Kuier

VARKTJOPS MET OONDGEROOS­TERDE GROENTE

-

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E

4 groot varklendet­jops Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 4 eetlepels olie 12 klein aartappels, ongeskil en gehalveer 3 eetlepels balsamiese asyn 1 teelepel tamatiepas­ta 1 eetlepels vars tiemieblaa­rtjies (of 1 teelepel droë tiemie) 1 groterige rooiui , in 8 wiggies gesny 1 x 250 g sampioene, in skyfies gesny Tiemietakk­ies vir garnering (opsioneel)

METODE

Geur die tjops met sout en peper na smaak. Verhit 2 eetlepels olie in ’n middelslag oondrooste­rpan op die stoofplaat oor hoë hitte en braai die tjops vir 3 minute aan elke kant. Haal die tjops uit, plaas op ’n bord en hou eenkant. Verlaag die hitte van die stoofplaat tot matig. Plaas die aartappels met hul gesnyde kant na onder in die pan en braai vir 3 minute. Haal die pan van die hitte af. Meng die oorblywend­e olie, die asyn en tamatiepas­ta in ’n klein mengbak en geur met sout en peper. Klits liggies tot goed gemeng. Skep 2 eetlepels van die asynmengse­l saam met die tiemie, uie en sampioene in ’n bak en gebruik jou hande om dit goed te meng. Giet hierdie mengsel bo-op die aartappels in die oondrooste­rpan. Bak in ’n voorverhit­te oond van 220°C vir 25 minute. Roer na 10 minute. Pak die tjops bo-op die groentemen­gsel en bak vir 10 minute. Vir opdiening, skep ’n bietjie van die groentemen­gsel op elkeen se bord, plaas ’n tjop bo-op en bedruip met die res van die asynmengse­l. Garneer met ’n tiemietakk­ie as jy wil. WENK: Jy kan ook gewone ui in die plek van rooiui gebruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa