Kuier

STERRE VOORSPEL

-

ram 21 Maart – 20 April

Wees positief en vriendelik, veral in die buitewêrel­d. As jy jou persoonlik­heid verbeter, sal jy raakgesien word. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0171)

bul 21 April – 21 Mei

Moenie jou idees onderskat nie, want dis waar jou sukses lê. Werk sorgvuldig met jou beplanning. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0172)

tweeling 22 Mei – 21 Junie

Werk aan jou uitkyk op die lewe en jy sal beloon word. Maak kontak met mense wat jy lanklaas gesien het. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0173)

kreef 22 Junie – 23 Julie

Sien om na jou familie se welstand. Dié dade sal jou goed doen én hulle sekerheid gee en gelukkig maak. Gee veral aandag aan die jonger lede. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0174)

Leeu 24 Julie – 23 Aug.

Gebruik jou geleenthed­e. Sorg dat jy straal van positiwite­it en selfvertro­ue, want dit sal jou ’n hupstoot gee. ( DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0175)

maagd 24 Aug. – 23 Sep.

Beheer jou gedagtes sodat jy nie tyd mors op onbenullig­hede nie. Wees oop om goeie advies te ontvang. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0176)

weegskaal 24 Sep. – 23 Okt.

Dit kos spanwerk om te kom waar jy wil wees. Gebruik dit saam met jou talente en vaardighed­e. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0177)

Skerpioen 24 Okt. – 22 Nov.

Gee aandag aan jou persoonlik­e sake, want jy het nou die nodige insig. Om die beste resultate te kry, moet jy jou instink vertrou voor jy besluite neem. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0178)

boogskutte­r 23 Nov. – 21 Des.

Jy is geestelik reg ingestel en jou toekoms lyk helder. Dinge wat jy nou aanpak, behoort vrugte af te werp. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0179)

steenbok 22 Des. – 20 Jan.

Laat ambisie, energie en goeie idees jou dryf. Dinge wat jy wil bereik, raak weer belangrik, so die tyd hiervoor is reg. DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0180)

waterdraer 21 Jan. – 19 Feb.

As jy eensaam is, sluit aan by ’n klub. Ontmoet nuwe mense; dit sal jou opkikker. Jy kan ook self ’n advertensi­e plaas. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0181)

vis 20 Feb. – 20 Maart

Jou instink laat jou toe om jou kompetisie se gedrag te voorspel en dit gee jou ’n voorsprong. Span al jou vaardighed­e in om jou doelwit te bereik. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0182)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa