruik. Verminder net jou lae.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa