Kuier

Hallo my Kuier- mense,

-

Wat ’n aangrypend­e uitgawe is hierdie nie! Ons dek omtrent die hele spektrum van menswees en dis mooi en inspireren­d, maar dis ook skokkend en hartverske­urend.

Wat my veral tref is Abduraghma­an Adams, wat op ons voorblad is, se storie. Hy vertel eksklusief vir ons hoe diep die verlies van hul baba hom en sy gesin geraak het (bl. 10). Ons is uiters dankbaar dat hy hierdie moeilike storie met ons gedeel het en ons wens hulle sterkte toe.

Ek kon self nie die ondersoeks­torie oor vroue neersit wat tik terwyl hulle swanger is nie (bl. 20). Ek kon nie help om te dink aan al die mense wat sukkel om swanger te raak nie en hoe hulle nou gaan voel as hulle hierdie moet lees nie. Dit het my persoonlik getref, want teen die tyd dat hierdie uitgawe op die rak verskyn, is ek al in Amerika om ons familie se jongste lid te ontmoet, want my suster het pas ’n babadogter ryker geword. En al is ek baie lief vir my werk, móét ek die nuweling met my eie oë gaan sien. Maar ek is glad nie bekommerd oor Kuier nie, want ek laat julle soos gewoonlik in die uiters bekwame hande van Raylentia Simmons, ons assistent-redakteur.

Ek laat julle egter met ’n bietjie slegte nuus. Minister Gordhan het gepraat en dit beteken Kuier se prys gaan ook op. Vanaf die volgende uitgawe kos jou gunsteling-tydskrif 50c duurder. Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa