Kuier

LEWER OP MOSTERD-MASH MET SOET ERTJIES

Genoeg vir 4

-

BESTANDDEL­E

Vir die mashed potatoes

4 groot aartappels, in blokkies gesny ’n Knippie sout ½ koppie botter, gesmelt ½ koppie room ½ koppie volroommel­k 2 eetlepels volgraanmo­sterd

Vir die ertjies

2 koppies bevrore ertjies ½ koppie water 2 eetlepels botter 2 eetlepels suiker 2 kaneelstok­ke ’n Knippie sout

Vir die lewer

500 g bees- of lamslewer in stukke gesny ½ koppie koekmeel Sout en peper na smaak 2 eetlepels olyfolie 2 eetlepels gesoute botter

Samestelli­ng

3 groot uie, in ringetjies gesny 1 teelepel balsamiese asyn ’n Knippie elk sout en varsgemaal­de peper

METODE

Mashed potatoes: Plaas die aartappels in ’n pot met ’n knippie sout en genoeg kraanwater om die aartappels te bedek. Bring tot kookpunt, verlaag hitte en kook tot sag. Dreineer die water en druk die aartappels fyn met ’n aartappeld­rukker. Voeg die botter by en druk verder fyn. Roer die room en melk by en geur met mosterd en nog sout indien nodig. Hou eenkant.

Ertjies: Sit die ertjies, water, botter, suiker, kaneelstok­ke en sout saam in ’n pot. Kook vir 5 minute op hoë hitte totdat die suiker ’n lekker stropie vorm en die ertjies deurwarm is. Hou eenkant.

Lewer: Geur die lewer met sout en peper en rol in die koekmeel. Verhit die olie en botter in ’n vlak braaipan en braai die lewer daarin tot gaar en bruin. Skep die lewer uit in ’n opdienbak en hou warm.

Samestelli­ng: In dieselfde pan, braai die uie tot sag. Verhoog die hitte en voeg die balsamiese asyn by en geur met sout en peper. Bedien die lewer en uie bo-op die aartappels saam met die uie en ertjies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa