Kuier

Vier samesyn dié Paastyd met smullekker disse

Paasfees is nie net ’n fees van geestelike verdieping nie, maar ook ’n wonderlike fees van samesyn. So bederf jou familie met dié watertand-disse en oulike soetgoed vir die kinders.

- Deur Karen Hart

Genoeg vir 6 – 8

BESTANDDEL­E

Olie vir braai 1 kg ferm witvis, in mootjies gesny 2 eiers, geklits ½ koppie koekmeel 2 koppies asyn 1 koppie water 4 bay leaves (lourierbla­re) 4 naeltjies 4 uie, in ringe gesny 2 teelepels borrie 4 teelepels garam masala 4 teelepels matige kerriepoei­er 4 teelepels fyn koljander Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 2 eetlepels suiker

METODE

Verhit die olie in ’n pan. Doop die vismootjie­s eers in die eier, rol in die meel en braai in die olie tot alkant mooi goudbruin en gaar. Verhit nou die asyn, water, bay leaves en naeltjies saam in ’n kastrol. Voeg die ui by en kook tot sag. Voeg die res van die bestanddel­e by en bring tot kookpunt. Laat vir 5 minute lank kook en giet die mengsel oor die vis. Laat staan by kamertempe­ratuur om af te koel. Bedek en laat oornag in die yskas – hoe langer die vis staan, hoe beter die geur. Haal die vis ’n uur voor opdiening uit die yskas sodat jy dit teen kamertempe­ratuur kan voorsit. WENK: Geelstert en snoek werk baie goed, maar jy kan ook stokvis gebruik.

Sit jou kerrievis voor saam met lekker warm Paasbollet­jies of ’n tuisgebakt­e kaneelbroo­d. Karen Hart

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa