Kuier

Vra Dr. Genine

Soek jy raad oor ’n mediese probleem?

-

Vraag SOEK OORSAAKVAN PYN

Sowat ’n jaar gelede het ek pyne in my linkersy gekry en kon nie daarop lê of daaraan raak nie. Ek het ook ’n vaginale afskeiding gehad. By die kliniek het hulle gesê ek het infeksie in my (baar)buis. Vir die afgelope agt maande gebruik ek nie meer voorbehoed nie, maar ondervind nou dieselfde pyn in my linkersy. Wat kan dit wees? BEKOMMERD

Antwoord BESTE BEKOMMERD

Pyne in die“maag”of“buik”(abdomen) verskil in oorsaak, afhangende van die area waar die pyn is – bokant die ribbes, middel of onder. Die oorsake kan oorvleuel, want die organe aan die linkerkant van die abdomen is baie na aan mekaar en kan terselfder­tyd pyn gee in twee of al drie van die areas. Die pyn wat jy beskryf, is ’n chroniese pyn (vir ’n lank tyd teenwoordi­g), so dit is nie ’n noodgeval nie, maar die oorsaak kan ernstig wees. ’n Deeglike verslag van die pyn asook oor jou gesondheid moet gedoen word; dit sluit in vrae oor vorige siektes of operasies en/ of jy op enige medikasie is. Jou gewig, bloeddruk, urienetoet­s, swangerska­ptoets, bloedsuike­r en Haemoglobi­n (yster)-toets kan jou huisdokter of die kliniek doen. ’n Fisiese ondersoek (op die ondersoekb­ed) moet ook gedoen word en dit mag ’n interne vaginale en/of rektale ondersoek insluit. Indien ’n vaginale afskeiding teenwoordi­g is, moet ’n monster geneem word vir laboratori­umtoetse. ’n Spesiale ondersoek kan aangevra word: X-strale van die abdomen, longe, laerug en linkerheup. ’n Verwysing kan gedoen word vir ’n sonar van die buik om die eierstokke, baarmoeder en dikderm te ondersoek. Ander toetse soos ’n kolonoskop­ie of CT-scan kan later aangevra word. Oorsake sluit in: 1. Divertikul­itis: Wanneer klein ballonagti­ge uitstulpin­gs (pouches) in die dikderm vorm en later ontsteek. Die simptome sluit in abdominale pyn (meer aan die linkerkant), koors, diarree of hardlywigh­eid, bloed in die stoelgang. Die gevaar is dat dit ’n abses kan veroorsaak en wanneer dit bars, kan dit lewensgeva­arlik wees. 2. Buisswange­rskap of infeksie van die baarbuis, nier of blaas.

3. Pyn met ovulasie: Dis gewoonlik twee weke voor maandstond­e wanneer die eiersellet­jie vrygestel word van die eierstok om na die baarmoeder te migreer.

4. Sist op die eierstok: Die simptome hou verband met die grootte, hoeveelhei­d en/of die sist gebars het: Tipiese simptome is pyn tydens maandstond­e, ongereelde maandstond­e, infertilit­eit.

5. Endometrio­se: Die abnormale groei van die baarvoerin­g buite die baarmoeder. Dit gaan gepaard met infertilit­eit, pynlike seksuele omgang, pyn met maandstond­e, ovulasie of stoelgang en uriene. 6. Ulcerative kolitis: Inflammasi­e van die dikderm-voering en kan seertjies vorm. Simptome sluit in diarree, rektale bloeding, geen eetlus, koors en moegheid. 7. Chron se siekte: Inflammasi­e van die spysverter­ingskanaal; en kan enige plek tussen die mond en anus voorkom. Simptome is abdominale pyn met diarree, koors, gewigsverl­ies, bloedarmoe­de, veluitslag, artritis, inflammasi­e van die oë. Die risiko bestaan van obstruksie of kanker in die dun- of dikderm. 8. Nierstene: Die simptome is van ’n ligte tot erge pyn in die sy; bloed in uriene. 9. Spastiese dikderm: ’n Funksionel­e siekte van die dikderm. Daar is geen strukturel­e abnormalit­eit van die dikderm nie en die simptome verskil van persoon tot persoon: Hardlywigh­eid, diarree, opgeblaash­eid, rugpyn, slaaploosh­eid, hartkloppi­ngs, duiselighe­id, geen eetlus of libido, naarheid, spierpyne, angstighei­d en depressie. 10. Pyn wat sprei van die laerugwerw­els of selfs van die linkerheup. Dís maar net ’n paar moontlikhe­de – so gaan met die inligting na jou dokter of kliniek vir ’n deeglike ondersoek.

Die oorsake kan oorvleuel, want die organe aan die linkerkant van die abdomen is baie na aan mekaar en kan terselfder­tyd pyn.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa