Kuier

Verlore BABAS van tik

Die werklike gevolge van tikmisbrui­k is besig om ons gemeenskap­pe weg te vreet. En as ons nie gou ingryp nie, lyk die toekoms maar donker vir toekomstig­e generasies.

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Tik is besig om verwoestin­g te saai op die Kaapse Vlakte (en toenemend elders is die land), maar dit is nie meer nuus nie. Die tikduiwel het menige in sy kloue beet – jonk en oud – en oral waar hy besig is, ly gesinne en gemeenskap­pe. Maar seker die mees weerlose slagoffers van dié dwelm, is diegene wat geen keuse het of die dwelm in hul bloedstroo­m beland nie.

Verbeel jou jy kry tik in jou stelsel of jy dit nou wil hê of nie! Ons praat hier van die mees onskuldige­s onder ons: Ongebore babas, want hul verwagtend­e ma’s is verslaaf aan die dwelm en kan dit nie los nie, al hou dit niks goeds in vir die nuwe lewe wat binne hulle groei nie.

En hierdie is sekerlik die grootste verwoestin­g wat tik kan saai, want dit het die potensiaal om ons van ons toekoms, ons kinders, te beroof . . .

Die negatiewe sosiale en maatskapli­ke uitwerking wat dit op gemeenskap­pe het, kan nie onderskat word nie en in byna elke woonbuurt is daar hartseer stories van ouers wat hul kinders aan die dwelmmidde­l (ook bekend as metamfetam­ien) verloor het, maar niks is meer skokkend as ’n swanger vrou wat haar ongebore baba aan die dwelm blootstel nie.

realiteit van tik

Lizaan Meyer* (25) van die Kaapse Vlakte is só ’n ma. Sy is ma van drie (twee seuns en ’n meisie) en was vier maande swanger met haar vierde kind ten tyde van die onderhoud. Sy erken sy tik nog deur al haar swangerska­ppe.

Lizaan vertel sy het gedink sy sal tik net daardie eerste keer gebruik en dan kan ophou, maar sy was verkeerd.

“Tik is maklik om in te gaan, maar om daaruit te kom . . .,”laat Lizaan haar sin in die lug hang terwyl sy haar kop skud.

“Dis gou om te sê jy gaan dit net een keer gebruik, maar daai een keer maak amok. Jy makeer baie krag om daaruit (tikverslaw­ing) te kom.”

Lizaan vertel sy was 16 en nog op hoërskool toe sy die eerste keer geleer het om te tik nadat ’n tjommie haar aangemoedi­g het om dit saam met hom te doen.

“Dit was daai tyd toe die tik nét uitgekom het, toe leer ons ook vir die eerste keer van tik. Ek was ’n mannetjie-wyfie (tomboy) en het baie met mans uitgehang. Dit was ’n manstjommi­e saam met wie ek vir die eerste leer tik het, maar hy het gesê dit gaan niks maak nie. Hy het ook nie vir my gesê dis tik nie,”vertel Lizaan voorts.

Sy sê sy kon daardie aand nie eet of slaap nie en het haar vriend die volgende oggend gevra hoekom hy haar nie oor die newe-effekte gewaarsku het nie. Dis toe dat hy glo vir haar vra of sy nie geweet het dis tik nie?

Daarna het Lizaan naweke begin tik en later“het ek baie begin rook (tik)”. Sy sê haar tikverslaw­ing was op sy ergste toe sy 18 jaar oud was en sy het al haar ma se bankkaart gesteel om tik te koop. En toe raak sy swanger met haar eerste kind, maar sê sy het op vier maande eers uitgevind sy is swanger.

Sy het steeds getik“as daar was”en probeer om dit minder te doen. Sy het ook nie kliniek geloop met enige van haar swangerska­ppe nie.

Lizaan weet sy moenie tik gebruik terwyl sy swanger is nie en sy tik minder, maar sukkel om volkome op te hou. Sy glo ook nie rehabilita­sie sal werk nie, omdat“van my vrinne al in rehab was en net weer begin tik het toe hulle uitkom”.

Wat haar ’n tipe gerustheid gee wat haar ongebore kind betref, is dat haar ander drie kinders vir haar normaal lyk.

“Ek het (met my eerste kind) gedink my kind kan dalk een toon te min het of gestrem is, maar alles van hom was fine. Al drie my kinders was gesond gebore, maar my niggie, wat ook tik, se kind het nie normaal uitgekom nie. Sy function nie reg nie,”voeg Lizaan by.

Oor of sy bekommer is oor hoe haar kinders op skool gaan vaar, sê Lizaan sy dink nie nou al daaraan nie.“My jongste lyk juis slimmer as my ander twee.”

Baie mense dink sommige vroue raak net swanger omdat hulle die staat se kindertoel­aag wil kry, maar Lizaan sê dis nie só in haar geval nie en sy gebruik ook nie haar kinders se toelae om tik te koop nie. Sy sê haar ma is in beheer van hul toelae en sy rook meestal by vriende en as sy nie het nie, bly sy daarsonder.

“Ek het dit nie (tikmisbrui­k) onder beheer nie anders sou ek lankal opgehou het. Ek wíl ophou, ek móét ophou en ek gáán ophou,”probeer Lizaan haarself oortuig.

“Soms het ek lus vir rook, maar het nie geld nie en stres dan op almal. En as my familie op my stres, dan rook (tik) ek. Tik laat jou sterk voel, so asof jy ’n kar kan optel en asof niemand jou niks kan aandoen nie, maar as dit uittrek, is jy soos ’n zombie, moeg en het swart kringe onder die oë en dan sit jy maar eye pencil aan om beter te lyk.”

WAT SÊ NAVORSING?

Navorsing deur die Mediese Navorsings­raad van Suid-Afrika (MNR) se Alkohol, Tabak en Ander Dwelms-navorsings­eenheid (Alcohol, Tobacco and Other Drug Research Unit), het bevind daar is dikwels hoë vlakke van alkohol en ander dwelms (AOD’s) in swanger vroue wat voorgeboor­teklinieke in die Kaapse metropool besoek. Hulle het nie navorsing oor dié verskynsel in ander provinsies nie.

Die eenheid het voorts bevind by bruin vroue, wat enkellopen­d en werkloos is, is dit van die grootste risikofakt­ore vir dwelmmisbr­uik. (Vroue wat in hierdie kategorieë val, is dus meer geneig om dwelms te misbruik.)

Swanger vroue moet vroeg besef alles wat hulle inneem, neem die baba ook in. Wanneer die ma dus tik, tik babas saam nog voor hulle gebore is. En hoewel die effek van tikmisbrui­k subtiel kan wees in sommige tikkinders (die kind wie se ma tik gebruik het terwyl sy swanger was) en hulle normaal kan lyk met geboorte en in hul kleuterjar­e, is dit gewoonlik wanneer hulle in die skool kom wat die agterstand opgelet kan word, sê dr. Gugu Kali van die departemen­t pediatrie en kindergeso­ndheid by die Universite­it van Stellenbos­ch.

’n Kind wat breinskade opdoen omdat die ma getik het tydens swangerska­p, gaan waarskynli­k nooit 100% ontwikkel en vorder soos sy maatjie wat nié daaraan blootgeste­l was nie. Daar is bittermin wat enigeen dan kan doen om die skade wat reeds gedoen is, om te keer, waarsku Kali en voeg by voorkoming van tikmisbrui­k deur die ma is die beste oplossing.

“Die impak (van tikmisbrui­k) kan al vroeg begin – sommer by die ma omdat sy dalk nie na haarself kyk nie; hoë-risiko gedrag openbaar en MIV en ander infeksies kan optel; en nie voorgeboor­telike mediese ondersoeke laat doen nie. Dié ma’s se plasenta kan ook vroegtydig‘loskom’nog voor die baba gebore word.

“Dit kan die bloedvloei tussen ma en baba onderbreek en veroorsaak dat die baba nie belangrike goed soos suurstof en die voeding wat hulle nodig het en deur die plasenta kry, inneem nie,”verduideli­k Kali.

Sy sê voorts wat die fisieke ontwikkeli­ng betref van babas wie se ma tydens swangerska­p tik gebruik, kan dié babas vroeg en met kleiner koppe gebore word, wat beteken hul breine is nie volkome ontwikkel nie.

Hulle kan later in die lewe steeds kleiner as hul maats wees. Dit alles kan hierdie kinders se akademiese prestasie op skool affekteer.

Kali sê hierdie babas kan ná

geboorte onttrekkin­gsimptome ervaar omdat die tik besig is om uit hul sisteem te trek en rusteloos, geïrriteer­d en bewerig wees. Hul gedrag is nie soos normale babas s’n nie en hul slaappatro­ne is ook abnormaal.

PRENTJIE IN DIE SKOOL

Iemand wat al te goed weet hoe dit is om met kinders te werk wie se ma tydens swangerska­p getik het, is Moira Abrahams* (46), ’n Kaapse onderwyser.

Sy is nie ’n dokter of mediese kenner nie, maar het al by verskeie skole op die Kaapse Vlakte skool gehou en het eerstehand­se ervaring van hoe dit is om te werk met sogenaamde tikkinders en van wat tik aan gemeenskap­pe kan doen.

Moira gee nou klas vir hoërskooll­eerders, waar sy met ’n ander generasie tikkinders werk. Maar dit was toe sy vir laerskooll­eerders klas gegee het dat sy eerstehand­se ervaring opgedoen het van watter skade tik werklik aanrig. Daar het Moira kennis gemaak met oumas wat met trane in hul oë by die skool kom sê hul dogters (en kleinkind se ma) het getik vir die volle nege maande van haar swangerska­p en sy verwaarloo­s die kind nou terwyl sy op haar“tikrondes” is. Hierdie oumas maak dan die tikkind groot, sê Moira.

“Ek praat nie van goed waarvan ek gehoor het nie. Ek praat van goed wat ek self met my eie oë gesien en beleef het,” sê Moira.

’n Ouma wat met trane nie net in haar oë nie, maar ook in haar hart rondloop oor haar dogter wat so verval in die tikhel, is maar een hartseer deel van die verwoestin­g wat tik veroorsaak. Moira sien ook die agterstand wat tikkinders in die klas het en hoe hulle nie normaal kan funksionee­r of enige begrip van struktuur en reëls het nie, selfs al lyk hulle op die oog af normaal.

“Fisiek is hierdie tikkinders so normaal soos ander kinders, maar dis wanneer hulle met ’n boek moet stilsit dat jy kan sien iets is fout. Hulle is al ses jaar oud, maar as hulle hul mond oopmaak, is dit ‘Mammie, Mammie’en van hulle kwyl. Of hulle staan op en hardloop uit die klas uit en is baie aggressief,”vertel Moira oor hul gedragspat­rone.

Sy sê voorts dit lyk vir haar of die kinders se brein aangetas is en hulle verstaan nie wat reg of verkeerd is nie.

Moira sê voorheen het hulle met ’n klomp FAS-kinders (Fetale Alkoholsin­droom) gesit en nou sit hulle met ’n generasie van tikverslaa­fdes se kinders wat nou na hoofstroom­skole kom. Sy voeg by dis ’n uitdaging om hierdie kinders op te voed omdat van hulle basies niks kennis kan inneem nie.

“Jy moet byvoorbeel­d vandag sê,‘dis ’n boek’en môre moet jy dit wéér sê. Daar is niks struktuur nie en ek het van dié tikkinders gesien wat eet, maar nie vol raak nie. Ek het al geteach in Hanover Park en Manenberg en oumas raak oud voor hul tyd oor waarmee hulle moet deal. Die kind wat nou skool toe kom, is ’n kleiner weergawe van die grootmens wat tik. Hulle is gewoond om mense te sien wat tik gebruik en ek voorsien dat hulle op agt of nege jaar ook self gaan begin tik,” vertel Moira.

Sy sê in die huidige onderwysst­elsel raak tikkinders verlore, want die oorgrootte meerderhei­d bruin hoërskoolk­inders vir wie sy tans klasgee, gee nie veel om oor leer sodat hulle vir hulself ’n toekoms kan bou nie. Pouses tik van die bruin kinders terwyl sy weet daar is van hulle wat tik verkoop ook en nie skaam is om dit te sê nie.

“En dis ons coloured kinders wat deur die cracks val; die meisies gaan uit die skool om kinders groot te maak. Ons kinders gee nie om oor drome of hul toekoms nie. Die kinders wat wíl leer, sit

gewoonlik voor in die klas en hulle raak ál minder. Dié wat oorbly, is almal swart en hulle wíl leer,”spreek Moira haar kommer uit.

impak op gemeenskap

So, ons verbeel ons nie as ons praat van die tikproblee­m onder swanger vroue in bruin gemeenskap­pe nie. Daar is egter nie bestaande navorsing wat spesifiek fokus op die funksioner­ing of ontwikkeli­ng van tikkinders nie, maar dis ’n realiteit en een wat alreeds sy afmetings begin neem, soos ons uit Moira se vertelling kan aflei.

Die MNR monitor ook landwyd toelatings tot rehabilita­siesentrum­s wat bekend staan as die Sacendu-projek. In hul Junie 2016-verslag het navorsers bevind die misbruik van metamfetam­ien as primêre dwelm onder pasiënte jonger as 20, is laag in alle provinsies behalwe die Wes-Kaap.

Sihle Ngobese, woordvoerd­er van Albert Fritz, minister van maatskapli­ke ontwikkeli­ng in die Wes-Kaap, het by navraag gesê die totale begroting vir middelmisb­ruik (substance abuse) vir die 2017/18-boekjaar is R59 miljoen. Hy kon egter nie sê hoeveel van die pasiënte wat in Wes-Kaapse rehabilita­siesentrum behandel word, bruin swanger vroue is nie.

Verwagtend­e ma’s word altyd gewaarsku om nie (alkohol) te drink wanneer hulle swanger is nie, omdat dit uiters nadelig vir die babas kan wees.

Oormatige alkoholgeb­ruik verhoog die risiko dat jou kind FAS kan ontwikkel en sodoende fisieke en geestelike defekte kan hê. En hoewel FAS en die gevolge daarvan steeds kommerwekk­end is, is dit die gebruik van tik onder swanger vroue, die geboorte van ’n nuwe generasie tikkinders en die impak daarvan op die samelewing, wat ons hare laat regop staan.

Bogenoemde statistiek­e en Moira se ervaring van hoe kinders van tikverslaa­fde ma’s kan sukkel in die klaskamer, laat ’n mens met die groot vraag: Wat gaan van ons bruin gemeenskap­pe oorbly as die leiers van môre reeds op ’n vroeë ouderdom agterstand­e het wat hulle dalk nooit sal kan inhaal nie?

Watter toekoms sal hulle vir hulself kan bou en hoe gaan hulle hulself uit armoede verhef as hulle nie die breinkapas­iteit het om verder te studeer nie?

“Wat ons nou in die klaskamer sien, is ’n weerspieël­ing van wat in ons gemeenskap­pe aangaan. Die‘tikkind’is die kleiner weergawe van die‘tikma’,”sê Moira.

PROBLEME vorentoe

Die prentjie lyk donker wat navorsing, kenners en Moira skep oor wat die moontlike voorland is vir kinders soos dié van Lizaan wat se ma tik gebruik terwyl hulle swanger is. Ons mag dalk nou net vaskyk teen die ma wat tik en die verskeie agterstand­e wat sulke tikkinders kan hê, maar wat gaan van ons gemeenskap­pe word as hierdie kinders, ons toekomstig­e leiers, ál meer gaan raak?

Patricia de Lille, die burgemeest­er van die Stad Kaap- stad en ’n vrou wat al vir dekades ’n leier in ons gemeenskap is, is netso bekommerd oor die tikproblee­m.

Sy sê die duur prys wat gemeenskap­pe betaal as gevolg van tikmisbrui­k, sluit in disfunksio­nele gesinne, skoolverla­ters, tienerswan­gerskappe, diefstal uit huise, skade en diefstal aan gemeenskap­sgeriewe en vreemd genoeg ook mense wat stilbly oor dwelmhande­l, wat die vraagen aanbodsikl­us van dwelms voortsit.

“Tikmisbrui­k beroof ons jongmense van hul kans om goeie opvoeding te kry en jongmense kan nie hul volle potensiaal bereik of ’n goeie bydrae tot ons gemeenskap­pe maak nie,”sê Patricia.

Sy raai mense wat sukkel met dwelmmisbr­uik aan om hulp te soek.

As ’n gemeenskap kan ons tik nie meer net afmaak as net die probleem van diegene wat dit gebruik nie. Ons moet hande vat en die probleem saam aanpak, want anders sit ons dalk oor 20 jaar met ’n gemeenskap wat nie homself uit maatskapli­ke verval kán lig nie, omdat tik die leiers van môre se breinkapas­iteit weggevreet het. * Skuilnaam

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa