Kuier

Kuns vir jou Naels

Naellak is deesdae ’n bykomstigh­eid, so wys jou persoonlik­heid met verskillen­de kleure en ontwerpe. Ons wys jou hoe!

- DEUR TAUGHEEDAH ABDULLAH-JACOBS

egalig geverf

Verf jou naels met ’n basislaag in die naellak-kleur van jou keuse en laat dit droog word. Gebruik ’n fynpunt kwassie en verf ’n patroon met ’n kontraskle­ur. Doop die punt van die kwas in die naellak (onthou om die oortollige­s af te skud) en verf liggies en egalig oor jou naels.

pret met plakkers

Wend ’n onderlaag naellak aan en laat dit droog word. Gebruik nou ’n tweezer of dun naald om die plakkers van die pakkie los te maak en plak dit versigtig op die nael. Kies ’n ontwerp waarvan jy hou.

2-tone-kleure

Kies twee van jou gunsteling-kleure naellak. Verf met die een kleur ’n eerste laag en laat dit droog word. Gebruik dan masking tape om die een helfte van die nael te bedek. Verf dan die tweede kleur regoor die nael; bo-oor die masking tape. Haal die masking tape af wanneer dit droog is. Die tweede kleur sal net wees op die deel van die nael wat nie toegeplak was nie.

Franse tips

Verf ’n onderlaag in die kleur van jou keuse (gewoonlik nude of ligte pienk) en laat dit heeltmal droog word. Plak masking tape by die punt van die nael, maar sorg dat daar genoeg spasie oor by die naelpunt is. Verf die spasie met ’n laag wit en laat droog word. Trek die plakker af en siedaar!

Glitter & Bling

Sodra die onderlaag droog is, verf die glitter-naellak aan. Jy kan meer as een laag opsit, maar laat elke laag eers reg droog word voordat jy ’n volgende opverf.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa