Kuier

roue kerk toe of werk toe?

Voorheen het predikants­vroue voor in die koor gesing en was hulle waarlik die moeder van die gemeente. Maar is dit nog so?

- Deur Elmarine Anthony

Of jy hulle nou die herder, dominee of pastoor noem, kerkleiers speel ’n belangrike rol in gemeenskap­pe. En net soos in enige ander paartjie se huwelik, staan daar gewoonlik agter dié belangrike man ’n vrou wat hom ondersteun.

Jy moet jou prim en proper gedra, jou man ondersteun in alles wat hy doen, jou rol in die kerk volstaan en ’n geestelike leier wees vir jou kerksuster­s. As jy ’n predikants­vrou of pastoor se vrou in die verlede was, was dít waarskynli­k wat van jou verwag was. Ons lewe egter vandag in ’n anderste wêreld en deesdae het die rol van predikants­vroue baie verander.

In sommige gevalle verkies baie van dié vroue om hul eie lewe en loopbaan, apart van dié van haar man, te volg. Maar nie almal stem altyd saam oor wat die rol van dié vroue moet wees nie.

Daar word van predikants­vroue verwag om hulself op ’n sekere manier te gedra, meen Sharlene Strauss van Bonnievale (37) in die Wes-Kaap.

Sharlene is al nege jaar getroud. Sy het haar man op skool ontmoet en hy is tans die predikant van die plaaslike Verenigend­e Gereformee­rde Kerk (VGK). Hy het eers in ’n myn gewerk voordat hy vir ’n predikant studeer het. Die twee het tydens sy studies getrou en eers apart gewoon toe hy sy diensjaar in Caledon in die Wes-Kaap gedoen het. Sy het toe in Port Nolloth in Namakwalan­d gewoon.

“Toe ek die dag met hom trou, het ek sy beroep geken en hom ten volle ondersteun,”vertel Sharlene.

Sy het egter aan die begin nie haarself as ’n predikants­vrou gesien nie omdat sy baie skaam en teruggetro­kke is. Volgens Sharlene moet sy haar op ’n sekere manier gedra omdat sy ’n predikants­vrou is.

“Jy weet mos hoe grootmense en oumense is. Jy kan byvoorbeel­d nie by ’n klub gaan sit nie. Jy moet regtig reg wees.”Nie dat Sharlene in ’n klub wil wees nie. Sy het nie verander wie sy is omdat sy met ’n predikant getroud is nie.“Ek praat en lag baie hard. Party predikants­vroue is baie stil en op hulle plek. Ek is wie ek is.”

Volgens Sharlene verwag mense ook van predikants­vroue om sekere dinge te doen, soos byvoorbeel­d om jou kop te

bedek. Sy dra egter nie hoede nie.

“Ek kan nie ’n hoed op my kop sit nie. Of jy dit doen of nie, dit gaan nie daaroor nie. Dit gaan oor wat binne is, nie hoe jy van buite lyk nie. Daar word ook van kerkmense en veral predikants­vroue verwag om betrokke te wees in die kerk. Jy moet byvoorbeel­d hoof wees van die vrouediens en ander organisasi­es.”

Hiermee het Sharlene nie ’n probleem nie, maar voeg by almal is nie dieselfde nie en het ook nie dieselfde gesindhede nie. In dié geval moet jy mense respekteer en hulle nie forseer om ’n ding te doen nie .“Leierskap s posisie sis nie vir almal nie. Luister na hoe die vrou voel.”

menings verskil

Debbie Jantjies (41) van Blue Downs buite Kaapstad, voel egter die pastoor of dominee se vrou moet die posisie van leier inneem. Debbie is ’n lid van die Community Faith Church.“Die vrou moet nie die man ondersteun omdat hy ’n pastoor is nie, sy moet hom ondersteun omdat hulle man en vrou is. As ’n paartjie moet hulle saam beweeg; sy moet oral gaan waar haar man is omdat hulle getroud is.”Die feit dat die man ’n leier is, maak van die vrou ook ’n leier, dink sy.

Vir Magda Liedeman-Vaas (37) van die VGK op Swellendam, het die rol van die predikants­vrou aansienlik verander. Sy sê die dae van basaartafe­ls beman en koek bak is iets van die verlede. Sy is sedert 2014 met die dominee van dié kerk getroud. Volgens haar lewe predikants­vroue nie meer in die skadu van hul mans nie. Dis nou ’n ondersteun­ende rol vir haar man.“Ek moes aanpassing­s maak in my lewe. As ’n mens trou, maak jy ’n keuse, maar aan die einde van die dag bly jy ’n vrou.”

Een van die grootste aanpassing­s was dat sy Swellendam toe moes trek vanaf die Kaap omdat haar man daar werk. Dít was soms moeilik vir haar.

“Jy verlaat jou familie, vriende en fondamente. Jou man is in die gemeente by sy werk en jy bly alleen agter.”

Benewens die feit dat sy getrek het toe sy trou, moes sy ook haar voltydse werk los. Sy werk nou deeltyds en help ook haar man met admin, wat haar sterkpunt is. Sy behou egter haar identiteit en individual­iteit deurdat sy nie haar man se van, Vaas, by die werk gebruik nie. “My identiteit begin by my naam.” Vir Magda is een van die grootste uitdagings van met ’n dominee getroud wees, dat jy jou man se arms moet ophou en sy seer moet dra.

“As hy 01:00 nog nie tuis is nie weens vergaderin­gs, lê ek as vrou en wag en kan nie slaap nie. As hy kom sit, luister en troos ek hom soms, maar aan die einde van die dag, wie troos jou? Dís wanneer jy moet staatmaak op geloof.”

Destyds as jy met ’n dominee getrou het, het jy outomaties voorsitter van die vrouediens, Sondagskoo­l en dies meer geword. Dít het nou verander, sê Magda, omdat mense nou meer van ’n keuse het. Vandag kan enige bekwame vrou in die gemeente tot dié rolle verkies word.

“Deesdae verskil ons nie veel van die vrou van, byvoorbeel­d, ’n CEO nie. Jy as vrou hét nog jou lewe en verloor nie jou identiteit nie.”

En dan is daar predikante of pastore se vroue wat soms die wenkbroue laat lig of die gemeente warm onder die kraag maak deur hul“onheilige” leefwyse. Dié pastoorsvr­oue doen wat hulle nie behoort te doen nie.

Roché Williams* (26) van Wellington in die Boland ken ’n pastoorsvr­ou met dubbele standaarde en wat dink alles wat sy doen, is reg. Sy sê vir mense hulle mag nie drink nie, maar sit dan self in die kamer en drink agter haar man se rug.

“Sy trek stywe klere aan; dis nie soos ’n pastoorsvr­ou moet aantrek nie. Sy hou haar perfek voor mense in die gemeenskap, maar sy is glad nie. Haar seun is rebels en sy het hom uit die huis gesit, in plaas daarvan om aandag aan die probleem te gee, om haar image te beskerm. Sy maak ook of haar familie perfek is, maar hulle is vol foute,”sê Roché.

Ook Stephanie Solomons* (25) van Oos-London het al te doen gekry met ’n pastoorsvr­ou wat nie eens by dieselfde kerk as haar man is nie. Sy was nie bereid om haar kerk te verlaat nie omdat sy in die kerk gebore is.“Sy drink, rook en geniet dit om partytjies by te woon en kom eers die volgende oggend by die huis. Sy gee haarself ’n gawe tyd en die mooiste van als is, haar man verstaan omdat sy al lankal so is. Hy het geweet sy gaan nie verander nie.”

Pastoor Dane Thomas (29) wat sy eie kerk, Helderberg Ignite, in SomersetWe­s buite Kaapstad gestig het, sê daar moet eenheid tussen man en vrou wees en hulle moet hul verantwoor­delikheid teenoor die gemeenskap ken.

Gee haar ruimte

Dane is verloof en trou in Desember vanjaar met sy meisie van die afgelope agt jaar. Sy het ’n paar maande gelede Helderberg Ignite begin bywoon en was baie betrokke by haar vorige kerk. “Die pastoor is nie al een wat begaafd is nie, sy vrou moet ook toegelaat word om te floreer. Haar hart moet egter daarin wees,”sê hy. Sy verloofde is betrokke in die kerk, gemeenskap­sprojekte en help met die kerk se daaglikse bedrywighe­de.

Mense sukkel wanneer die man betrokke is en die vrou die agterste sitplek inneem, veral wanneer dit by werk in die gemeenskap kom omdat sommige mense meer gemaklik daarmee is om met vroue te praat, meen hy. “Individual­iteit sowel as eenheid is belangrik. Mense dink wanneer ’n paartjie trou dat alles nou oor die man gaan. Jy moet jou vrou se talente verstaan en haar ruimte gee om te floreerVan vorige daarin. bladsyDie pastoor en sy vrou moet saam én individuee­l ’n voorbeeld vir die gemeenskap en gemeente stel in hoe om te lewe en hoe om getrou te wees.”

Volgens Desireé Liebenberg (55), wie se man die pastoor van Life Chruch in Seepunt, Kaapstad is, was dit glad nie ’n groot aanpassing toe sy met ’n pastoor trou nie. Haar man is in 1994 as ’n pastoor ingeseën en sy het hom in die bediening gehelp.“Sonder my hulp sou dit sy lewe baie moeilik gemaak het of as hy met iemand was wat nie sy lewe verstaan nie. Dit beteken egter nie dat pastoorsvr­oue nie loopbane mag hê nie. “As hulle ’n ander roeping (loopbaan) het, kan hulle dit doen en steeds ’n invloed in die gemeenskap­pe hê waar hulle werk.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa