Kuier

roeping vir radio

Wanneer jy jou doel gevind het, sal niks jou keer om dit te bereik nie – daarvan kan dié radio-aanbieders getuig.

- DEUR ERNUSTA MARALACK EN TARREN-LEE HABELGAARN

Dit is een ding om ’n werk te doen waarvoor jy lief is, maar dis ’n totaal ander ding wanneer die werk wat jy doen, werklik ’n verskil maak in ander se lewens. En wanneer jy laasgenoem­de doen, verander jou werk in ’n roeping en bied dit jou ’n tipe vervulling waarmee min dinge in die lewe kan meeding. Dít is hoe Aden Thomas (44) en Clarence Ford (49), albei aanbieders op die grootste kommersiël­e radiostasi­e in die WesKaap, Heart FM, oor hul werk voel. Wanneer ’n mens hul tyd op radio saamtel, strek dit oor ’n allemintig­e 51 jaar, maar nie Aden of Clarence dink al daaraan om die mikrofoon vaarwel toe te roep nie. Hulle voel hulle het steeds baie om te gee, maar bowenwal dat hulle daardie verskil kan maak – of dit nou is om alledaagse gemeenskap­shelde aan ons bekend te stel of om mense te laat onthou hoe belangrik dit is om liefde aan mekaar te betoon, of selfs om nostalgies te raak en die mooi van gister te onthou. Maak nie saak wat Aden en Clarence in hul onderskeie radioprogr­amme op HeartFM aanbied nie, jy wíl luister omdat hulle dit regkry om emosioneel met luisteraar­s te connect, selfs al kan jy hulle nie sien nie.

PAK DINGE KAALVUIS

Aden, oorspronkl­ik van Mitchells Plain op die Kaapse Vlakte, bied die ontbytprog­ram saam met Julian Naidoo en Tapfuma Makina aan en hulle pak enige onderwerp kaalvuis aan. Wanneer dit by ernstiger onderwerpe kom, vra Aden die vrae wat niemand wil vra nie en hy bring dikwels kwessies met betrekking tot die gemeenskap of kinders onder ons aandag. Maar hy kan jou netso goed laat skater van die lag met sy sêgoed en hoe hy homself spot of sy mede-aanbieders se siele uittrek.

Dié radioman het al uitstekend­e onderhoude in sy loopbaan van 24 jaar gedoen, maar die een wat ons verlede jaar hoendervle­is gegee het, was toe hy met Celeste Nurse, biologiese ma van die ontvoerde Zephany Nurse, gepraat het. Celeste het toe al baie media-onderhoude gedoen oor ’n saak wat ook internasio­nale media-aandag geniet het, maar haar onderhoud met Aden was iets anders. Ons kon die absolute rou emosie van ’n gebroke vrou en ma nie net hoor nie, maar vóél ook.

Voorts het Aden ons ook bekendgest­el

aan die wiskundeon­derwyser, Kurt Minnaar, wat hip-hop en rap kombineer om wiskunde op ’n alternatie­we en cooler manier vir leerders aan te bied.

Hy het ook die storie vertel van ’n tienermeis­ie wat ’n ander een via sosiale media geboelie en haar op ’n selfoonvid­eo met die dood gedreig het. Die storie het viral gegaan en ander media het dit vinnig opgetel. Dieselfde tienermeis­ie was kort daarna weer in die nuus ná sy in ’n video te sien was wat owerhede as kinderporn­ografie beskou. En toe die Stad Kaapstad te midde van die Wes-Kaapse waterkrisi­s besluit om“watervermo­rsers”in die media te“name en shame,”het Aden die data nie netso aanvaar nie, want op dié“name en shame”-lys was ook strate op die Kaapse Vlakte. Aden het ondersoek gaan instel en toe kom dit aan die lig daar is al die tyd ’n ondergrond­se waterpyp wat by een straat lek. As dit nie vir hom was nie, sou dié betrokke inwoners waarskynli­k nooit hiervan geweet het nie.

“Ek het van ’n baie jong ouderdom af geweet ek wil ’n loopbaan in kommunikas­ie volg. Ek was ’n stil kind, maar toe ek in puberteit vere kry, het ek op skool al begin public speaking doen,”vertel Aden.

Maar hoewel hy vroeg oor sy loopbaan besluit het,“het ek ná skool eers ’n gap-jaar gevat nog voordat gap-jaar ’n thing was”, sê Aden. Hy het daarna besluit om joernalis- tiek te studeer omdat“joernalist­iek mý gevind het”. Joernalist­iek gaan daaroor om stories te vertel en om dit deur middel van ’n medium soos radio te doen, is vir Aden spesiaal omdat hy weet mense raak verlief op radio en dat hulle amper ’n romantiese verhouding daarmee vorm.

“Ek het grootgewor­d in Mitchells Plain en kom uit ’n agtergrond waar daar nie baie geld was nie. Mense in sulke gemeenskap­pe wil identifise­er met real content en stories van gewone mense. Soos met die watergeval, vra ons vrae omdat gewone mense dit nie sal bevraagtek­en nie omdat dit van mense in gesagsposi­sies kom. En ek hou van stories vertel van mense wat struikelbl­okke oorkom,”sê Aden passievol.

Dit is sulke stories wat Aden inspireer en motiveer om te bly doen wat hy doen – “totdat ek my sell-by date bereik”.

NUWE HOOFSTUK

Maar van ’n radioman wat skrik vir niks tot een wat mense op sy middagprog­ram laat onthou hoekom hulle die eerste keer verlief geraak het, bly Clarence ’n gunsteling. Hy is die verpersoon­liking van hoe ’n mens nie moet toelaat dat ander bepaal of jy eendag suksesvol gaan wees of nie.

Clarence wat in Distrik Ses gebore is en in Parkwood grootgewor­d het, het lank terug in ’n vorige Kuier- onderhoud vertel hoe iemand destyds vir hom gesê het hy moet ’n loopbaan in radio koebaai sê omdat hy nie goed genoeg is nie. Sulke voorspelli­ngs sal dalk ander mense laat knak, maar nie vir Clarence nie. En nou 27 jaar later, is Clarence steeds op die lug, ’n sakeman weg van die lug af, betrokke in die gemeenskap en super opgewonde oor die volgende hoofstuk in sy lewe.

Hy word vanjaar 50 en ouderdom pla hom nie – eintlik voel hy nie veel anders as toe hy jonger was nie, sê hy met ’n glimlag, maar eers nadat hy wou hoor hoekom ons oor sy ouderdom wil weet.

Maar terwyl hy gewoonlik love songs speel wat ons fuzzy aan die binnekant maak, is daar ’n nuwe verwikkeli­ng in sy lewe wat ’n groot smile op sy gesig én in sy hart sit. Clarence het weer liefde by ’n ou liefde gevind en gaan trou. Die datum is nog nie vasgemaak nie, maar vir eers geniet Clarence die wete dat sy hart weer aan iemand behoort en iemand s’n aan hom.

Hierdie vriendelik­e man laat ons ’n bietjie in sy hartskamer toe wanneer hy vertel sy vorige verhouding­s het nie uitgewerk nie omdat hy“altyd probeer het om die ridder op die wit perd te wees”.

Hy is al twee keer geskei, maar sê hierdie keer voel hyself die skoenlappe­rs soos net die liefde ’n mens kan laat voel en sê hy is vir die eerste keer gereed om te trou vir die regte redes. Clarence en sy verloofde, Wendy, het mekaar vir die eerste keer in 1998 ontmoet, maar het hul verhouding verbreek toe sy kort daarna Londen toe getrek het. Hulle het mekaar weer in 2012 raakgeloop en het onmiddelik weer connect.“Ek het vir ’n baie lang tyd ander mense voor myself gestel en het ná my tweede huwelik gaan kyk na hoekom ek sekere besluite in my lewe gemaak het. Ek het besef dat ek nie almal kan beskerm nie en dat ek somtyds my eie belange eerste moet stel. Dit is presies wat ek nou doen en ek is baie gelukkig en opgewonde.”

Aden en Clarence is groot radiofigur­e, nie net oor Wes-Kapenaars hul name ken nie, maar oor die verskil wat hulle maak deur die mag van hul stemme te gebruik om goed te doen en ander goed te laat voel.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO en REGS: Die Heart FM radio-aanbieders Aden Thomas (44) en Clarence Ford (49) sal hul werk vir niks verruil nie.
HOOFFOTO en REGS: Die Heart FM radio-aanbieders Aden Thomas (44) en Clarence Ford (49) sal hul werk vir niks verruil nie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa