Kuier

Boytjie van belhar

-

Op die straat ken mense hom as die boytjie van Belhar, maar hierdie voormalige koorsanger is ook bekend vir die bad boy-karakters soos die skelm Harry Galant in die sepie Suidooster en as Gif in die fliek Noem my Skollie, wat hy met soveel gemak en oortuiging kan vertolk. Maar wanneer jy in Christian Bennett (34) se geselskap is, sien jy binne die eerste paar minute die teenoorges­telde van die ernstige, kwaai en beledigend­e karakters wat hy gewoonlik speel. Jy skater behoorlik van die lag as jy na al sy stories en nabootsing­s luister en sy helder en borrelende persoonlik­heid trek jou natuurlik aan.

Dit is hierdie prettige en ligter kant van hom wat mense eersdaags in die produksie

Aunty Gabieba by die Suidooster­fees in Kaapstad sal kan sien.

Die glamorous Gabieba is ’n regte antie en moeder met haar kopdoek en pantoffels. Sy is op die hoogte van alles wat in haar straat en buurt gebeur. Een dag is sy overly glamorous vir haar dream cooking show op TV met disse soos“Gabieba’s speciality Chicken à la king en Bréyani met ’n soetsuur tamatie-en-uiwe slaai met ’n akuut op die é”. Die volgende dag is dit weer terug na die pantoffels en rollers in haar lounge waar sy die kinders wat ná skool kom kuier, innooi vir ’n lekker bord kos en hulle almal aanmoedig om hul aspirasies en drome na te streef.

Die tema vir vanjaar se Suidooster­fees is“Legendes”en volgens Christian het hy besluit om nie op groot bekende legendes in die bruin gemeenskap soos Taliep Petersen te fokus nie, maar alledaagse legendes soos sy ma, die antie in die buurt wat al die kinders se sweetpakke maak en die oom met die winkeltjie af in die straat. Dit is hierdie mense wat die inspirasie agter sy karakters in Aunty Gabieba is en hy wou hul stories vertel.

Christian sê die karakter Gabieba is grootliks deur sy eie ma se persoonlik­heid geïnspiree­r.“Gabieba is ’n fusion van my ma en sy is ’n liefdevoll­e, sterk vrou, maar ook iemand wat nie nonsens vat nie. Haar resepte, hoe sy met die mense in die straat interact en die tips wat sy gee, is alles deel van die show. Jy weet daardie raad wat anties likes om uit te gee, maar wat jou nie regtig baie in die lewe help nie. Gabieba highlight baie van die goed op die Kaapse Vlakte waarmee mense sal kan identifise­er.

“My ma, Rosaline, het in ’n fabriek gewerk en ons het nooit name brands gedra nie. As iemand Adidas gedra het, het ek Habiba gedra. As iemand 501 Levi’s gedra het, het my ma vir my Lee gekoop. Sy het altyd gesê dit kom alles uit dieselfde masjien, hulle verander net die tag, so ons het nooit die duur een gekry nie.” verskillen­de rolle Die ander legende is die oom wat die winkel in die straat besit, by wie jou ma haar essentials op skuld kan koop wanneer sy nie kontant het om winkels toe te gaan nie. Die oom skel wanneer jou ma jou met nog ’n lysie van goed na hom toe stuur, maar nog nie verlede week se skuld afbetaal het nie.“Dit is verhouding­s waarmee ons almal kan relate. Dit is klein goed wat mense sal laat lag en terugdink aan hul eie ervaringe. Dit is lekker om hierdie rol te vertolk en ek is baie goed met improvise, so ek kan binne sekondes die gehoor opsom en weet met wie ek sekere grappies kan maak en met wie ek ’n bietjie meer versigtig moet wees.”

En hy gee glad nie om om soms die bad guy te wees nie. Hy meen mense onthou altyd die bad guy en nooit die goeie ou in die storielyn nie, maar dit is dié rolle wat hom soms in die moeilikhei­d laat beland.

“Ek is al met ’n broodrolle­tjie in die gesig gegooi voor almal in Shoprite omdat ’n vrou kwaad was vir iets wat een van my karakters gedoen het. Ek het ook een keer ’n moordenaar gespeel en is deur ’n groep mans aangerand. Mense leef hul baie in hul sepies of flieks in en ek hou daarvan.”

Maar Christian gee nie hom watter rol hy vertolk nie, hy is net bly wanneer hy sy passie kan uitleef. Hy onthou dat hy as tiener deur die venster van hul huis in Extension 13 in Belhar moes klim om te gaan optree omdat sy ouers nie gedink het vermaak is ’n loopbaan waarvan jy gemaklik sal kan leef nie. Tog het hy altyd gevoel“the more I practice and rehearse, the luckier I get”en dit is hoe hy vandag nog voel oor sy werk.

Christian sê mense in alle beroepe sukkel vandag om werksgelee­nthede te kry, maar as jy aanhou om jou beste te doen en hard te werk, word jy aan die einde beslis beloon. *Die Suidooster­fees vind vanaf 29 April tot 1 Mei by die Artscape plaas met Aunty

Gabieba wat op 29 April opgevoer word. Kaartjies is beskikbaar by Computicke­t. Nog ’n hoogtepunt is Die Vlammende Fez met onder andere Loukmaan Adams in die rolverdeli­ng.

Dié klong bekoor behoorlik met sy talent op die verhoog, grootskerm en TV. En hy is bewys jy kán ’n lewe maak as ’n akteur. Deur Tarren-Lee habelgaarn

 ??  ?? Aunty Gabieba. LINKS: Christian Bennett kan die bad guy speel, maar is ook te sien in die snaakse toneelstuk
Aunty Gabieba. LINKS: Christian Bennett kan die bad guy speel, maar is ook te sien in die snaakse toneelstuk
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa