Kuier

Vertel vir Antie Val

Sukkel jy met jou liefdeslew­e? Hier is raad.

-

Vraag VUILTAAL IN DIE KOOI

Ek en my nuwe ou gaan nou al ses maande uit. Hy is so ordentlik en ek is versot daarop, maar ek sukkel om sekere dinge reg te kry in die bed. Hy is baie goed, maar weier om vuil met my te praat. Ek hou baie daarvan en het dit baie met my vorige ou gedoen. Ek mis dit, want dit hits my lekker aan en ek geniet dit. Hy dink dit is stupid, maar ek is erg daaroor. Hoekom wil hy dit nie doen nie? Dit maak my seer dat hy nie eens wil probeer nie. Hy worry nie as ek dit doen nie, maar hy wil nie deelneem nie. SOEK MEER

Antwoord BESTE SOEK MEER

Soos elke verhouding verskil, só verskil ons ook as mens. Dit is nie regverdig van jou om te verwag jou huidige ou sal van dieselfde goed hou as jou vorige ou nie. Ek dink hy het dit net nooit vantevore beoefen nie en nou dink hy hy sal simpel klink en ’n fool van homself maak. Al stop hy jou nie, kan dit hom dalk ongemaklik maak. Doen dit vir ’n week of twee nie en dan begin jy weer. Dalk mis hy dit en sal dit dan self wil probeer. Maar moet net nie te veel verwag nie. Jy sê self hy is goed vir jou, so moet dit nie onnodig bederf nie.

Vraag OUWIL NOG ’N BABA HÊ

Antie Val, my ou wil nog ’n kind hê. Hy sê twee is te min, so hy soek nog ’n seun wat sy naam kan dra. Ek is werkloos, so hy voel ek kan na nog ’n baba kyk. Daar is nou skaars geld vir nappies, maar hy sê ek kan mos ’n grant kry wat sal help. Ek wil regtig nie weer ’n baba hê nie, want ek wil gaan werk soek sodra die jongste een ’n bietjie groter is. Ek het matriek en kan admin doen. Hy sê ek is vol nonsens en wil my los vir iemand anders wat hom ’n seun kan gee. Moet ek dit doen om hom te hou? EK DINK LOGIES

Antwoord BESTE EK DINK LOGIES

Ag nee! Dit klink asof jy jouself in ’n groot gemors van ’n verhouding bevind. Hoe kan die man dreig om jou te los omdat hy ’n kind wil hê en dan wonder jy of jy dit moet aanvaar? As hy nou al van ander vroue praat, dan is hy lankal nie so eerlik nie. Ek dink hy is onnodig. Mens weet nooit hoe dinge gaan uitwerk nie. Jy klink nog jonk en dalk later, as dit albei van julle se wens is om nog kinders te hê, kan julle weer probeer. Ek wil jou ook net sê dat julle nie die geslag van die volgende kind kan waarborg nie. Wat as dit weer ’n meisie is? Sal hy dan weer wil probeer om ’n seun te kry? Mens moet eintlik tevrede wees met wat God jou gee. Ander mense smag na ’n baba van hul eie en julle het reeds twee. Die lewe is so duur en ’n mens kan nie op geld van die staat staatmaak nie. Dit is eintlik baie onregverdi­g. Jy wil gaan werk om ’n inkomste te verdien om vir jou kinders te sorg. Jy sal ernstig jou voet moet neersit, al beteken dit jy verloor jou ou. Jy kan nie jouself in die voet skiet en dit oor ’n man nie. As jy my vra, klink hy sommer onredelik en dwars.

Vraag HY IS HAAR DROOMOU

Ek is verlief op my niggie se neef en hy hou ook van my. Hy is van haar ma se familie en my pa en haar pa is broers. So hy is niks van my nie, maar my niggie hou vol hy is ook my familie. Moet ek nou die ding los of is ons mal? Hy dra my op die hande en ek het nog nooit iemand ontmoet met sulke mooi maniere nie. Hy is werklik my droomou. SMOORVERLI­EF

Antwoord BESTE SMOORVERLI­EF

Dit klink wonderlik! Ek is so bly daar is opregte mans daar buite wat nog ’n vrou goed kan laat voel. Dit klink nie asof julle familie is nie, maar ek ken nie al die feite nie. Hoekom vra jy nie jou ouers nie? Hulle behoort dinge in perspektie­f te kan sit en dan hoef julle nie te bespiegel nie. Dalk is jou niggie net ’n bietjie jaloers. Sy is dalk bang om julle albei aan mekaar te verloor. Soos ek voorgestel het, moet julle liewer eers jul ouers betrek en die regte feite by hulle kry. Ek hoop van harte dinge werk vir julle uit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa