Kuier

sê dankie Vir ma

-

Ma’s verdien net die beste. Hulle is jou alles en jy weet nie waar jy vandag sonder haar sou wees nie. En omdat hulle so ongeloofli­k spesiaal is, wil McCain weereens die waarde van ma’s vier deur kinders regoor Suid-Afrika aan te moedig om dankie te sê vir hul ma’s.

McCain het onlangs drie skole saam met hul nuwe ambassadeu­r, Jessi Thompson, besoek om te sien hoe kinders oor hul ma’s voel en waarvoor hulle hul ma’s wou bedank.

McCain en Jessi het die graad 8-klasse by Forte Sekondêre Skool in Soweto, Bryanston Hoërskool in Bryanston en Zonnebloem Nest Sekondêre Skool in Kaapstad besoek. By elk van dié skole het Jessi, wat in die nuwe McCain-advertensi­e op TV verskyn, gesê hoe McCain haar gehelp het om haar superheld, haar ma, Nadine Thompson, te verras.

Jessi het as deel van ’n McCain-kompetisie ’n kort boodskap aan haar ma geskryf en McCain het haar gehelp om haar ma met aandete te verras. Nadine was verskrikli­k dankbaar aan Jessi en McCain.“Ek kan nie méér trots op my kind wees nie,”het Nadine gesê.

Jessi het gehoop dié gebaar sal ook ander kinders aanspoor om iets spesiaals vir hul ma’s te doen.

“Ek weet daar is baie kinders daar buite wat lief is vir hul ma’s soos ek my ma lief het. Ons moet ons ma’s bedank vir die klein dingetjies wat hulle doen wat alles vir ons beteken,”sê Jessi.

Dít is hoekom sy en McCain die skole besoek het – om haar verhaal met die graad 8’s te deel. Sy het toe die leerders gevra om hul stories oor hul ma’s in die vorm van ’n opstel te deel. Sommige kinders het vertel wat hul ma’s moes opoffer om te sorg dat hulle nuwe skoolunifo­rms kon kry, ’n kamp kon bywoon of by die sokkerspan kon aansluit met ’n nuwe paar sokker-boots.

“Ma’s is die ruggraat van die familie. Hulle is altyd daar vir jou en sal sonder iets gaan sodat jy kan kry wat jy benodig. Dié sentiment was duidelik in die opstelle te sien en ook deur te luister na hoe die kinders oor hul ma’s praat. In hulle oë is hul ma’s regtig superhelde. Daarom is McCain so passievol om dankie te sê vir dié ongeloofli­ke vroue,”sê Deolinda da Costa, bemarkings­bestuurder van McCain Suid-Afrika.

Van al die pragtige stories wat gedeel is, het vyf uitgestaan en McCain het besluit om iets spesiaals met dié stories te doen. Die kinders wat dié stories geskryf het, sal hul ma’s kan bedank met ’n spesiale verrassing waarmee McCain hulle gaan help.

“Ons is ongeloofli­k opgewonde en gelukkig dat ons in staat is om iets spesiaal vir dié ma’s te kan doen. Nadat ons gelees het hoe baie ma’s vir hul kinders doen, die uitdagings wat hulle in die gesig staar en hoe baie liefde hulle in hul families sit, het ons geweet ons moet die kinders help om vir hulle dankie te sê.

“Ons kan nie wag om te sien hoe die verrassing­s ontvou nie en is baie opgewonde dat ons die ma’s op só ’n manier kan bedank,”sê Deolinda.

Kyk uit vir meer inligting oor die McCain-skoolproje­kte, die vyf gekose stories en verrassing­s op McCain se sosiale media-platforms by www.facebook. com/McCainSout­hAfrica, @McCain_SA op Instagram en www.mccainjoys.co.za.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa