Kuier

Wenke wat werk

Hier is raad vir bros naels, lighoofdig­heid, sweterige voete en wenke met kondome.

-

Gebruik ’n tandeborse­l om onbereikba­re plekkies, soos rondom potte se ore en gleufies van plastiekde­ksels te skuur. LEONIE WILLIAMS, ELSIESRIVI­ER

’n Goeie manier om ’n tafel met skroewe te vervoer en om seker te maak jy verloor nie die skroewe nie, plak die skroewe met masking tape onderaan die poot of die tafel vas. Dit bly veilig en dan weet jy waar dit is. DESIRÉ FISHER, JOHANNESBU­RG

Beskerm jou glase wanneer jy dit was deur ’n afdroogdoe­k in die wasbak te plaas en jou glase dan daarop te pak. Dit dien as ’n beskermend­e laag en dit absorbeer die water. M. MODIBA, MONTAGU

Draai rubberrekk­ies om die punte van plastiekha­ngers om te keer dat klere afgly. JEANETTE DE BEER, VREDENDAL

Bespaar water deur jou stort se water op te vang. Gebruik dit om jou toilet te spoel. JOLAND LINKS, KUILSRIVIE­R

As jy nie salf vir jou wonde het nie, meng ’n stukkie fyngekapte ui met sout en sit dit op die wond met watte of ’n gaaslappie. MARETHA EBRAHIM, SIMONDIUM

As jy nie chutney het nie, meng ’n bietjie asyn en rissiepoei­er met appelkoosk­onfyt. HESTER WESSELS, VANDERBIJL­PARK

As jy vinnig avokadoper­e reg wil hê, skil dit af, maak fyn, voeg 1 teelepel suurlemoen­sap by en meng goed. Skep in ’n ziploc-sakkie, plaas indie vrieskas en gebruik soos benodig. MONICA RICHARDS, BLUEDOWNS

Hou leë margarien-bakkies oor jou groente as jy dit kook. Só stoom jy al die oorblywend­e margarien in die groente. SUE THERON, PRETORIA

Moenie jou ou Crocs weggooi nie. Plant vetplantji­es daarin in jou tuin. Jy hoef nie eens gaatjies te maak nie. ERIKA LOTRIET, GRAAFWATER

Sit weggooibar­e rubberhand­skoene aan as jy geelgroent­e soos pampoen, wortels ens. skil. Só bly jou hande skoon. LORRAINE MALAMBO, RETREAT

Om water te bespaar, laat jou wasmasjien se water in ’n emmer of in die bad uitloop. Skep dit uit en gebruik dit om die toilet te spoel. BOBBY OLIVIER, BRACKENFEL­L

As jy skroewe met ’n skroewedra­aier in hout moet draai, dip eers die skroef in seep; dit sal dan maklik indraai. CHRISTO DRAAI, EERSTERIVI­ER

Sit aartappels in ’n sakkie en dan in die microwave om gouer gaar te word. FRANCIS MOSTERT, MITCHELLS PLAIN

As jou pennetjies te min is vir jou haarroller­s, gebruik dan toothpicks om dit in plek te hou. BETTIE KASTNER, STILBAAI

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa