Kuier

Dwelmversl­aafde verlos deur haar geloof

Dwelms het byna haar lewe verwoes en haar van haar menswees beroof. Maar met God aan haar sy probeer sy nou die stukke optel en op die regte pad bly, ter wille van haar seuns.

- DEUR elmarine anthony

Nie eens die dood van haar suster of die pyn in haar kinders se oë was genoeg om haar van dwelms weg te hou nie. En selfs toe sy in ’n hondehok geslaap het, het dit haar nie gepla nie – sy het net gelewe vir haar volgende fix.

Maar waar daar ’n wil is, is daar ’n weg. Want ná 12 jaar het Natalie Martin (32) van Retreat buite Kaapstad vir God gevind en haar lewe drasties omgedraai. Nou deel sy haar storie in die hoop dat dit ook ander dwelmversl­aafdes kan help.

Natalie het op die ouderdom van 20 tik begin gebruik saam met haar kollegas by die restaurant waar sy toe as ’n kelnerin gewerk het. Hulle het een aand na ’n konsert gegaan waar Natalie vir die eerste keer tik gebruik het. Die volgende dag het sy dit weer gedoen en gou het sy dit elke dag voor werk en tydens etenstye in die badkamer begin doen. Sy het selfs by die werk geld gesteel om dwelms mee te koop.

Nadat sy afgedank is, moes sy ander maniere kry om vir haar gewoonte te betaal en het toe van haar ma begin steel.

Haar ma het haar verskeie kere uit die huis gesit, maar haar altyd terug verwelkom. Dít ten spyte van al die“aaklige” dinge van sy gedoen het, vertel Natalie. Sy het gereeld van haar ma gesteel en het een keer al die appliances in die huis soos die mikrogolfo­ond en televisies­tel, sowel as kontant gesteel.

Haar ma het toe ’n interdik teen haar gekry. Toe Natalie die interdik oortree, is sy in hegtenis geneem en was sy vir sewe dae lank in die tronk. Haar ma het egter haar borggeld betaal en haar weer in die huis toegelaat ter wille van Natalie se twee seuns (nou 13 en 10). Terwyl sy swanger was met die jongste, het Natalie aanhou tik gebruik. Niks kon haar keer nie.

Natalie het haar ma vir haar verslawing blameer .“Ek was in self pity mode; asof die hele wêreld my iets verkeerd aangedoen het. Ek het altyd my ma vir alles blameer.” Dít sluit in die dood sewe jaar gelede van haar suster, wat ook ’n dwelmversl­aafde was.“Sy het aan longontste­king gesterf, maar ek was seker die dwelms het ’n rol in haar dood gespeel. ”Sy het gedog haar suster se dood sou haar laat ophou dwelms gebruik, maar sy het egter dieper daarin verval. Sy het later ook ander dwelms, insluitend mandrax, begin gebruik. Sy het ook van ander mense gesteel. “Ek sou hulle om hulp vra en wanneer hulle my in hul huise toelaat, steel ek iets.”

Haar“rock bottom”was in Mei verlede jaar toe haar ma haar uit die huis gesmyt het. Natalie het nie meer geld of vriende gehad nie en sy het toe in die hondehok in haar ma se agterplaas begin slaap.“Dit was baie klein. Ek kon skaars daarin pas.”Haar seuns het huilend by die venster staan en toekyk hoe hul ma in ’n hondehok geslaap het.“Ek het gevoel asof ek wil doodgaan om te sien waardeur ek my kinders sit.”Aan die begin het die feit dat sy in ’n hondehok

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa