Kuier

VERWERK DIE SEER VAN ONTROUHEID

Jou maat het jou verneuk en jy is ten gronde. Maar julle kán saam jul vertroue en verhouding herstel.

- DEUR ANDELINE WILLIAMS-PRETORIUS

As jy uitvind jou maat was ontrou, sit jy nie net met die seer, teleurstel­ling

en vertroue wat geskend is nie. Jy loop ook die gevaar dat jou selfbeeld groot skade kan ly.

Vir mense wat hulself in ’n verhouding bevind waar hul maat gereeld ontrou is, kan die moontlike skade aan hul selfbeeld baie erger wees. Jy wonder of jy die verhouding of huwelik moet beëindig en of jy moet bly om die probleem uit te sorteer.

Daar is ook gewoonlik selfverwyt­e wat jou laat wonder of jy dalk die een is wat jou maat na iemand anders toe gedryf het. Jy wonder ook of jy goed genoeg is of lyk. En selfs wanneer jy weet dat jy jou beste doen, wonder jy of daar nie nóg iets is wat jy móét of kán doen nie.

In verhouding­s is paartjies veronderst­el om te kommunikee­r – veral as die een voel hy/sy kry nie wat hul benodig of verdien nie. Só kan paartjies ’n eerlike gesprek voer sonder kwade gevoelens of verwyte.

Verwyte en harde woorde word gewoonlik deel van die prentjie wanneer paartjies ongelukkig is oor iets, maar liewer stilstuipe kry. Ontrouheid is nie ’n geldige verskoning vir goed wat verkeerd is in jou verhouding nie; so moenie jouself vir jou maat se ontrouheid blameer nie – veral nie wanneer daar nie met jou gekommunik­eer was oor moontlike veranderin­ge wat jy moet oorweeg nie. REDES OM TE BLY OF SKEI Daar is ’n hele paar redes hoekom sommige partye besluit om in hul verhouding te bly nadat hul maat hul verneuk het. Baie mense bly ter wille van die kinders; ander bly omdat hulle bang is vir alleen-wees.

Daar is ook finansiële redes waar die een party finansieel afhanklik is van hul maat wat hulle verneuk het. Die kerk en geloof speel ook ’n groot rol in sommige gevalle waar ’n man of vrou besluit om in hul verhouding te bly, ná hulle keer op keer verneuk was. Wat vriende en familie oor die verbrokkel­de verhouding gaan sê, is ook soms ’n rede hoekom baie mense besluit om in hul verhouding te bly; selfs wanneer daar nie eintlik meer ’n verhouding is nie as gevolg van al die seer.

Om te besluit om jou verhouding te beëindig, is nie ’n maklike een nie.

Onthou, daar ís iets soos vergifnis en dit is moontlik om aan jou verhouding te werk en dit te herstel en selfs ’n beter verhouding te bou. Maar ongeag of jy bly of skei, moet jy ook besin oor wat vir jou belangrik is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa