Kuier

Sasha-Lee Davids terug in vermaakbed­ryf

Sy het tyd nodig gehad om haarself te vind, maar nou is sy weer reg om die vermaakbed­ryf aan te pak.

- DEUR ernusta maralack

Ons het ’n paar jaar gelede laas die 2009 Idols- medewenner SashaLee Davids in die kollig gesien in haar en haar gesin se realiteits­program

Huis van Davids op kykNET. Daarna was sy stil, nie omdat sy ’n“onehit wonder”is nie, maar omdat sy stiltetyd weg uit die kollig nodig gehad het. Sy wou as mens groei en heeltemal seker wees sy wil in die veeleisend­e en mededingen­de vermaaklik­heidsbedry­f wees.

En ons kan sien Sasha-Lee (26), oorspronkl­ik van Atlantis buite Kaapstad, is ’n ander mens. Sy kom sterker en meer selfversek­erd voor en is gemaklik in haar vel.

In Engels sal ’n mens sê“she’s got her game face on”. Dit is goeie nuus vir ons, want dit beteken ons gaan haar mooi engelstem wat ’n mens hoendervle­is gee wanneer sy sing, weer ál meer begin hoor.

Sasha-Lee is terug in die bedryf, maar hierdie keer op haar eie terme en omdat sy die keuse maak om haarself as ’n volronde kunstenaar te hervestig – een wat haar klank gevind het en haar eie oorspronkl­ike musiek skep.

Die Kaapse musiekprod­uksie Kaapse Jol onder leiding van Alistair Izobell wat einde Desember 2016 en vroeg in Januarie 2017 by die Baxter-teater in Kaapstad aangebied is, was die eerste groot musiekver- hoog waarop Sasha-Lee in jare opgetree het. En dit is juis Alistair wat nou vir Sasha-Lee mentor met die volgende opwindende stap in haar loopbaan. Hy het haar eerste solo show Breaking Free vervaardig wat begin April by die Baxter-teater op die planke was en Sasha-Lee is reeds besig om te werk aan ’n nuwe album.

uit die kollig

Maar waar was sy al die tyd? Sasha-Lee vertel hul realiteits­program, wat in 2011 op televisie was, het baie van haar tyd opgeneem, maar toe dit klaarmaak, het sy en een van haar susters en een van haar broers besluit om in Marokko te gaan optree.

“Ons het by ’n vyfsterhot­el opgetree waar ons deel was van ’n groot band en ons het elke aand perform. Die audience was daai ekstra ryk mense wat spesifieke songs gesoek het – goed wat ons nie eens geken het nie en dan is van dit French of Moroccan songs!”vertel sy.

Nadat hul tweede kontrak geeïndig het en sy weer terug by die huis was, was daar nie juis ’n plan oor wat sy volgende sou doen nie. Sy het hierdie tyd gebruik om stil te raak en het ook aan nuwe musiek begin skryf.“Ek moes weer myself leer ken en ek moes weer uitvind watter tipe kunstenaar ek is. Die rede hoekom ek in stiltetyd gegaan het, was nie oor ek gevoel het dis als ’n flop nie. Maar ná Idols was als net mal en stresvol. Ek het deur managers gegaan en nie geweet watter vrae om te vra nie. Ek wou net weer by die huis wees, myself weer vind en myself afvra of ek in hierdie industry wíl wees.”

Sy sê voorts wat haar persoonlik­heid betref is sy stil en teruggetro­kke, terwyl die vermaaklik­heidsbedry­f een is“waar ek altyd ready moet wees om te smile en vrae te beantwoord”.“Dit was ’n moeilike tyd,”sê Sasha-Lee ernstig.“Met Idols berei niemand jou voor vir wanneer die kameras af is nie, want dan begin die werk eintlik. Jy het dan ’n manager vir drie maande wanneer die TV show klaar is, maar daarna is dit net jy en jou stem. Maar my familie was my steunpilaa­r in dié tyd.”

’n nuwe uitkyk

Sasha-Lee het hard nagedink oor haar ervaringe in die vermaaklik­heidsbedry­f. Sy was net 18 toe sy Idols wen en toe gebeur daardie groot blaps met die stemme waarna M-Net besluit het om beide haar en Jason Hartman as die Idols- wenners vir 2009 te kroon. Dit was baie om te hanteer vir so ’n jong meisie wat toe pas klaargemaa­k het met skool.

Al hierdie dinge én die veeleisend­heid van die bedryf het Sasha-Lee laat hard dink of sy dit regtig weer wil betree.

“Ek het geleer hoe belangrik dit is om te netwerk en het besluit om weer na die bedryf terug te keer. My groot comeback was Kaapse Jol, want toe ek dít doen, het ek gevoel dis waar ek wíl wees,”voeg Sasha-Lee met ’n glimlag by.

“Alistair weet wat hy doen en het vir my gesê,‘trust the process’. Timing is baie belangrik en ek wil happy en seker wees oor wat ek doen – en Alistair laat my seker voel. Hy is seker van sy saak dat als gaan uitwerk en sê as dit flop, is dit ek!”sê sy.

Sasha-Lee is op ’n goeie plek in haar lewe en loopbaan. Haar album het ’n bietjie van alles en bevat stories van goed wat sy al deurgemaak het.

“Maar ek is klaar met heartbreak-goete. Al het ek niemand in my lewe nie, is ek positief ek gaan daai iemand eendag kry!”

Dis beslis ’n nuwe Sasha-Lee wat ons sien. Nou kan ons nie wag om haar nuwe musiek te hoor nie!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa