Kuier

MOENIE GEVOELENS OPKROP NIE

-

Werk eers deur jou kwade gevoelens voordat jy besluit om in die verhouding te bly of om dit te verbreek. Doen dit só:

Dit is moeilik om vertroue wat as gevolg van jou maat se ontrouheid geskend is, te herstel. Onthou, jy kan dit nie alleen doen nie. Jou maat is veronderst­el om jou hiermee te help deur ’n oop boek vir jou te wees en jou vrae te beantwoord.

Dit sal beslis help om ’n huweliksbe­rader te gaan sien vir raad oor hoe om die pyn te verwerk en hoe om saam of apart aan te beweeg.

Om te praat oor hoe jy voel, is baie belangrik. Indien jy en jou maat se verhouding só verbrokkel het dat julle nie juis met mekaar ’n ordentlike gesprek kan hê nie, kan jy die pen opneem. Dit kan baie terapeutie­s wees om oor jou gevoelens te skryf.

Terwyl jy egter in pyn is, hou in gedagte dat jy een of ander tyd sal moet genees – vir jouself, jou kinders en jou verhouding; indien jy besluit om te bly.

Indien jy bly, maak seker jy doen dit omdat jy regtig wil. Dit beteken dat jy en jou maat dinge uitpraat en jy gedagtes van weerwraak opsy skuif.

As jy bly ter wille van jul kinders, moet jy die regte optrede handhaaf. Dit is nie goed vir kinders om aan hul ouers se harde woorde aan mekaar blootgeste­l te word nie. Dus moet jy daaraan werk om te verseker dat jul situasie tuis so gesond en gebalansee­rd as moontlik is.

Indien jy bly as gevolg van geloof of die kerk, kry die nodige leiding. Jou Skepper wil tog ook hê dat jy gelukkig moet wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa