Kuier

Hallo my Kuier- mense,

-

Wat ’n wonderlike leerskool is die lewe nie! En hierdie uitgawe het dit wragtig bewys, want die stories wat ons vertel, het my aan die hart gegryp en opnuut van ’n hele paar dinge bewus gemaak. Dit het my laat besef hoe dankbaar ons moet wees vir so baie dinge, dat hoop en liefde werklik als oorkom en ook dat ’n mens nooit ophou leer nie, maak nie saak hoe oud jy is nie.

Só het dit byvoorbeel­d ’n tragedie gekos om vir Tanya Steenkamp te laat besef sy is op ’n pad van selfvernie­tiging (bl. 10). Dit was ’n duur les, maar sy het nie gaan lê of haarself bejammer nie. Sy het dit eerder omskep in ’n positiewe ervaring en nou kan sy die ma wees vir haar kinders wat sy eintlik wil wees.

En ek was verstom deur die slim 17jarige Kiara Nirghin wat die waternood in ons land gesien het en dit haar projek gemaak het wat dalk eendag die krisis gaan verlig (bl. 14). Julle móét dit lees! Dit het my laat dink aan watter ongeloofli­ke potensiaal daar in ons kinders steek – potensiaal wat maar net wag om ontgin te word. Daarom moet ons ons kinders motiveer en hul talente koester, want hulle is rêrigwaar die toekoms van ons land.

Geniet ook al die lekker resepte en herfsmodes, spesiaal vir die koeler weer.

Onthou, Kay is terug met die volgende uitgawe!

Kuier- groete,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa