Kuier

Wenke wat werk

Hier is raad vir ’n stink drom, lastige insekte, hoe om water te bespaar en wenke met teesakkies.

-

Moenie sokkies weggooi as die een maat verlore is nie. Knip die sokkie in breë stroke en gebruik as haarrekkie­s. CECILE PIENAAR, OUDTSHOORN As jy te min uie het vir potjiekos, gooi ’n kwart stukkie kool in jou pot. Dit gee ’n heerlike smaak. MICHELE ERASMUS, UITENHAGE Rek jou margarien: Sny 250 g harde margarien in blokkies en klop geleidelik 125 ml warm water daarin totdat dit geabsorbee­r is. Gooi dan in bakkies. POPPIE SCHOLTZ, DOUGLAS Wanneer jy slaai maak, moenie blaarslaai met ’n mes sny nie. Breek dit met die hand in stukkies. Dit voorkom dat blaarslaai bruin raak. ERISTENE SHENDY, KATHU As jy ’n waatlemoen of spanspek koop wat nie lekker soet is nie, strooi ’n bietjie diabeet- of versiersui­ker daaroor. CECILE PIENAAR, OUDTSHOORN In lig van die waterkrisi­s: Gooi ’n bietjie van die skoonmaakm­iddel van jou keuse in ’n spuitbotte­l en tap water daarby. Spuit dan dié mengsel op jou kar en vee sommer dadelik af met ’n ou handdoek. Jou kar sal blink, jy spaar geld om nie carwash toe te gaan nie en dis baie minder moeite sonder emmers en tuinslange vol water. PETRU WILLIAMS As jou pot kos gaar is, gooi dit oor in ’n Pyrexbak en spoel die pot uit. Tap die pot halfvol koue water en plaas terug op die warm plaat. Die water in die pot word vuurwarm terwyl die plaat afkoel en dan was jy jou skottelgoe­d met dié water. BOBBY OLIVIER, BRACKENFEL­L Week opgefromme­lde koerantpap­ier in asyn, plaas in kombuisdro­m voordat jy ’n swartsak daarin sit. Dit absorbeer reuke. JEANETTE DE BEER, VREDENDAL Om visreuke te verwyder, kook oorskiet-tee in die pan waarin jy die vis gebraai het. JOYCE DAMONS, EERSTERUST Vou ’n bladsy koerantpap­ier en plaas in die plastieksa­k onderin jou kombuis vuil lisdrom. Die koerant absorbeer alle klammighei­d ens o bly die drommetjie droog. ELIZE COETSER, HESTEAPARK Verf karton-eierhouert­jies in mooi kleure en gebruik dit vir kinderpart­ytjies. Gee vir elke kind sy houertjie met verskillen­de lekkernye in. MARIETJIE SMIT, GRIEKWASTA­D Gebruik die sponsies wat in sommige pillehouer­s is en haak jou oorbelle daarin om dit bymekaar te hou. MARIE HUGO, WITBANK As jy vinnige vetkoek wil bak, maar nie eiers het nie, sif 1 eetlepel vlapoeier vir elke eier saam by die meel. Voeg dan 1 eetlepel water by vir elke eetlepel vlapoeier wat jy gebruik het. ANS STEYN, MODIMOLLE

Gebruik ’n aartappels­killer om netjiese snytjies kaas te “skil”. JEANIE TOWNES, BERGVLIET Gebruik nuwe, deurskynen­de stortkappi­es om slaaibakke mee te bedek. Dit pas perfek, is nie duur nie en kan lank gebruik word. BETS BOTHA, VAALPARK

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa