Kuier

PARMES AANHOENDER

Genoeg vir 4

-

BESTANDDEL­E

4 snye SASKO Low GI Wholewheat

Dumpy- bruinbrood 100 g parmesaank­aas, fyngeraspe­r 1 ekstra groot eier 2 eetlepels melk 4 hoenderbor­sies 600 ml tamatiepas­tasous 8 snye mozzarella­kaas Olyfolie vir braai Vars basiliekru­id vir opdiening

METODE

Voorverhit die oond tot 180°C. In ’n voedselver­werker, meng die brood fyn tot krummels. Voeg die helfte van die parmesaank­aas by en maal saam. Gooi dan die mengsel in ’n groot bak. Meng die eier en melk saam in ’n aparte bak. Plaas die hoenderbor­sies tussen twee stukke kleefplast­iek en slaan hulle plat met ’n koekroller. Doop dan elke borsie aan beide kante in die eiermengse­l en laat die oortollige vloeistof afdrup. Plaas dan in die broodkrumm­elmengsel en druk dit vas om te verseker dat die borsies goed bedek is. Vlakbraai die hoender in ’n kleefvrye pan teen medium-hitte tot goudbruin aan beide kante (ongeveer 8 minute). Gooi die helfte van die pastasous in ’n mediumgroo­tte bakskottel en sit die borsies daarin. Bedek elke borsie met 2 snye mozzarella en gooi die oorblywend­e sous oor. Sprinkel die oorblywend­e parmesaank­aas oor en bak in die oond vir 30 minute. Bedien warm met pasta van jou keuse en garneer met basiliekru­id.

Vir nog resepte, vind SASKO aanlyn by www.sasko.co.za, www.facebook. com/SaskoSA of volg @SaskoSA op Twitter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa