Kuier

haal uit en wys!

- * Skuilnaam

Die“reëls”oor watter rolle mans en vroue in ’n verhouding vertolk, is beslis nie wat dit ’n paar dekades gelede was nie. En nêrens is dit meer duidelik as wanneer dit by ’n paartjie se finansies kom nie.

Die dae is verby dat dit vanselfspr­ekend was dat die man vir alles moet betaal (selfs op dates) en ook dat hulle later in die huwelik die enigste broodwinne­r moet wees en alleen oor die geldsake besluit.

Geld kan egter ’n verhouding maak of breek en as julle nie van die begin eerlik is met mekaar oor wat julle finansieel van die ander verwag nie, sal jul geldelike fondament altyd onstabiel wees.

Maar paartjies is dikwels nie eerlik wanneer dit by geld kom nie en belangrike vrae word nie van die begin openlik aangespree­k en gevra nie, soos: Hoeveel verdien jy? Wie betaal vir wat? Dra julle altwee by tot die huishoudin­g of staan die een altyd bakhand?

Sommige vroue is deesdae gewoond aan finansiële onafhankli­kheid en soek ’n finansiële vennoot in hul maat wat saam met hulle besluit oor die geldsake.

Maar netso is daar ook jongmeisie­s wat openlik erken hulle soek ’n“blesser”wat hulle kan toegooi met geld en duur geskenke, terwyl ander vroue voel hulle werk hard vir hul eie geld en geen man gaan sommer net kom oorvat nie.

Die kenners is dit egter eens: Jy en jou maat moet openlik oor geld kommunikee­r sodat elkeen weet presies waar hulle staan.

Apart is soms beter

Een paartjie wat presies weet waar hulle staan, is Chantelle en Ian Louis* van Kuilsrivie­r buite Kaapstad. Hulle is nou ses jaar getroud en verkies om hul finansies apart te hou. Dít is die enigste manier wat hulle ken – elkeen het hul eie bankrekeni­ng en eie verantwoor­delikhede.

Chantelle se man verdien meer geld as sy en betaal dus die huisverban­d en ander huishoudel­ike uitgawes soos elektrisit­eit en water. Elkeen het hul eie motor gekoop en sy koop die kos vir die huis. Haar man betaal hul dogter se crèche en sy vir haar klere en ander uitgawes soos balletklas­se.

Maar al is hul geldsake apart, bespreek Chantelle eers groot uitgawes met Ian voordat sy ’n item koop.

“Ek wou een keer ’n stoel van R4 000 koop. Ek het my man gesê ek hou baie daarvan en wil dit graag koop. Hy het gesê ek moet dink aan (die dag van) môre.”

Sy het besluit om eerder nie die stoel te koop nie.“Ek het myself gevra: Is dit iets wat ek nodig het of iets wat nice sal wees om te hê?”

Chantelle sê sy hou nie daarvan om vir haar man geld te vra nie.“Ek moet regtig in die nood wees.”Dus het haar man vir haar ’n kredietkaa­rt vir sulke tye gegee. Toe die paartjie vir twee jaar uitgegaan het, het hulle besluit om ’n spaarreken­ing oop te maak waarin hulle elkeen geld sou inbetaal. Die rekening was egter in haar man se naam, so Chantelle het ’n kontrak laat opstel om haarself te beskerm. Volgens die kontrak kry sy die geld wat sy in die rekening betaal het terug, sou hul paadjies skei. Sy het dít gedoen omdat sy een van haar vorige kêrels se skuld van R26 000 moes afbetaal.“En hy het my nooit terugbetaa­l nie,” vertel sy.

Man moet voorsien

Daarteenoo­r verkies Amandla Ngoma (27) van King William’s Town in die Oos-Kaap dat haar kêrels meer geld as sy verdien.

Sy is tans enkellopen­d en voel mans sal ’n probleem het as sy meer as hulle verdien.

“Dit kan konflik in ’n verhouding veroorsaak. Miskien sit ek my voet neer oor iets, dan voel hy asof hy geboelie word. ’n Man se ego kan soms nie vroue wat meer as hy verdien, hanteer nie.”

Voorts verkies Amandla iemand wat meer as sy verdien omdat sy na gekyk en bederf wil word.“As ’n man minder as ek verdien, sal hy nie vir my kan voorsien nie. Ek wil die sekuriteit hê van iemand wat vir my sal voorsien.”

Sy het al met iemand uitgegaan wat dieselfde as sy verdien en hy wou die rekening deel of wou soms gehad het sy moet betaal wanneer hulle uitgegaan het.

“Ek was nie gewoond aan dit nie weens die manier hoe ek grootgewor­d het.”

Amandla is gewoond daaraan dat mans die finansies hanteer en veral betaal wanneer hulle uitgaan vir aandete en dies meer.

“Ek gee nie om om te betaal nie, maar dit moet my keuse wees as ek hom wil bederf. Dit was vreemd dat hy die rekening wou deel. Hoekom neem jy my dan uit in die eerste plek?”

Wanneer sy eendag getroud is, sal sy nie omgee om rekeninge soos water en elektrisit­eit gesamentli­k te betaal nie, maar die man moet egter die broodwinne­r wees, sê Amandla.“Byvoorbeel­d, as ons ’n kind kry, wil ek nie nog bekommerd wees oor hoe ek vir dinge wat die kind nodig het, gaan betaal nie. Hy moet daarvoor kan betaal.”

Help mekaar uit

Theresa Dempers* (31) van Willowmore in die Oos-Kaap gee weer nie om dat sy meer as haar man verdien nie. Sy is onlangs getroud met haar kêrel van die afgelope vier jaar. Sy het ’n 7-jarige dogter en haar man ’n 12-jarige seun uit vorige verhouding­s. Die paartjie het ook ’n babadogter­tjie saam. Hulle betaal apart vir dinge soos hul motors, maar saam vir huishoudel­ike uitgawes en benodigdhe­de vir hul kinders.

“Ek pay op die 20ste en hy op die 30ste. Soms het ek nie geld nie, dan betaal hy vir iets en andersom. Wanneer ek pay, koop ek doeke vir ons baba en wanneer hy pay doen hy dieselfde, of die doeke nou op is of nie.”

Haar man se seun bly by sy ma en hy betaal dus onderhoud vir hom. Theresa gee glad nie om hieroor nie omdat dit“sy verantwoor­delikheid”is. Haar man gee ook nie om om vir benodigdhe­de vir haar eerste dogter te betaal nie omdat hy baie lief is vir haar kind.“Dit is nie net van mý kind of sý kind nie, dis ons kinders,”sê sy.

Wees openlik

Volgens Anita Grant, ’n maatskapli­ke werker vir die afgelope 25 jaar en deeltydse berader van FAMSA Wes-Kaap, stry 35% van alle paartjies oor geld. ’n Groot kwessie is wanneer mense geld geheim hou. Sy het al ’n kliënt gehad waar die vrou uitgevind het haar man het geld uit hul huisverban­d geneem om aan jonger vroue te leen. Die vrou het dit eers uitgevind nadat haar man ’n beroerte gehad het.“Jy kan nie geheime van mekaar weerhou wat met geld te doen het nie. Die grootse intimiteit is nie seksueel nie, maar finansiële intimiteit. Paartjies moet eerlik met mekaar wees oor geld en hoeveel hulle verdien.”

Anita raai paartjies aan om drie bankrekeni­nge te het. Elkeen het sy eie en een gesamentli­ke rekening waarin elkeen geld inbetaal.“Jou bankrekeni­ng verteenwoo­rdig vir jou en die ander een verteenwoo­rdig die feit dat julle saam is,”sê sy. ’n Kontrak soos die een wat Chantelle laat opstel het om haar geld te beskerm, was ’n wyse besluit volgens Anita. Paartjies verwag nooit dat hulle gaan opbreek nie, maar hulle moet hulself beskerm.

Om skuld weg te steek van jou maat, veroorsaak ook dikwels groot probleme. Alles moet op die tafel gelê en ’n plan moet gemaak word, sê Anita. Paartjies moet finansiële planne saam uitwerk. Dit is deel van hul lewens saam.

“Jy moet finansiële doelwitte vir julleself as ’n paartjie stel. Een van die doelwitte kan dalk wees dat julle saam een persoon se skuld gaan afbetaal.”

Paartjies stry ook dikwels wanneer daar ’n gebrek aan geld is. Dit veroorsaak groot stres in ’n verhouding veral wanneer een net rondlê en nie ’n poging aanwend om werk te soek nie. Dit maak nie saak wat die omstandigh­ede is nie, die belangriks­te is dat paartjies openlik is met mekaar oor geld.

 ??  ?? Foto ter illustrasi­e
Foto ter illustrasi­e
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa