Kuier

Geskenk van gehoor

Sonder ore is hy geboelie en gespot. Dokters het nie veel hoop vir hom gehad nie, maar hy het hulle verkeerd bewys en pronk vandag met sy eie prosteties­e ore.

- DEUR CHARMONIQU­E MEYER

op die oog af lyk hy soos enige ander tiener in sy kortbroek, helderkleu­rige T-hemp en iets wat lyk soos earphones langs sy kop. Maar wanneer jy naby aan hom kom, sien jy die draadjies langs sy kop is gekoppel aan ’n gehoorappa­raat en sy ore lyk anders.

Tyllor Baker van die Strand buite Kaapstad, is 15 jaar gelede met misvormde ore gebore en hy het slegs 60 persent gehoor gehad. Sy oorgaatjie­s is heeltemal toe. Ná vele operasies spog Tyllor nou met prosteties­e ore. Maar dit was nie ’n maklike pad tot hier nie, vertel sy ma, Deidré Doolabh.

“Van geboorte tot drie maande het die spesialis gesê daar is niks wat hulle vir hom kan doen nie. Hy is ’n vegetable en sal nooit kan loop of beweeg nie. My grootste bekommerni­s was of hy ’n normale lewe op sy eie sal kan hê,”onthou Deidré (40).

Maar daar was hoop. Toe hy ’n baba was, het sy suster, Ha-Lee Baker (nou 18), in die kamer gehardloop waar hy aan die slaap was om vir haar ma iets wat buite gebeur het, te vertel. Deidré het haar dadelik stilgemaak en gesê sy moenie so raas nie, want Tyllor slaap.“Dit het my bygeval dat hy nie kan hoor nie. Maar toe ek terugdraai, sien ek beweging. Niemand het my geglo dat hy beweeg het nie,”sê sy.

’n lang pad lê voor

Tyllor het al hoe meer vordering getoon en almal verbaas toe hy eerste van die maatjies in sy ouderdomsg­roep begin loop het. Hy het op tweejarige ouderdom kort nadat hy amper verdrink het, ook begin swem. Maar hoewel hy normaal geloop het, het sy gehoorprob­leem spraak byna onmoontlik gemaak en sy ouers het hom na ’n spraaktera­peut geneem. Die terapeut kon nie deurdring tot Tyllor nie, want hy wou nie sy mond oopmaak nie. Sy ouers het opgelet hoe sy suster saam met hom skool-skool speel en dís toe dat hulle voorstel dat die terapeut deur Ha-Lee werk. “Ha-Lee het op vyfjarige ouderdom begin mimic wat die terapeut sê en

Tyllor leer praat,”vertel pa Nehemia (44).

Toe Tyllor twee was, het hy sy eerste eerste gehoorinpl­anting deur middel van ’n operasie gekry. As gevolg van sy gehoorappa­raat, was sy eerste dag op skool baie besonders.“Tyllor was die hero in gr. 1 en al die leerlinge in sy klas wou die cool bluetooth (gehoorstuk) hê. Ouers het agterna die onderwyser gaan sien, want hulle kon nie verstaan hoekom een leerling toegelaat word om ’n bluetooth-toestel skool toe te dra nie. Ons was toe ingeroep om die bluetooth-storie te verduideli­k,”vertel Nehemia laggend.

Omdat Tyllor stadiger as die gemiddelde leerling lees en skryf, is hy vir twee jaar by die skool agtergehou.“Ons het geweet dit is vir sy eie beswil, want hy is ’n knap kind met die geheue van ’n olifant, maar kon nie altyd byhou met die res van die klas nie weens sy gehoorprob­leem en omdat hy baie uit die skool moes bly,”sê Deidré.

proses & uitdagings

Intussen het die inplanting nagte van pyn vir Tyllor veroorsaak. Sy vel het oor die skroef van die gehoorstuk gegroei en hy moes ’n operasie ondergaan om die vel te laat verwyder. Die vel het egter weer teruggegro­ei wat enorme pyn vir hom veroorsaak het. Hy moes weer vir ’n operasie gaan, het vir weke uit die skool gebly en al hoe meer agter geraak met sy skoolwerk.

“Ná die tweede skroef-operasie, het hy van kopsere gekla. Toe sê die onderwyser hy gebruik dit as verskoning om uit te bly,” sê Deidré verder.

Hy was baie emosioneel hieroor, maar hy het sy uitdagings vierkant in die oë gekyk.“Ons het altyd vir hom gesê,‘net omdat jou ore nie reg ontwikkel het nie, maak nie van jou minder mens nie’. Smiddae kon ek aan sy lyftaal sien hoe sy dag was. As hy na die kar aangestap kom met skouers wat hang, het ek geweet hy voel nie lekker nie. Dan het hy in die kar geklim en uitgebars van die huil,”vertel Nehemia.

Tyllor sê self watter moeilike tyd dit vir hom was:“Ek wou agterna nie meer by die skool wees nie. Dit het gevoel asof ek nie daar behoort nie. My ouers het my encourage om op te staan vir myself en dan het ek weer die moed gekry om die volgende dag skool toe gegaan,”sê hy.

Om alles te kroon, was Tyllor geboelie, maar hy het nie sy ouers daarvan vertel nie.“Hy wou ons beskerm om nie seer te kry vir sy part nie, maar gelukkig het sy suster ons vertel. Hulle het hom Shrek-ore genoem en met klippe gegooi,”sê Deidre.

Tyllor was ook ’n slagoffer van cyberbully­ing.“Iemand op WhatsApp het vir hom prentjies van doodskissi­es gestuur en gesê,‘daar gaan ouens môre kom en jou vermoor’. Tyllor was in ’n toestand. Ons was paranoïes en het elke move van hom dopgehou, want ons was bang hy pleeg selfmoord. Ons het die saak by die polisie aangemeld en die persoon is binne twee dae opgespoor. Die kind wat dit aan Tyllor gedoen het, het so gehuil en om verskoning gevra,”vertel sy ma verder.

Maar die gespot het nie by die skool gestop nie.“Selfs die kleintjies het hom met groot oë bekyk. Eendag terwyl ons in ’n restaurant was, het daar ’n vrou met kinders by ’n tafel langsaan gesit en eet.

“Ek kon sien hoe sy vir Tyllor spot en hoe die kinders na hom kyk en lag. Toe skryf ek ’n nota aan haar:‘Jy moet vir die Here dankie sê dat almal van julle by die tafel fisies normaal gebore is met geen gebrekke’. Ek kon duidelik sien hoe haar gesig letterlik sak van skaamte.”

Tyllor het geweet mense staar hom aan, maar hy het later gewoond geraak daaraan.“Ek het eers uitgevind dat ek anders is toe mense my begin spot. Ek het nie altyd geweet hoe om daaroor te voel nie.

“Daar het baie dinge deur my kop gegaan en ek het meeste van die tyd mixed emotions gehad. My ouers het my geleer om op te staan vir myself en ook respek ter alle tye aan ander te toon,”vertel Tyllor.

daar is verligting

Maar die pyn wat deur die skroef veroorsaak is, het vir Tyllor ondraaglik geraak. “Ons het vir Tyllor na dr. Gawie de Villiers, ’n oor-, neus en keelspesia­lis by Vergelegen Mediclinic in Somerset-Wes geneem en hy was vasberade om ’n manier te vind om die pyn finaal te verwyder. Van daar af het dinge net vir Tyllor gebeur,”vertel Deidré.

Mediclinic het hom na Groote Schuurhosp­itaal verwys waar hy sy twaalfde operasie ondergaan het. Maar hierdie operasie was anders. Tyllor het twee nuwe gehoorinpl­antings asook een stel prosteties­e ore met behulp van die Fuchs Foundation gekry.“Dié operasie was vier ure lank. Omdat die spesialist­e by ’n baie delikate plek op sy kop moes boor, was ons baie angstig. Enige fout kon moontlike breinskade veroorsaak het,”sê Deidre.

Die prosteties­e ore het Tyllor se lewe verander en hom meer selfvertro­ue gegee.

“Ek het nie woorde gehad om my emosies te beskryf nie. Dit voel nogsteeds onwerklik. As ek kon kies, sou ek nie anders (met ore) gebore wou wees nie, want my gehoorprob­leem het my life lessons geleer. Ek is meer confident en ek kan met sekerheid sê dat ek vandag ’n positiewe uitkyk op die lewe het,”vertel Tyllor trots.

Daar is nog een operasie wat voorlê voordat Tyllor se ore permanent gaan wees. Maar vir nou is hy tevrede en wil hy net sy lewe voluit leef.

 ??  ?? HOOFFOTO: Tyllor Baker (15) is sy hele lewe lank gespot omdat hy nie ore het nie, maar nou het hy ’n werkende stel van sy eie.
HOOFFOTO: Tyllor Baker (15) is sy hele lewe lank gespot omdat hy nie ore het nie, maar nou het hy ’n werkende stel van sy eie.
 ??  ?? LINKS: Tyllor se pa help hom om sy prosteties­e ore aan te heg. ONDER: Tyllor by sy ouers, ma Deidré en pa Nehemia, wat dankbaar is vir die hulp wat Tyllor kon kry.
LINKS: Tyllor se pa help hom om sy prosteties­e ore aan te heg. ONDER: Tyllor by sy ouers, ma Deidré en pa Nehemia, wat dankbaar is vir die hulp wat Tyllor kon kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa