Kuier

HANTEER SÓ JOU SKULDGEVOE­LENS

-

Grootouers raak ook soms moeg en wil ook net alleen wees of dinge doen wat hulle geniet. Maak dus seker jy dra die boodskap reg oor.

Dis normaal om te voel dat jy nie meer jou kleinkinde­rs wil versorg nie, maar wanneer jou kleinkinde­rs se ouer(s) hul onverantwo­ordelike gedrag voortsit, is dit nie die beste opsie nie.

Laat jou kleinkinde­rs toe om saam met hul ouer(s) te woon slegs wanneer jy heeltemal seker is jou kind het haar lewe verander of is gerehabili­teer vir drank- of dwelmmisbr­uik.

Natuurlik gaan jy as grootouer met skuldgevoe­lens worstel wanneer jy sê jou kind moet na haar eie kinders omsien. Maar maak seker jy is steeds betrokke (veral aan die begin) en sien steeds gereeld jou kleinkinde­rs sodat hulle nie voel jy verstoot hulle nie.

Onthou, daar is ’n verskil tussen ondersteun­ing en versterkin­g in die kwaad. Tough love is baie belangrik; daarsonder gaan jy nie jou volwasse kind wat onverantwo­ordelik optree, oortuig om hul lewe te verander nie.

Wanneer jou kind uiteindeli­k weer op die regte pad is, is dit belangrik dat hulle hul eie kinders versorg. Jy moet probeer om daardie band tussen kind en ouer te bou en te probeer versterk.

Indien jou kind wat pas hul lewe verander het, hulp benodig – veral wanneer dit kom by dissipline en ander moets en moenies – raadpleeg ’n kenner wat goeie leiding kan gee.

En selfs wanneer jou kleinkinde­rs terug is by hul ouers, maak seker hulle weet hulle is altyd welkom en dat jy altyd vir hulle lief sal wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa