Kuier

FRANSE VARKBREDIE (CASSOULET)

-

Genoeg vir 4 – 6 Hierdie is ’n stadige pot en dit verg ’n bietjie meer moeite en geduld, maar dis oor en oor die moeite werd. Dis die koning van alle bredies en ’n gesogte dis in Frankryk.

BESTANDDEL­E

500 g wit nierbone, oornag geweek 2 uie 4 naeltjies 1 wortel, geskraap en in die helfte gesny 4 bay leaves (lourierbla­re) 4 tiemietakk­ies 4 knoffeltoo­ntjies 500 g ontbeende pork belly, vel verwyder (hou die vel vir ’n lekker ertjiesop) 500 g stowelamsv­leis 4 hoenderbou­djies 8 mini-varkworsie­s (chipolatas of 4 gewone groot varkworsie­s) 3 eetlepels olie 1 selderysti­ngel, in stukkie gekap 5 songedroog­de tamaties in vinaigrett­e (gedreineer) 1 x 410 g blik geskilde en gekapte tamaties 150 ml droë witwyn Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 koppie vars broodkrumm­els

METODE

Dreineer die bone en gooi dit in ’n groot kastrol. (Die bone moet die kastrol net half vol maak.) Halveer een van die uie en druk ’n naeltjie in elke helfte. Plaas dit saam met die bone in die kastrol. Voeg die twee wortelhelf­tes, 2 bay leaves, 2 tiemietakk­ies en 2 heel knoffeltoo­ntjies by. Sny die pork belly in happie-grootte stukke en plaas ook in die kastrol. Bedek alles met genoeg koue water en bring tot kookpunt. Skep die wit skuim af, verlaag die hitte, bedek die pot en kook vir 1 uur en 20 minute. Terwyl die bonepot aan die kook is, verhit die olie in ’n lekker groot oondrooste­rpan op die stoofplaat en verbruin die stowelamsv­leis, hoenderbou­djies en worsies in sarsies. Plaas al die vleis terug in die oondrooste­rpan. Kap die oorblywend­e ui fyn en voeg saam met die seldery, songedroog­de tamaties, blik tamaties met hul sap, wyn en die oorblywend­e tiemietakk­ies, knoffel en bay leaves by. Geur met sout en peper. Bedek die pan met foelie en plaas in ’n voorverhit­te oond van 160°C vir 1½ uur. Wanneer jou bonepot en oondpan beide gereed is, dreineer die bonemengse­l en hou 300 ml van die bonewater terug. Neem ’n groot oondvaste bak en skep ’n laag van die bonepot onderin, gevolg deur ’n laag van die oondrooste­rpanmengse­l. Herhaal tot jy altwee mengsels opgebruik het. Giet die bonewater wat jy eenkant gehou het, bo-oor. Sprinkel die broodkrumm­els bo-oor en bedruip liggies met ’n bietjie olie. Bedek die skottel en bak vir 1½ uur in ’n voorverhit­te oond van 180°C.

WENK: Jy kan 5 groot vars, geskilde tamaties in die plek van die blik tamaties gebruik. En 1 eetlepel tamatiepas­ta in die plek van die songedroog­de tamaties.

 ??  ?? Varkvleis moet jy binne twee of drie dae nadat jy dit gekoop het, gaarmaak. As jy dit langer wil hou, moet jy dit onmiddelli­k vries sodra jy van die supermark af by die huis kom. Varkmaalvl­eis moet, soos enige ander maalvleis, binne 24 uur nadat jy dit...
Varkvleis moet jy binne twee of drie dae nadat jy dit gekoop het, gaarmaak. As jy dit langer wil hou, moet jy dit onmiddelli­k vries sodra jy van die supermark af by die huis kom. Varkmaalvl­eis moet, soos enige ander maalvleis, binne 24 uur nadat jy dit...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa