Kuier

Vra Dr. Genine Soek jy raad oor ’n mediese probleem?

-

Vraag SUKKEL MET SOOIBRAND

Hi dokter. Ek suffer vreeslik met sooibrand. Wat kan ek doen? Help asseblief, Dankie. SOEK VERLIGTING •

Dokter, ek soek raad om die suur in my liggaam te verminder, asseblief. SIEK VAN DIE SUUR •

Dokter, ek kry baie sooibrand, al eet ek nie sterk kos nie. Dit lyk of die suur sommer net kom en dan voel ek naar ook. MOEGVAN LY

Antwoord BESTE LESERS

Baie mense beskryf sooibrand (heartburn) as ’n brandende en ongemaklik­e gevoel in jou keel of net onder jou borsbeen. Ander ervaar dit as ’n pynlike of branderige gevoel in die boonste deel van die buik of bors of as ’n suur of branderige smaak in die keel en dan moet hulle dadelik regop sit.

’n Klein groepie mense vind dit moeilik om asem te haal en begin hees klink omdat die maagsure die stembande en lugweë kan irriteer. Gereelde opbring van winde is ook algemeen.

Die lae slukderm het ’n sfinkter (gespierde ring naby die einde van die slukderm naby die diafragma) wat verhoed dat die maag se inhoud opwaarts vloei omdat dit soos ’n eenrigting klep werk. Sooibrand gebeur wanneer die lae sfinkter té ontspanne of los is en dan die maag se suurinhoud toelaat om op te stoot in die slukderm. Dié terugvloei (reflux) is meer algemeen wanneer die maag baie maagsuur of kos bevat en wanneer daar ’n toename in druk in of op die maag is. As dit gereeld gebeur, sal die suur die weefsel van die slukderm beskadig. OORSAKE: • Drankies soos sjokolade, peppermint, koffie, vrugtesapp­e en alkohol. • Vetterige kossoorte vergroot die kanse van sooibrand omdat die vet-inhoud die voedsel langer in die maag laat bly. • Wanneer jy oorgewig is, verhoog die vet in die abdomen die drukking daar binne wat kan veroorsaak dat die voedsel-inhoud in die maag in die slukderm opbeweeg. • Swangerska­p: Die slukderm se sfinkter ontspan weens hormoonver­anderings en die vergrote baarmoeder vermeerder die druk op die buik en die maag. • Rook verhoog die produksie van maagsure. • Sekere medikasie. • Hardlywigh­eid omdat dit die drukking in die buikholte verhoog. • Jou liggaamspo­sisie (lê of buk). • Babas se sfinkter is nog nie heeltemaal ontwikkel nie, dus braak hulle makliker. DIAGNOSE: Die simptome mag voor die hand liggend wees, maar indien jou dokter onseker is of as die simptome vererger, kan ’n gastroskop­ie gedoen word. Dit behels die“sluk”van ’n baie klein kameratjie sodat die slukderm, maagwand en duodenum (deel van die dunderm agter die maag) ondersoek kan word. Dis pynloos met ligte verdowing en kan in die dokter se spreekkame­r gedoen word. Soortgelyk­e simptome: 1. Pyn op die hart (angina): Dit is gewoonlik tydens oefening, maar wanneer die angina erger raak, kan dit selfs tydens rusperiode­s gebeur. As die pyn by die arm afbeweeg, gaan sien dadelik ’n dokter. 2. Inflammasi­e van die maagwand: Gastritis of maagswere. Probeer dit só verhoed: • Probeer gewig verloor en hou op rook. • Vermy groot en vetterige maaltye. • Beperk koffie en alkohol. • Lig die koppenent van jou bed met omtrent 15 cm. Behandelin­g: •

Teensuurmi­ddels: Gebruik dit ná etes of voor slapenstyd. Dit het newe-effekte soos winderighe­id, hardlywigh­eid en diarree. • Drink teen-maagsuurta­blette. • Chirurgie (operasie) met ’n laparoskop­ie waarin die sfinkter van die slukderm versterk word.

Sooibrand gebeur wanneer die lae sfinkter té ontspanne of los is en dan die maag se suurinhoud toelaat om op te stoot in die slukderm.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa