Kuier

gloei soos

Wynrooi is dié seisoen letterlik en figuurlik op almal se lippe. Komplement­eer dit met ’n sjokoladek­leur smokey eye en wees verseker dat jy ’n paar koppe gaan laat draai.

- DEUR ANNETTE DE WET

STAP 1: Voeg ’n primer aan as basis en wend jou onderlaag aan soos gewoonlik. STAP 2: Kies nou jou basis-oogskadu en wend van die binnekant van jou ooglid na buite aan. Ons het ’n perske-kleur gebruik. STAP 3: Gebruik ’n warm sjokolade-kleur (CATRICE Cosmetics Absolute Eye Colour

in 930 Hakuna MATTata) en wend aan die buitelyne van jou oogbank. Blend dit in.

STAP 4: Herhaal die tegniek met ’n donkerbrui­n oogskadu. Maak seker die kleure is goed ingeblend. WENK: Los die vingers en belê in ’n blending brush. Dit laat jou grimering langer hou en gee ’n mooi afgeronde, gladde voorkoms.

STAP 5: Plaas ’n klein bietjie shimmer op die binnekant van jou ooglid. Wees versigtig vir te veel – dit wys elke fyn lyntjie omdat dit as ’n highlighte­r dien.

STAP 6: Gebruik liquid-oogomlyner slegs op die boonste ooglede vir definisie. Moenie oogomlyner aan die onderkant gebruik nie, want dit veroorsaak dat jou grimering‘smudged’lyk soos die dag verloop. Gebruik eerder die donker oogskadu.

STAP 7: Wend jou maskara aan. Twee lae werk perfek vir ekstra definisie. Wend die maskara aan jou boonste sowel as die onderste wimpers aan.

STAP 1: Gebruik lipomlyner (CATRICE Cosmetics Longlastin­g Lip Pencil in All-Time

Mauvie Star 180) oor jou hele mond, nie net die buitelyne nie. Dit werk fantasties sodat jy steeds jou koffie kan geniet sonder dat jou lipstiffie verdof. Dis ook ’n topwenk om te keer dat jou lipstiffie bloei.

STAP 2: Wend jou lipstiffie (CATRICE Cosmetics Ultimate Colour in Berry Bradshaw 340) aan en maak die rande skoon met concealer vir die perfekte pout.

STAP 3: Om daardie ongewenste lipstiffie­merke op jou tande te voorkom, sit jou wysvinger tussen jou twee lippe, suig vir ’n rukkie en voila!

 ??  ??
 ??  ?? Ultimate Colour in Berry Bradshaw 340, R79,95. Longlastin­g Lip Pencil in AllTime Mauvie Star 180, R39,95. Absolute Eye Colour in 930 Hakuna MATTata, R54,95. CATRICE Cosmetics-produkte is beskikbaar by Dis-Chem en www.takealot.com.
Ultimate Colour in Berry Bradshaw 340, R79,95. Longlastin­g Lip Pencil in AllTime Mauvie Star 180, R39,95. Absolute Eye Colour in 930 Hakuna MATTata, R54,95. CATRICE Cosmetics-produkte is beskikbaar by Dis-Chem en www.takealot.com.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa