Kuier

HOENDER-STIRFRY

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E Vir die hoender

2 hoenderbor­sies, in repies gesny 1 eetlepel maizena 1 eetlepel vars gemmer, gerasper 2 eetlepels bruinsuike­r 1 eetlepel suurlemoen­sap 1 knoffelhui­sie, gerasper ½ koppie sojasous ½ teelepels rissievlok­kies

Vir die stirfry

2 eetlepels sonneblomo­lie 1 koppie wortels, in dun repies gesny 1 koppie rooi soetrissie­s, in repies gesny 1 koppie rooikool, in dun repies gesny 1 koppie knopiesamp­ioene, gehalveer 1 ui, in dun ringetjies gesny 2 koppies vars of jongspinas­ie, gekap

Samestelli­ng ’n Handvol vars dhanya 2 eetlepels sojasous 1 eetlepel heuning 2 koppies gaar eiernoedel­s METODE

Hoender: Plaas die hoender, maizena, gemmer, bruinsuike­r, suurlemoen­sap, knoffel, sojasous en rissievlok­kies saam in ’n bak en meng goed. Bedek en laat rus vir 20 – 30 minute. Stirfry: Verhit ’n wok of groot plat pan op hoë hitte. Voeg die olie by die pan en voeg dadelik al die voorbereid­e groente by. Roerbraai oor hoë hitte tot gaar, maar steeds krakerig. Skep die groente uit en hou eenkant. In dieselfde pan, braai die hoender ook oor hoë hitte tot goudbruin en gaar. Samestelli­ng: Voeg die groente terug in die pan. Roer die noedels, heuning, soya en dhanya by en braai vir nog ’n minuut. Sprinkel met sesaamsade (opsioneel) en bedien.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa