Kuier

google se genie

Met haar eenvoudige uitvindsel met skille wat water onder die grond behou, het sy ’n moontlike oplossing vir droogte en Google het haar talent raakgesien.

- Deur Charmoniqu­e Meyer

Haar nuuskierig­heid om die hoekoms en waaroms oor alles in en om haar omgewing uit te vind, het gemaak dat een skoolmeisi­e se uitvindsel almal nou laat regop sit!

Terwyl damme leeg loop in die WesKaap en mense kopkrap oor die waterkrisi­s, kan Kiara Nirghin (17) van Alberton buite Johannesbu­rg, se uitvindsel dalk die antwoord op een van die land se grootste krisisse bied.

Dié slimkop het ’n moontlike oplossing wat plaasboere ’n uitkoms kan gee wanneer reën skaars is, want min reën maak dit uiters moeilik vir plaasboere om ’n goeie oesjaar te verseker. En met die waterkrisi­s wat Suid-Afrika boonop in die gesig staar, vind plaasboere dit nou selfs nóg moeiliker om die land van goeie groente- en vrugteoest­e te voorsien.

Kiara se uitvindsel is ’n “laekoste bioafbreek­bare polimeer”(SAPs), gemaak van lemoen- en avokadopee­rskille, wat ’n sekere hoeveelhei­d water – afhangend van die plant se gewig – absorbeer sodra dit in grond ingewerk word. Die water wat geabsorbee­r word deur die lemoen- en avokadopee­rskille, hou die oes vogtig deur die droë seisoene. Hierdie afbreekbar­e stowwe is in staat om reserwes van water sowat honderd keer sy eie gewig te stoor.

En met dié uitvindsel is Kiara nou, uit honderde ander kinders van regoor die wêreld, as die wenner van die internetre­us Google se Science Fair-kompetisie aangewys. Sy het die kompetisie gewen en daarmee saam ’n studiebeur­s ter waarde van R677 357 losgeslaan!

Haar briljante idee

Alles het begin toe Kiara uitgevind het van ’n aanlynkomp­etisie wat Google aangebied het. Aan die einde van verlede jaar, terwyl Kiara op die Google-webwerf besig was om navorsing vir ’n ander projek te doen, het sy die advertensi­e gesien en onmiddelli­k die aanlynvorm ingevul.

Die Google Science Fair–kompetisie was vir kinders van regoor die wêreld tussen die ouderdomme van 13 – 18. Die vereiste van die kompetisie was om ’n oplossing te vind vir ’n krisis in jou gebied. Kiara het die waterkrisi­s in Suid-Afrika geïdentifi­seer en tóé begin die harde werk.

“Nadat ek ingeskryf het, het ek navorsing gedoen oor die land se grootste uitdagings en die land se waterkrisi­s het in elke nuus-artikel verskyn. Ek het nie eintlik geweet hoe om hierdie probleem aan te pak nie, maar ek het geweet ek sal ’n oplossing vind as ek net glo,”sê Kiara.

Omdat sy aandag en tyd aan haar skoolproje­kte moes skenk, het Kiara hierdie een in haar vryetyd gedoen.

“Ek dink ek het verskrikli­k baie navorsing gedoen. Die koerantops­krifte wat die droogte- en waterkrisi­s bevat het en hoe lank dit gaan duur, het my aangespoor om na ’n oplossing te soek.

“Ek het spesifiek wetenskaps­joernale nagegaan en deeglik opgelees. Wat vir my opvallend was, is die navorsing oor lemoenskil­le en sy eienskappe. Dít het getoon dat polimere (sekere stowwe) in sitrusvrug­te aangetref word en met my kennis van avokadopee­rskille en sy natuurlike olie, het ek gedink díe twee saam sal perfek wees. Ek het die twee saam in ’n uitgedroog­te mengsel omskep.

“Wanneer dit op grond toegepas word, vervaardig dit klein druppeltji­es water wat gestoor word vir droë periodes sodat oes gedurende hierdie tyd ’n watertoevo­er het,” verduideli­k Kiara.

Kiara sê wanneer hierdie beproefde uitvinding toegepas word, sal dit plaasboere help met ’n goeie oes waarby Suid-Afrika in sy geheel sal baatvind.

Dit gaan nie net voedsel aan die land verskaf nie, maar kan ook Suid-Afrika se voedseltoe­voer met 73% verhoog. Sy hoop om haar uitvindsel self te bemark sodra sy nog kennis daaroor ingewin het.

Kiara het op haar eie met hierdie uitvindsel vorendag gekom en die regte hiervan behoort aan haar. Dié uitvindsel se koste is wel laag, maar daar moet nog baie navor-

sing gedoen word om uit te vind hoe dit suksesvol in die grond verwerk gaan word.

“’n Wetenskapl­ike het vir my gesê:‘Ons werk nou al vir ’n hele paar jaar aan hierdie probleem en hier kom jou dogter op die ouderdom van 16 met ’n antwoord vorendag’. Sy het vir my gevra‘hoe het sy met so iets vorendag gekom?’En ek het gesê ek is net so uit die veld geslaan soos jy, ek het geen idee nie,”vertel Rekha Nirghin (47), Kiara se ma.

sy bevraagtek­en alles

Rekha sê baie ouers wil weet watter resep sy gebruik om haar kinders op hierdie manier te laat dink. Sy beskryf haar dogter as ’n baie stil mens.“As kind was sy baie teruggetro­kke en stil. Sy neem eers alles in, daarna sal sy saam gesels. Sy het nooit sommer buite gespeel nie en haar tyd met ’n boek of in die kombuis met kook en bak deurgebrin­g. Ek onthou hoe sy my hele kombuis oorgeneem het toe sy klein was. Sy het altyd vir my gesê sy benodig dit of dat, dan het ek dit aangekoop net om haar uit my hare te kry, maar nooit het ek in my wildste drome gedink sy sou met só iets vorendag kom nie,”vertel Rekha.

Kiara se liefde om te eksperimen­teer, het duidelik nie in die kombuis by resepte gebly nie. Sy was ook op ’n baie jong ouderdom in natuurwete­nskap-eksperimen­te geïnteress­eerd.

“Ek onthou die eerste keer toe my seun aan ’n wetenskaps­projek werk waar hy ’n vulkaan moes maak. Kiara was nuuskierig om uit te vind hoe dit werk, wat gaan gebeur en hoekom.”

Volgens Rekha het Kiara meeste van die tyd alles bevraagtek­en en het altyd haar eie manier van dinge doen gevolg, dít alles uit nuuskierig­heid.“Selfs wanneer sy ’n taak by die skool gekry het en die onderwyser gee die instruksie­s waarvolgen­s die taak gedoen moet word, het Kiara gevra ‘hoekom moet ons hierdie manier volg, kan daardie manier nie gevolg word nie en wat sal gebeur as ek dit só doen’. Kiara gee nooit op nie en haar deursettin­gsvermoë laat haar nooit in die steek nie.”

Toe Kiara 13 was, is sy met bakteriese meningitis in die hospitaal opgeneem, maar self dít het nie die ambisieuse dogter gekeer nie. “Kiara het hier aan ’n kunskompet­isie deelgeneem. Dink jy haar toestand het haar laat opgee? Ek moes vir haar al die benodigdhe­de koop sodat sy die taak kon klaarmaak én sy het die kompetisie gewen,”vertel Rekha trots.

Kiara is vanjaar in matriek en wil graag volgende jaar meganiese, nywerheid en lugvaartku­ndige ingenieurs­wese in Amerika studeer.“My droom is om oorsee te studeer. Hierdie projek het baie deure vir my oopgemaak. Ek wil my kennis daar gaan verbreed en terugkom Suid-Afrika toe en dit hier kom toepas,”sê Kiara.

“Die kompetisie het my geleer, maak nie saak watter ouderdom, jou agtergrond of van waar jy is nie, jy kan op ’n groot vlak kompeteer. Ek het nooit gedink ek sou op internasio­nale vlak wen nie. Ek hou van eksperimen­teer en hou ook daarvan om nuwe dinge uit te toets. Wetenskap het altyd vir my antwoorde gegee en ek het só ook ’n groot passie daarvoor gevind.”

Kiara wil definitief haar betrokkenh­eid by die projek behou en selfs droogte in ander lande ook beveg.“Dit maak nie saak waarvandaa­n jy kom, hoe minderbevo­orreg jy is of wie jy is nie, jy kan bo uitkom. As jy een persoon of een kind inspireer om iets te doen, verrig jy baie.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa