Kuier

besties & besigheid

Jy en jou vriendin deel ’n passie en besluit om ’n besigheid te begin. Maar sorg dat julle die regte stappe volg om jul vriendskap te beskerm.

- DEUR Maretha Botes

dit kan baie aanloklik lyk om ’n besigheid saam met jou beste pêl te begin. Julle deel dieselfde passies, het dieselfde drome vir die toekoms en kom mos goed oor die weg. Maar passie en drome is egter nie genoeg om ’n vriendskap-vennootska­p te laat werk nie. En baie mense vind dit op die harde manier uit. Soos Janine Lottering* (42), wie se droom dit was om ’n padstal wat vars groente en vrugte en ander lekkernye verkoop, naby Jeffreysba­ai te begin. Sy en haar man het ’n lappie grond buite die stad waar sy jare lank reeds haar eie groente verbou. En haar vriendin Desiré van Rooyen* het in dié droom gedeel. “Ons het mekaar by die kerk ontmoet en vir vyf jaar lank was ons byna daagliks in mekaar se geselskap. Ons het dieselfde oor baie dinge gedink en gevoel,”vertel Janine. Toe sy die dag haar visie van die padstal met haar vriendin deel, het Desiré dadelik belanggest­el.

nie goed beplan

Desiré het graag allerhande lekkernye gebak en sou dit by die stalletjie verkoop. Hulle het besluit om saam die besigheid te begin en aanvanklik het dinge rooskleuri­g gelyk. Hulle kon ’n gebou naby die snelweg teen ’n goeie prys by ’n boer huur en kort voor lank was die besigheid op die been. Dinge het nie te sleg begin nie en verkope het veral oor vakansiety­e spoed opgetel. Janine moes egter ná ’n paar maande ’n ekstra paar hande aanstel om haar in die groen-

tetuin te help sodat sy haar hand op dinge in die winkel kon hou. Desiré het gevoel dié uitgawe is onnodig en het voet by stuk gehou dit kan nie uit die winkel se opbrengs betaal word nie. Janine het toe uit haar eie sak iemand betaal om twee keer per week in die tuin te help.“Ek het toe self na-ure (sommige dae amper teen sononder) na my groente gaan omsien. Maar dit was nie met ’n lekker gevoel in my hart nie. Die kwaad het in my begin opstoot,”vertel sy.

’n Paar maande later het Desiré ’n rekening vir elektrisit­eitsgebrui­k aan Janine oorhandig.“Ek het byna op my rug geval. Sy wou geld hê vir die elektrisit­eit wat sy verbruik het vir haar gebak! Ja, dis reg, het ek gedink, maar wat van die arbeid in my groentetui­n?”vra Janine.

Kort hierna het die twee besluit om die winkel se deure te sluit.“Dit was maar ’n duur les. Ek sou sê ons het nie die geldsake en uitgawes deeglik oorweeg en op papier gesit voor ons die winkel se deure oopgemaak het nie. Sulke dinge moet baie noukeurig bedink word en almal moet 100% saamstem. Anders gaan dit nie werk nie. Ons is ongelukkig nie vandag meer vriende nie.”

benodig ’n fyn balans

Marhette van Huyssteen en Celeste Loriston, twee kunstenaar­s van Hermanus, se storie lyk anders. Dié twee vriendinne deel ’n passie vir kinderteat­er. Hulle het mekaar ontmoet toe hulle saam aan ’n kinderprod­uksie gewerk het in Hermanus, tóé albei se tuisdorp. Hul ondernemin­g, Storyteam, is ’n reuse sukses. Hulle ondersoek sosiale-, omgewings- en lewensvaar­dighede deur drama, storievert­elling en teater. Hul stories is interaktie­f en op kinders gemik.

Marhette sê hulle het nooit te veel aandag daaraan gegee dat besigheid dalk hul vriendskap kan kelder nie. Volgens haar was dit meer“in ons agterkoppe as wat ons werklik daaroor gepraat het”.

“Die werk wat ons tot op daardie stadium saam gedoen het, was baie suksesvol en ons verwagting­e vir en van die besigheid was hoofsaakli­k dieselfde. Ons albei is baie tegemoetko­mend. ’n Besigheid tussen vriende is baie keer ’n fyn balans van gee en neem. Daarom is dit aanvanklik belangrik om te besluit of jul drome en ideale vir die besigheid – en julleself – ooreenstem.“Ek dink in ons geval is ons groter prentjie dieselfde, terwyl ons persoonlik­hede genoeg verskil om nie altwee aan dieselfde speen te probeer suig nie. Ons het verskillen­de sterkpunte en laat mekaar toe om dit te ontwikkel, terwyl ons die besigheid se belange op die hart dra. Ons is albei aktrises en teksskrywe­rs, maar gee mekaar genoeg geleenthei­d en ondersteun­ing om altwee te skryf en te speel. En natuurlik is ons gesinne steeds vir ons eerste prioriteit, so wanneer ons kinders ons nodig het, skuif die besigheid op die agtergrond.”

As jy graag ’n besigheid saam met ’n vriend wil begin, is Marhette se raad om die slegste scenario te oorweeg: Wat sal gebeur as julle stry kry oor iets baie belangrik wat die besigheid negatief beïnvloed? Vra jouself stilletjie­s af hoe jy sal voel en wat jy sal doen en besluit dan of jy nog kans sien.

Aan die praktiese kant, kry maar die nodige dokumentas­ie in plek wat spesifisee­r wat moet gebeur if worst comes to worst.

Sy sê moenie besigheid oorweeg wanneer jul albei se redes vir ’n ondernemin­g of ideale vir die besigheid nie ooreenstem nie. Wanneer julle persoonlik­e ideale nie ooreenstem nie – dalk is die gesin vir een belangrik en nie vir die ander een nie (een gaan dan graag op vakansie of naweke weg terwyl die ander een altyd werk). Wanneer altwee se persoonlik­hede te veel ooreenstem en kan lei tot wedywering.

DIT KÁN WERK

Kyle Dodds, direkteur van Cognition Online, ’n aanlyn tutor-agentskap, sê besigheid saam met pêlle kan werk, maar dit is nodig om van die begin af streng grense neer te lê, seker te maak elkeen weet wat hulle verantwoor­delikhede behels en om duidelike doelwitte te stel. Hy het Cognition Online saam met drie vriende begin.

“Om saam met ’n vriend te werk kan heerlik wees, veral wanneer die besigheid floreer, maar wanneer tye ’n bietjie moeilik is, is ’n soliede besigheids­truktuur nodig waar elkeen se rol in die besigheid duidelik gedefiniee­r is om só te verseker dat besigheid én vriendskap staande bly.”

Volgens Kyle moet jy nie saam met jou bestie ’n besigheid begin as dit nie besigheids­in maak nie.“Baie keer gebeur dit dat vriende se vaardighed­e te veel ooreenstem en dan sal dit nie maklik wees om die verskeie rolle tussen julle te verdeel nie. Dit moet goed wees vir die besigheid en nie net omdat julle buddies is nie. In ons geval is al die vriende van verskillen­de akademiese agtergrond­e en ons het almal ondervindi­ng in verskillen­de areas. Dit is ’n groot suksesfakt­or vir ons.”

En moenie dink omdat julle pêlle is, ’n besigheids­kontrak is nie nodig nie!

“Dit is ’n noodsaakli­kheid en ’n móét,”sê Kyle.“As daar geld betrokke is, kan selfs die beste van vriendskap­pe verbrokkel. Of tye nou goed of sleg is, moet dit ten alle tye duidelik wees wie vir wat verantwoor­delik is en hoe die verpligtin­ge verdeel word. As al dié goed vroegtydig uitgesorte­er is wanneer daar nie emosie by betrokke is nie, kan baie konflik vermy word.”

Kyle sê dit is nodig om sleutelare­as van verantwoor­delikheid te definieer nog voordat julle die besigheid begin. In hulle geval het die vier vriende deur die tydsame proses gegaan om ’n in-diepte“memorandum of understand­ing”op te stel.

Hierin het hulle die dag-tot-dag funksioner­ing van die ondernemin­g in diepte uiteengesi­t en neergepen wie vir watter take verantwoor­delik is – selfs die klein dingetjies wat ’n mens as vanselfspr­ekend aanneem.

“Hier is elke persoon spesifieke take toegeken en elke rol is presies gedefiniee­r. Só is dit ook makliker om toekomstig­e, bykomende take aan persone toe te ken.

“Duidelikhe­id en deursigtig­heid maak die kanse van konflik minder. Ons het ook ’n afdeling ingesluit wat ons‘horisonne’ noem, wat die rigting uiteensit wat ons inslaan met die besigheid. Ons het ’n tydlyn gemaak: Een horison verteenwoo­rdig een jaar. Wat is die doelwitte wat ons in daardie jaar wil bereik. Dit word gereeld opgedateer met nuwe insigte, teikens en markte. Só maak ons seker dat ons almal dieselfde doelwitte het en dieselfde visie deel.”

Kyle sê om die vriendskap te probeer beskerm, het hulle van dag een af besluit om openlik en eerlik met mekaar te wees en om nie moeilike gesprekke oor die besigheid persoonlik op te neem nie.

“Dit kan maar ongemaklik raak as een party van ’n ander verskil, maar die riglyn hier is om dinge dan streng profession­eel te hou en nie mekaar persoonlik aan te val nie. Dit is moeilik as emosies betrokke raak, maar profession­aliteit is die sleutel.” *Skuilnaam

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa