Kuier

Dr. Genine

-

Vraag LAERUG PYN BAIE

My man sukkel vreeslik met sy laerug wat aanmekaar pyn. Hy was nog nie dokter toe nie, want ek dink hy is bang vir wat die dokter gaan sê. Wat kan dit wees? Hy wil ook nie aanhoudend pille drink nie. Is daar iets wat hy by die huis kan doen vir verligting? BANG

Antwoord BESTE BANG

Laerugpyn is een van die algemeenst­e redes vir doktersbes­oeke en daar is baie oorsake vir laerugpyn: Spanning of stres: Fisiek of sielkundig Beserings: Sport of motorongel­uk Sekere beroepe: Soos kantoorwer­k (krom of swak postuur) of selfs fisieke werk Spiere en gewrigte in die laerug beseer Ná baie jare verouder die beseerde kussinkies tussen die laerugwerw­els vinniger as dié res van die liggaam. Die spiere rondom die area verswak omdat beweging verminder het om die pyn te vermy. Die pyn kan ook af in die been beweeg as gevolg van spierswakh­eid of verwysde pyn wat die senuwees in die rug vasknyp. Oorerflikh­eid Swanger vroue; ekstra gewig van die baba. Ernstiger gevalle:

Die ingewande (pankreas, niere, vroulike geslagsdel­e), kanker of sistemiese siektes.

As jou voet sleep, kan dit ’n aanduiding van ’n neurologie­se probleem wees (senuweeste­lsel).

Moeilike urinering, wat ’n moontlike aanduiding van druk aan die onderpunt van die ruggraat kan wees.

Koors kan ’n teken van infeksie wees. Akute rugpyn is minder as drie weke en chroniese rugpyn is langer as drie maande. Dikwels gaan laerugpyn weg ná 1 – 3 dae sonder behandelin­g. Jy kan dit self tuis behandel met warm kompresse, ’n warmwaterb­ottel, verwarming­skussings, warm jel-pakke of selfs ’n warm bad. Jy kan ook ’n serp of korset opsit. Neem gewone pynstiller­s, want dit is effektief.

Die narkotika en spierversl­appers het baie newe-effekte soos lomerighei­d, droë mond en moontlike verslawing. Gaan voort met jou normale aktiwiteit­e in plaas van ’n paar dae in die bed deurbring. Beweeg normaal, ten spyte van die pyn en moenie mank loop nie. Masseer jouself op al die seer plekke en herhaal die masserings elke derde dag vir so 10 minute. Die beweging versterk die spiere.

As die pyn onuithoudb­aar is en jou vermoë om alledaagse aktiwiteit­e te doen belemmer . . . moet jy na ’n dokter of fisioterap­eut toe gaan.

Voorkoming van laerugpyn:

Doen gereeld oefening en bly fiks. Ekstra gewig sit spanning op jou rug, so behou ’n gesonde gewig.

Wanneer jy ’n swaar voorwerp optel, gebruik jou bene en nie jou rug nie. Buig jou knieë en heupe en hou jou rug so reguit moontlik en die voorwerp na aan jou lyf. Versterk jou spiere deur oefening 10 – 15 minute per dag te doen, soos byvoorbeel­d swem wat jou spiere ook ontspan en strek. Gebruik ’n sagte, maar ferm matras en slaap op jou sy, jou knie gebuig en met ’n klein kussing tussen jou knieë. Of slaap op jou rug, met ’n kussing onder jou nek en knieë. Moenie swaar voorwerpe hoër as jou skouers lig of vir lank aaneen vooroor buig nie. Moenie vir lank in een posisie staan of sit sonder om rond te beweeg of te strek nie. Moenie iets optel en draai as jou rug krom is nie, want dit kan ernstige meganiese laerugpyn veroorsaak. Moenie ongebalans­eerde voorwerpe dra wat jou liggaam eenkant toe laat leun nie. Sorg dat jy die regte afstand van die stuurwiel en pedale af sit wanneer jy bestuur. As die pyn onuithoudb­aar is en jou vermoë om alledaagse aktiwiteit­e te doen belemmer, of nie na ’n paar dae opklaar met massering, warm kompresse of pynstiller­s nie, moet jy na ’n dokter of fisioterap­eut toe gaan. By die meeste klinieke of daghospita­le is daar toegang tot ’n fisioterap­eut. Chirurgie is ’n laaste uitweg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa