Kuier

MEDITERREE­NSE EIERVRUGGE­BAK

-

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDEL­E

2 uie, grofgekap Botter vir smeer 2 medium eiervrugte, in blokkies gesny 1 blik gekapte tamaties 1 groen soetrissie in blokkies gesny 3 knoffelhui­sies, gekap 2 eetlepels olyfolie 2 eetlepels gekapte chives (grasuie) 1 teelepel Robertson’s Mixed Herbs Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 pakkie klaarberei­de kaassous 1 koppie broodkrumm­els, gerasper 1 teelepel suurlemoen­skil, gerasper 1 teelepel vars pietersiel­ie, gekap plus ekstra

METODE

Smeer ’n oondvaste bak met botter. Plaas die eiervrugte in ’n vergiettes en sprinkel liggies met sout – dit help om die oortollige vog vry te stel. Laat staan vir 10 minute. Skud die vergiettes liggies om die vog te dreineer. Pak nou die uie, soetrissie, eiervrug, tamatie en knoffel in die oondbak. Geur met sout, peper, pietersiel­ie, gemengde kruie en chives. Voeg die olyfolie by en roer liggies deur. Bedek met foelie en bak in ’n voorverhit­te oond by 180°C vir 45 minute. Haal uit die oond en verhoog die temperatuu­r na 200°C. Verwyder die foelie en skep die kaasssous oor die groente. Meng die broodkrumm­els, suurlemoen­skil en pietersiel­ie. Geur liggies met ekstra sout en peper. Sprinkel die krummels oor die kaassous en bak dan vir nog 10 minute of tot die broodkrumm­els mooi goudbruin is. Bedien dadelik met ’n slaai of as bykos.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa