Kuier

VERMY KONFLIK OOR KLEINKINDE­RS

- DEUR ANDELINE WILLIAMS-PRETORIUS

Grootouers wat hul kleinkinde­rs voltyds versorg, is ’n baie algemene verskynsel. Sommige ouers werk uitstedig en dan moet die kleinkinde­rs noodgedwon­ge by hul grootouers woon. Daar is ook gevalle waar ouers onverantwo­ordelik is en as gevolg daarvan moet grootouers inspring met die versorging van hul kleinkinde­rs, anders gaan die kinders aan hul eie lot oorgelaat word of in die welsynstel­sel opeindig.

Selfs al is Ouma en Oupa baie lief vir hul kleinkinde­rs, kan hulle by tye voel asof hulle nie meer hul kleinkinde­rs wíl versorg nie; nie terwyl die ouers nog lewe en ’n onverantwo­ordelike leefstyl handhaaf nie. Dalk het die grootouers daarna uitgesien om hul oudag te geniet, maar die kleinkinde­rs verander nou hul prioriteit­e. Dit is normaal om te voel dat jy alleentyd nodig het, maar onthou jou kleinkinde­rs se welsyn moet die belangriks­te prioriteit wees. In plaas daarvan om heeltemal halt te roep wat die versorging van jou kleinkinde­rs betref, kan jy dalk reël dat ’n goeie en verantwoor­delike vriend of familielid jou van tyd tot tyd aflos. Só kan jy tyd maak vir die goed wat jy geniet om te doen. Oor ’n dag of wat kan jy met nuwe energie jou taak as primêre versorger hervat.

IN UITERSTE GEVALLE

Hoewel dit nie altyd maklik is vir grootouers om hul kleinkinde­rs permanent in te neem en te versorg nie, is dit belangrik om dit te doen veral as hul kleinkinde­rs se veiligheid bedreig word. In gevalle waar ouers drank of dwelms misbruik of waar kinders aan enige vorm van mishandeli­ng blootgeste­l word, is dit beter dat grootouers optree en nie sommer net moet wag vir dinge om te verander nie.

Dis vir enige grootouer moeilik om te sien hoe hul kind, wat hulle góéd grootgemaa­k het, hul lewe weggooi en dieselfde doen met hul kleinkinde­rs se lewe.

Dit is dus belangrik dat grootouers verseker hul kleinkinde­rs ontvang die nodige liefde en voel welkom onder hul grootouers se dak. ’n Kind se selfbeeld kan groot skade ly wanneer hul ouer se lewe te deurmekaar is om self na hulle om te sien.

Kinders is ook geneig om hulself te blameer wanneer daar probleme in hul gesin is. Maak seker jou kleinkinde­rs blameer nie hulself vir hul ouers se onverantwo­ordelike gedrag nie. En wat die versorging van jou kleinkinde­rs betref – veral in die afwesighei­d van ’n vaderfiguu­r – maak seker jou kleinkinde­rs weet dat hulle ’n pa in die Hemelse Vader het.

Daar ís maniere om skuldgevoe­lens te verwerk as Ouma nie meer haar kleinkinde­rs wil grootmaak nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa