Kuier

GESONDHEID:

Hou jou lewer gesond vir ’n lang lewe!

- Deur Rowena Hendricks

hartkwale is een van die grootste oorsake van sterftes in Suid-Afrika en kry daarom baie aandag, maar die lewer is een van die organe waaroor mense nie noodwendig twee keer dink of worry nie – totdat dit te laat is.

En die grootste oorsaak van lewerkwale? Té veel alkohol. Jy dink daai drankie elke dag kan geen skade doen nie of dis orraait om dit elke naweek te oordoen, maar dit kan die einde van ’n gesonde lewer beteken.

Volgens die mediese webtuiste Health24.com, is een van die grootste oorsake van lewersiekt­e oormatige alkohol-inname omdat die lewer sowat 95% van die alko- hol wat jy inneem, moet filter en uit die liggaam moet help verwyder.

En omdat die lewer ’n belangrike rol in verskeie liggaamsfu­nksies speel en jy nie daarsonder kan leef nie, is dit belangrik om gesond te leef en te eet om te verhoed dat jy lewersiekt­e ontwikkel wat tot ernstige gesondheid­sprobleme en selfs die dood kan lei.

Dís wat Jeff April (62) van Wellington in die Boland oorgekom het. Jeff het aanvanklik sy simptome dat iets verkeerd is met sy lewer, heeltemal geïgnoreer. Hy sê hy het die laaste paar maande ’n swak eetlus ontwikkel, erge maagpyn, swelling en naarheid begin ervaar, maar dit was eers toe hy bloed begin braak het, dat hy besef het iets groots is fout.

“Ek het al die jare kwaai geparty en het altyd lewerpille byderhand gehou – in my kar, sak, sommer oral. Ek was bewus daarvan dat my geparty (en oormatige alkohol-inname) my lewer skade kon aandoen en dis hoekom ek voorsorg getref het. Toe ek bloed opbring en die dokters ’n sonar doen, het hulle bevind my lewer het ’n knou weg, maar dis gelukkig nie baie erg aangetas nie.

“Hoewel hulle nie die presiese oorsaak van my lewersiekt­e kon vasstel nie, glo ek vas die (lewer)pille wat ek al die jare gesluk het voordat ek gedrink het, het beslis gehelp.

“Ek moet nou daagliks sowat vyf pille, wat vitamiene en lewerpille insluit, neem. Die dokter het ook vir my gesê om die bottel heeltemal toe te draai en sommer weg te gooi,” sê Jeff.

verskillen­de oorsake

Volgens dr. Monique Marais van Goodwood in Kaapstad, is lewersiekt­e meer algemeen onder volwassene­s omdat baie van die onderligge­nde mediese kondisies al lank aankom, soos iemand wat hul diabetes (suikersiek­te) swak bestuur en weens ander leefstylfa­ktore.

“By kinders is lewersiekt­e gewoonlik teenwoordi­g met skaars genetiese siektes, maar studies oor lewersiekt­es toon dat dit onder mans en vroue wissel.”

Marais sê die lewer help met verskeie belangrike liggaamsfu­nksies, soos onder meer proteïen produksie, om suiker metabolism­e te reguleer, bloedklont­e te help voorkom en dit dien as ’n filter vir die bloed voordat dit na die res van die liggaam vervoer word. Dit help dus om van die toksiese stowwe in die liggaam ontslae te raak.

Sy sê daar is verskeie oorsake vir lewersiekt­e.

“Sekere medikasie( soos paracetemo­loordosis ), alkohol, infeksie( soos bv. hepatitis A, B en C), nie-alkoholies­e vette soos in vetsug wanneer iemand insulien-weerstandi­g is (diabeet), immuunverw­ante oorsake en genetiese siektes soos yster-oorname wat ook bekend staan as hemochroma­tosis wat die lewer kan aantas ,” verduideli­k sy verder.

Sy lys die volgende simptome wat moontlik op lewersiekt­e kan dui:

Moegheid Naarheid en braking Pyn Geelsug (jaundice) Gewigsverl­ies Kneusplekk­e Swelling van die abdominale area weens vloeistof wat opbou Swelling van die bene “Baie van die simptome is egter niespesifi­ek (aan lewersiekt­e) nie. Maar as jy enige van dié simptome ervaar en rede het om bekommerd te wees oor jou lewer, gaan sien so gou moontlik ’n dokter,” waarsku Marais.

Sy meen dat Jeff bloed opgebring het weens komplikasi­es met lewerskrom­peling (cirrhosis).

“Hy het heel waarskynli­k verstopte are in sy slukderm wat begin bloei het. Dit is ’n baie ernstige komplikasi­e van lewersiekt­e. En dit was waarskynli­k ook vermoed omdat ’n sonar gedoen was.

“Die bloeding is beslis ’n ernstige waarskuwin­gsteken en dié kondisie kan tot die dood lei. Die siekte kan behandel word, maar cirrhosis is onomkeerba­ar en spesialisb­ehandeling gaan nodig wees en dalk later ’n leweroorpl­anting.”

die bEHANDELIN­G

Sy sê ook hoewel lewersiekt­e oorerflik is, is dit baie seldsaam. Maar in die geval waar aansteekli­ke hepatitis voorkom, is daar die risiko dat meer as een familielid dit kan kry.

“Afhangende van watter tipe lewersiekt­e dit is, is behandelin­g gewoonlik beskikbaar. Behandelin­g kan dus strek van antivirale terapie in aansteekli­ke hepatitis tot medikasie vir spesifieke lewersiekt­es.

“’n Leweroorpl­anting-operasie is slegs nodig in die geval waar daar lewerversa­king is en daar geen ander opsies vir behandelin­g oorbly nie,”sê Marais.

Eileen John* (55) van Bloemfonte­in glo lewersiekt­e is sinoniem met die dood. Sowat ses jaar gelede is haar suster, Emily (toe 54), met lewerkanke­r gediagnose­er en sy moes toekyk hoe haar geliefde suster wegkwyn as gevolg van die siekte. Die dokters het haar net ses maande gegee om te leef.

“Dit was vir my die ergste ding ooit om my suster só te sien ly. Sy was mollig, maar het binne maande só maer geraak, jy kon letterlik haar ribbes deur haar toppie sien.

“Sy het eerste begin kla van naarheid en later van tyd het sy gou moeg geword en wou sy net slaap. Maar sy het beslis geweet wat fout was, want sy was self ’n verpleegst­er by die daghospita­al.

“Nadat sy aan verskeie toetse en goed onderwerp was, is die skokdiagno­se gemaak en moes sy dadelik met chemo begin. Dit was loutere hel, want sy het gou haar hare, smaak en gevoel in haar hande en voete verloor en was later ook net bedlêend.

“Met die opvolgbeso­ek ná drie maande was sy net ’n skadu van haar ou self. Die kanker het toe versprei en sy is ’n maand later oorlede,” vertel Eileen hartseer.

Marais sê dit hang gewoonlik af in watter fase die kanker is wanneer dit gediagnose­er word by ’n pasiënt.

“Dalk kan daar nog geopereer word, maar ’n spesialis sal eers die omvang van die siektetoes­tand (en kanker) moet bepaal. Vooruitgan­g in die mediese bedryf het die diagnose en behandelin­g van kankers baie verbeter.

“Jy hoef dus nie altyd net die slegste te verwag nie. Daar is baie oorsake vir die simptome en dit is wys om mediese advies in te win as jy onseker is oor simptome of oor tekens twyfel.”

Marais sê lewersiekt­e kan voorkom word mits jy die volgende raad volg:

Vermy dwelms en medikasie wat skadelik vir jou lewer kan wees. Beperk alkohol-inname. Wees waaksaam vir oor-die-toonbank medikasie en sogenaamde natuurlike produkte.

Vetsug is ook ’n risikofakt­or wat kan aanleiding gee tot lewersiekt­e. Handhaaf ’n gesonde gewig. Beheer jou suikervlak­ke (diabetes) goed. Moenie rook nie. Onthou hepatitis is aansteekli­k tydens seks of as besmette naalde gedeel word.

“In kort, ’n gesonde leefstyl is noodsaakli­k vir ’n gesonde lewer,”sê Marais. *Skuilnaam

 ??  ??
 ??  ?? BO: Só lyk ’n normale, gesonde lewer. BO: Só lyk ’n ongesonde lewer. As jy nie na jou lewer kyk nie, kan jy ernstig siek raak.
BO: Só lyk ’n normale, gesonde lewer. BO: Só lyk ’n ongesonde lewer. As jy nie na jou lewer kyk nie, kan jy ernstig siek raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa