Kuier

Koebaai Jerome!

Danny Ross het in Suidooster- kykers se harte kom kruip as die karakter Jerome October, maar nou het hy die sepie vaarwel geroep om sy loopbaan uit te brei.

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Teen die tyd wat Suidooster- aanhangers hierdie storie lees, is menige se harte in stukke gebreek omdat die one and only Jerome October dood is. Jerome het vandeeswee­k op ’n dramatiese wyse gesterf nadat hy en Mymoena (Jill Levenberg) eers in ’n motorongel­uk was.

Hy het klaarblykl­ik lig daarvan afgekom, maar toe kom die groot skok toe hy later weens ’n brein-aneurisme in ’n koma verval het en uiteindeli­k sterf.

Kuier doen gewoonlik nie storielyns­tories nie, maar Jerome October, gespeel deur die akteur Danny Ross (30), was só ’n geliefde karakter dat ons nie anders kon nie. Sedert Suidooster in 2015 op kykNET en kykNET & kie op die lug gekom het, het hul storielyne kykers vasgenael gehou, maar Jerome se dood het ons glad nie sien kom nie! Ons het dalk verwag Mymoena sou dit nie maak nie!

Want Jerome het skielik begin groot word en was reg om pa te speel vir Bianca of Beautiful B (gespeel deur Simone Biscombe) soos hy haar genoem het, se kind.

Vir diegene wat dalk nie so op datum is nie, Jerome was ’n rykmanskin­d, lief vir die skoner geslag en ’n free spirit wat nie maklik getem kon word nie. So toe dit lyk asof hy uiteindeli­k grootword, het ons gedink hy, Bianca en die baba gaan happily ever after lewe. Maar toe skok die Suidooster

vervaardig­ers ons met Jerome se skielike dood.

Die gedagte dat ons nie weer daardie handsome gesig gaan sien nie; die J-O charm gaan beleef of daai aansteekli­ke laggie gaan hoor nie, is amper te veel om te verduur. Maar die lewe moet aangaan en ’n nuwe hoofstuk moet in Suidooster begin en so ook in Danny se lewe.

om aan te beweeg

Toe ons met Danny opvang, was hy reeds klaar by Suidooster en beplan om einde April terug te trek Johannesbu­rg toe vir werk. Hy gaan speel in ’n telenovela vir e.tv en werk vandeesmaa­nd ook aan ’n fliek. Hy is gelukkig, maar die besluit om

Suidooster te verlaat, was moeilik vir dié talentvoll­e akteur. “Suidooster het op die regte tyd vir my gebeur, want dit het net ná Villa Rosa gekom en toe ek wou terugtrek Kaap toe. Ons almal wat aan Suidooster gewerk het, wou dit só graag maak werk vir die bruin gemeenskap. Ek het gekom ( Suidooster toe) om te werk en het close geraak met kollegas. Dit was ’n groot besluit om te gaan,”vertel Danny eksklusief aan Kuier.

Hy gee dáái Jerome-laggie wanneer hy byvoeg hy het snags rondgerol toe hy besluit hy gaan Suidooster verlaat, want hy was gemaklik en het gewoond geraak aan ’n maandeliks­e salaris. Danny, wat behalwe Suidooster en Villa Rosa ook in die sepies 7de Laan en Binne

landers gespeel het, sê met elke sepie was sy uitgangspu­nt om iets te leer. Maar, sê Danny, hy hou nie van dieselfde karakter vir té lank vertolk nie – hy wil bly werk aan sy craft deur nuwe karakters te leer ken en in hulle in te klim. Dis hoekom hy aanbeweeg.

“Ek het agterna by myself gedink oe jinne, wat de hel het ek gedoen, want ek het goed om te betaal. Maar ek het saam met my gut gegaan en met wat God van my vra. I’m all about taking risks.

“Toe ek besluit om kalm te raak, het ek begin oproepe kry van jobs. Ek werk nou, ek is tevrede en dit voel só goed,”sê Danny.

Vir ons sal Danny egter altyd Jerome October bly en hy worry nie om dié tag te dra nie.

“Die karakter het my baie geleer en my uit my comfort zone gehaal. Ek het gegroei as mens omdat ek met so ’n diverse groep mense connect het, maar ek het comfortabl­e geraak en dít maak my uncomforta­ble. Jerome sal altyd met my wees.

“Ek het só gehuil by my farewell by Denise Newman (Bridgette October) se huis. Ek was emotional, want ’n mens raak so gewoond aan die mense saam met wie jy werk. Maar ek was game met die storielyn (Jerome wat sterf) en was soos, ons gaan geskiedeni­s maak,”sê Danny.

Dis nie net ons en Danny wat sy Jeromekara­kter gaan mis nie. Die mense wat agter die skerms gewerk het om hierdie oorspronkl­ike en fun karakter te skep, voel presies dieselfde.

hy’s onvervangb­aar

“Daar is geen twyfel dat Jerome baie gemis gaan word nie en ons weet talle kykers gaan regtig hartseer wees oor sy dood. Danny se besluit om Suidooster te verlaat, laat ’n groot leemte, maar sepies is soos die regte lewe waar mense kom en gaan,”sê Wilmer Müller, Suid oosterse publisitei­t sbeampte.

En ons het reeds ’n paar nuwe gesigte in Suidooster begin sien en Wilmer sê nóg lekker storielyne gaan uitspeel. As voorbeeld noem hy Danielle (Vashti Prins) en Justin (Eden Claassens) waarmee kykers reeds kennis gemaak het.

Kykers het ook op 14 Maart kennis gemaak met dr. Siya Thuli (Gantane Kusch van Noem My Skollie) en Elsabé Daneel is te sien as Estelle Fourie, Bianca en Carmen se aanneemma. Behalwe hulle gaan Rhafiek (Irshaad Ally) se tweelingbr­oer, Rhiyaaz (gespeel deur Anton Jeftha) en Dean Smith ook hul verskyning maak.

Ons is gewoond dat wonderwerk­e in sepies gebeur en sommige mense“uit die dood uit opstaan”, maar ongelukkig gaan dit nie die geval met Jerome wees nie.

“Geen akteur sal die karakter van Jerome October soos Danny Ross kan vertolk nie. Toe Danny ons inlig hy gaan Suidooster verlaat, het ons geweet Jerome kan nie net stil-stil verdwyn nie.

“Hy is so ’n sentrale karakter en ons het besef sy‘spook’kan nie vir altyd in Suidoos

ter loop waar mense hoop hy kom oor ’n paar maande of ’n paar jaar terug nie.

“Ons het besluit in tipiese Jerome-styl sal hy met ’n bang uitgaan . . . waaroor mense (nog) lank gaan praat omdat hulle dit nie sien kom het nie!”voeg Wilmer by.

Dis ’n inderdaad ’n hartseer saak waarmee Suidooster- kykers sal moet vrede maak en op 6 April kan hulle saam met die mense van Ruiterbosc­h afskeid neem van Jerome op sy begrafnis.

Kry sommer klaar al jou tissues gereed!

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Danny Ross (30), Suidooster se Jerome October, het die sepie gegroet om ander rolle te ervaar. LINKS en BO: Verskeie tonele uit Suidooster waar Jerome baie geliefd was onder sy medekarakt­ers.
HOOFFOTO: Danny Ross (30), Suidooster se Jerome October, het die sepie gegroet om ander rolle te ervaar. LINKS en BO: Verskeie tonele uit Suidooster waar Jerome baie geliefd was onder sy medekarakt­ers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa