Kuier

Gered deur God se genade met Jesus se kruisiging

Ongeag jou sondes op aarde, God het reeds met Sy seun se lewe vir jou sonde aan die kruis betaal sodat jy en ek ’n ewige lewe in Sy koninkryk kan hê.

- Deur pastoor Johan Stemmet * Pastoor Johan Stemmet is verbonde aan die Kingdom Faith Ministries in Worcester.

God het ons ’n toekoms van oorwinning verseker toe Jesus gesê het:“Dit is volbring!” In Mattheüs 4:16 lees ons die volk wat in duisternis sit, het ’n groot lig gesien; en dié wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het ’n lig opgegaan. Wie was hierdie“lig”oor wie selfs Jesaja geprofetee­r het? Jesus, die Messias (Jesaja 8:23).

God het ’n toekoms van oorwinning vir ons verseker deur Sy seun, Jesus, aan die kruis vir ons te laat sterf.

Die Bybel sê nadat Jesus die suur wyn op die kruis ingekry het, het Hy gesê:“Dit is volbring”(Johannes 19:30).

Dit is volbring – wat in Grieks beteken “tetelestai”. Dit was ook gebruik as ’n skuldbewys wanneer ’n skuldenaar ’n geldelike verpligtin­g erken het. Dit het gedui op ’n skriftelik­e erkenning dat daar ’n skuldlas, ’n verpligtin­g of aanspreekl­ikheid op die ondergetek­ende gerus het.

Wanneer die skuld dan ten volle vereffen was, dan is ’n stempel op die skuldbrief gestamp wat sê“Tetelestai”– ten volle betaal. Paulus bevestig dit in Kolossense 2:14: ”Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.”

Ook in antieke tye was dit algemene praktyk om die klagstaat van ’n gevangene aan sy seldeur vas te spyker. Die oortreding­s waarvoor hy veroordeel is, is daarop aangeteken, asook die vonnis wat hom opgelê is. Nadat hy sy tronkstraf uitgedien het, is die klagstaat van die seldeur verwy- der en uitgekanse­lleer deur in groot letters daaroor te skryf:“Tetelestai”(ten volle uitgedien). Daarna is dit aan die betrokke persoon oorhandig en niemand kon hom ooit weer vir dié oortreding aankla nie – hy het die vonnis uitgedien en daardeur die prys vir sy misdade betaal.

Die Bybel sê ons almal het gesondig en dit ontbreek ons aan die heerlikhei­d van God (Romeine 3:23). Oor ons sonde is ons in die mag van Satan waar ons in sy dodeselle verhoor- en veroordeli­ng-afwagtened is. Die tronkbewaa­rder is die duiwel self en geen persoon kan homself uit sy mag bevry en die doodstraf wat op hom wag, vryspring nie, maar Jesus Christus het gewillig die doodstraf uitgedien om in ons plek, wat in beginsel reeds oor alle sondaars uitgespree­k is, te sterf (Romeine 6:23).

Ná sy opstanding uit die dood is Hy in ’n posisie om die klagstaat van elke verlore sondaar uit te kanselleer deur met sy bloed daaroor te skryf:“Tetelestai”– die vonnis is betaal. Die sondes waarvoor die duiwel ons by die troon van God aangekla het, is uitgewis deur die bloed van die Lam. Hy kan ons nie weer hiervoor aankla en beskuldig nie. Dit maak nie saak hoe ernstig hierdie oortreding­e was nie, want die straf daarvoor is reeds ten volle betaal. Geliefdes, kom ons staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygekoop het (Galasiërs 5:1).

Tetelestai was Jesus se laaste sterwenswo­ord aan die kruis en het Hy Sy oorwinning oor die vyand aangekondi­g deur dit uit te roep. Met hierdie uitroep het God ons die versekerin­g gegee op oorwinning oor die mag van Satan. Om te sterwe was vir Hom ’n groot oorwinning,“sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het, dit is die duiwel en ons kon bevry wat ons hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was”(Hebreërs 2:14 – 15).

Wanneer ’n generaal van die slagveld af teruggekee­r het, het hy van sy krygsgevan­genes in die strate geparadeer en sy oorwinning geproklame­er deur ook uit te roep:“Tetelestai”.

Hierdeur is ’n duidelike stelling gemaak, naamlik die oorwinning is behaal of die sending is voltooi. In Engels“mission accomplish­ed”.

Paulus bevestig dit ook in Kolossense 2:15:“Hy het die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoonges­tel en daardeur oor hulle getriomfee­r.”

Ek wil afsluit met die profesie van Jesaja 9:“Vir ons is ’n seun gebore, aan ons is ’n seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Daarvoor sal die onverdeeld­e trou van die Here die Almagtige sorg.”

Geliefdes, kom ons laat toe dat God ons verander gedurende hierdie Paasfees 2017; ons denke vernuwe en sodoende ’n lewe van oorwinning kan lei. Wanneer die vyand ons versoek of aankla met leuens oor lyding, siekte, pyn of skuld, herinner hom aan Jesus se uitroep van oorwinning – Tetelestai! Alles is betaal!

Kom ons lewe in volle oortuiging dat God, wat die goeie werk in ons begin het, dit enduit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa