Kuier

Twee prinsessie­s vir Elana Afrika-Bredenkamp

Sy weet presies watter eise moederskap aan ’n werkende ma kan stel, maar sy het geleer jy moenie huiwer om hulp te vra nie.

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Wanneer jy Elana Afrika-Bredenkamp op TV sien of op ’n groot verhoog waar sy seremoniem­eester speel, of in ’n foto saam met haar gesin op Twitter of Instagram, sal jy maklik dink sy is die ultimate superma of super-vrou. Want of sy nou werk of net ma is, sy glimlag altyd in foto’s en is borrelend in haar boodskappe.

Maar wanneer Elana (36) met rooi oë vir ons voorbladfo­tosessie en onderhoud opdaag, besef jy moederskap diskrimine­er nie.

Sy vra verskoning vir hoe sy lyk en verduideli­k haar twee kinders is siek en dat sy min geslaap het, plus sy was die week vantevore seremoniem­eester by die Afrikaans is Groot-musiekskou­spel.

Die eise wat dit veral aan werkende ma’s soos Elana stel, is onmeetbaar groot, want daar is net een van jou terwyl alles en almal anders in jou lewe ook jou volle aandag vereis.

Daar is nie balans nie, sê Elana eerlik, want as sy 100% vir haar kinders gee beteken dit sy kan nie 100% vir haar werk gee nie, en andersom. Elana sal weet, want sy is nou ’n ma van twee dogters, Esther Beth (2) en Annabelle (met ons onder-

houd amper twee maande oud). Met een kind het jy alreeds jou hande vol, maar met ’n tweede verg alles groter beplanning en het jy beslis hulp nodig.

VRA HULP

Gelukkig het Elana haar man, Ian, aan haar sy – ’n hands-on pa wat enigiets doen wat sy kan doen. En sy kry enige ander tipe hulp in wat sy mag benodig, want sy besef sy kan nie alles alleen doen nie en dat dit oukei is om vir hulp te vra.

“Ek het ’n stadium in my lewe bereik waar ek wil hê mense moet die perfekte prentjie van wat ’n superma moet wees, uit hul koppe kry. As ek werk, werk ek hard. En as ek nie werk nie, is ek by my kinders. Dis moeilik om 100% toegewyd te wees op alle vlakke (in jou lewe),”sê Elana, wat ’n besige loopbaan het.“As jy soggens vroeg aan my deur kom klop, sal jy my nog in pajamas kry, want ek is besig om my kinders te bad en aan te trek.”

Moederskap is nie maklik nie, maar dis daardie kosbare oomblikke soos wanneer jou nuwe baba aan jou drink en stip in jou oë kyk en jou ouer kind se persoonlik­heid begin vorm en sy haar eerste volsinne begin praat, wat jou as ma selfs in jou diepste moegheid so vervuld kan laat voel. Dan is ma en kind in ’n woordelose gesprek (in die geval van ’n nuwe baba) of in ’n gesprek met jou peuter betrokke wat ander mense nie kop of stert van kan uitmaak nie, maar as ma verstaan jy elke woord en handgebaar. Sulke tye staan die tyd stil en is dit net hierdie oomblik wat saak maak en weet jy niemand anders kan vir jou dieselfde onvoorwaar­delike liefde gee soos wat jou kind vir jou gee nie.

Kuier kon presies hierdie oomblikke, wat Elana op die fotosessie met haar dogtertjie­s gedeel het, eerstehand­s ervaar. Ian het Elana vergesel en dit was so ’n mooi prentjie om te sien hoe gelukkig hulle as ’n gesin is – en veral hoe Ian sy skoene as pa en as Elana se ondersteun­ende lewensmaat volstaan.

Elana en Ian hoef dit nie eens te sê nie, maar dis duidelik hoeveel respek en liefde tussen hulle is en dat dit die tipe omge- wing is waarin hulle hul kinders grootmaak.

die GESIN GROEI

Esther Beth, of Essie soos Elana en Ian haar noem, is ’n gelukkige en vriendelik­e kind, wat vinnig in almal se harte kruip. Hoe dan anders met ’n borrelende ma soos Elana? Essie is dalk net twee jaar oud, maar tree al klaar soos die beskermend­e ousus teenoor Annabelle op. Essie het in ’n stadium gehuil om Annabelle vas te hou en haar aanhoudend gesoen.

Annabelle besef dit nog nie, maar sy het ’n nuwe tipe samehorigh­eid in die Bredenkamp-huishoudin­g gebring.

Elana sê baba no. 2 was beter beplan en voor sy Annabelle gehad het, moes sy seker maak sy sal steeds daar wees vir Essie en haar sien grootword.

“Ek is nie bang vir ouerskap of moederskap nie, maar ek was bang vir die geboorte, want ek wou nie hê die baba moes vroeg kom nie. Maar toe kom Annabelle wel vroeg. Ek kon nie glo toe dit gebeur nie,”vertel Elana, wat net 35 weke swanger was. Sy het toe nog sowat vyf weke gehad om te gaan voor Annabelle se verwagte geboorteda­tum.

Elana onthou sy was die vorige dag in ’n vergaderin­g en het die volgende dag (Vrydag 27 Januarie) uitgesit om haarself te bederf met ’n hare- en naelsbehan­deling, maar toe val iets voor aan die haarstilis se kant en dinge het toe glad nie volgens plan verloop nie.“Ek het egter die vorige aand pyne gekry en was bang die koord (naelstring) is dalk om Annabelle se nek en het besluit om ginekoloog toe te gaan. Ek sal dit nie vergeet nie. Toe ek in my ginekoloog se spreekkame­r sit, toe is ek soos, ‘oh no, I knew it’. Die dokter het gesê ons sal die baba moet uithaal,” deel Elana die oomblik toe die grootste vrees van haar tweede swangerska­p ’n werklikhei­d word.

Maar sy was kalm en het Ian, wat nog in die gimnasium was, gebel en ook haar suster, wat uit Londen sou kom vir

Ek is nie bang vir ouerskap of moederskap nie, maar ek was bang vir die geboorte.

Van vorige bladsy

Annabelle se geboorte, laat weet Annabelle is op pad en baie vroeër as beplan. En toe sorteer sy vir Essie en haar ouers uit en maak seker almal is orraait voordat sy in die hospitaal opgeneem is.

‘VOLMAAKTE GEVOEL’

Elana beskryf die oomblik op 27 Januarie toe sy vir Annabelle in haar arms kon vashou as ’n“volmaakte gevoel”. Maar sy was tog bekommerd.“Ek was bekommerd omdat sy op 35 weke (vroeg) gebore is. Sy moes op suurstof geplaas word en was vir twee weke in die ICU.

“Toe hulle met Esther Beth se geboorte haar vir my gee, was ek oorweldig deur die gevoel dat ek vir die eerste keer in my lewe my baba vashou. Met Annabelle het ek vir ander goed gekyk, soos na haar tone, vingers, in haar mond, maar Ian was die heeltyd by haar en dít het my gelukkig en kalm gemaak,”voeg sy by.

Elana sê sy het al gelees oor vroeggebor­e babas, maar dis ’n heel ander ervaring wanneer jou eie kind as een van dié babas gebore word. Want dan wonder jy wat jy moet doen.

Ná haar eie ervaring met ’n vroeggebor­e baba wil Elana vir ander ma’s sê hul babas is in goeie hande in die ICU en dat jy op tyd moet wees om jou te kind te voed en genoeg vrae moet vra sodat jy weet wat om te doen wanneer jy en jou baba tuis is.

Terug by die huis het sy nie iets buitengewo­on gedoen nie en steeds mense toegelaat om na Annabelle te kom kyk en het sy haar nuwe dogter net al sterker sien word, sê Elana.“Ek is moeg vir die media wat hierdie prentjie van ’n superma skep. Ek het ’n klomp hulp ingekry om my te help omdat ek onmoontlik alles sou kon doen. Ek het ook gelukkig kliënte wat verstaan ek is ’n ma.”

Teen die einde van die fotosessie het Annabelle, wat die heeltyd soet was, vir die eerste keer begin stem dik maak. Dit was haar slaaptyd en Esther Beth was ook moeg van al die aksie. Toe Elana en haar gesin wegstap, lýk sy soos ’n superma, maar eintlik is sy net ’n gewone ma wat hard werk om oral te wees. Maar sy sukkel ook – nes ons gewone ma’s – en dis heeltemal oukei. Dis moederskap.

As jy soggens vroeg aan my deur kom klop, sal jy my nog in pajamas kry, want ek is besig om my kinders te bad en aan te trek.

 ??  ?? HOOFFOTO: Elana Afrika-Bredenkamp borrel van liefde vir haar jongste spruit, Annabelle (amper twee maande). REGS: Esther Beth (2) is baie danig met die nuwe kleinsus.
HOOFFOTO: Elana Afrika-Bredenkamp borrel van liefde vir haar jongste spruit, Annabelle (amper twee maande). REGS: Esther Beth (2) is baie danig met die nuwe kleinsus.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Elana maak altyd tyd vir haar man, Ian, en hul twee dogters. Sy en Esther Beth het hope pret gehad tydens die fotosessie.
LINKS: Elana maak altyd tyd vir haar man, Ian, en hul twee dogters. Sy en Esther Beth het hope pret gehad tydens die fotosessie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa