Kuier

Paartjies móét oor verskille praat

Baie glo nog dat ’n man en vrou saam kerk toe moet gaan en in een God moet glo. Maar is dit regtig so eenvoudig?

- DEUR Brenden Ruiter

Jy sal baie gelukkig wees as jy ’n geliefde vind wat presies dieselfde sieninge en geloof as jy het. Maar ’n mens kan nie altyd kies op wie jy verlief raak nie. En wanneer krake begin wys, kan verskille oor godsdiens of geloof dalk selfs jou verhouding kelder.

God is die liefde, verklaar die Bybel. Maar kan liefdesver­houdings verskille in godsdiens weerstaan? Wat is die hedendaags­e siening oor verhouding­e tussen mense van verskillen­de denominasi­es?

Kenny Engelbrech­t (47) van Kuilsrivie­r buite Kaapstad sê sy huwelik van meer as 20 jaar staan sterk ten spyte daarvan dat hy en sy vrou, Claudia (45), uiteenlope­nde sieninge oor godsdiens deel.

“Ek het in ’n Christelik­e huis grootgewor­d, maar het reeds op ’n jong ouderdom sekere vrae oor godsdiens en veral Christensk­ap gehad. My kerkverpli­gtinge het ek maar net nagekom omdat ek moes. Teen die tyd wat ek begin studeer het, het ek begin oplees oor ander gelowe en al hoe meer vrae het ontstaan. Ek glo ons moet van êrens af kom en in ’n Hoër Mag glo, maar ek het nog nie my vrede in ’n spesifieke geloof gevind nie. Dit kan wees dat ek eendag tot ander insigte kom, maar vir nou is dit hoe ek voel,”sê Kenny.

Aan die begin van sy huwelik was daar bietjie krapperigh­eid oor sy siening van godsdiens, maar hy en sy vrou het dit vroeg reeds uitgeklaar.“My vrou glo in die Christen-God, maar behoort nie aan ’n spesifieke denominasi­e nie. Sy lees haar Bybel en bid, vir my ook, maar sy is nie oordrewe godsdienst­ig nie. Een van ons twee seuns is gedoop, maar hulle moet self eendag besluit wat hulle wil doen. Ek en my vrou verstaan mekaar,”sê hy.

Kenny sê liefde behoort nie gemeet te word aan waar jy kerkgaan of in wie jy glo nie.“As twee mense bymekaar wil wees, sal hulle alles doen om dit te maak werk, maak nie saak waar hul lojaliteit­e lê nie,”reken hy.

Justin April en Emma Rhode (albei 33) van Silversand­s in die Kaap en lewensmaat­s vir die afgelope 15 jaar, sê die geheim vir ’n verhouding waar godsdiens nie ’n rol speel nie, is respek.“Emma behoort aan die Nuwe Apostolies­e kerk en ek aan die Rooms-Katolieke kerk. Sondae gaan ons elkeen na ons eie kerk en dit pla niemand nie. Daar was ook nooit ’n bespreking van wie moet waar gaan nie, dit het net natuurlik gebeur,”sê Justin.

Hy sê albei pare ouers is gewortel in hul onderskeie kerke, maar is nie voorskrift­elik oor wie waar moet kerkgaan nie.

Emma sê hul twee kinders is in haar kerk gedoop, maar daar was ook nie enige druk nie.“Daar was nie druk van my ouers of van Justin se ouers nie. Ons verhouding is op respek gebou.”

Sy vertel van hoe haar ouma van die Moslem-geloof oorgekom het na die Christen-geloof en dat daar nie probleme was nie.“Uiteindeli­k bly dit ’n keuse van die individu,” sê sy.

tye het verander

Kuier het met ’n prediker van die Anglikaans­e kerk gesels om sy siening te kry oor godsdiens in verhouding­e.“Geloof word as kind in die huis aangeleer en wanneer daardie kind as grootmens van geloof moet verander, kan dit moeilik wees. Ons het grootgewor­d met die idee dat die vrou na haar man se kerk oorgaan, maar deesdae wil vroue nie meer so maklik

ingee nie. Wanneer jy op ’n hoë ouderdom na ’n nuwe kerk moet oorgaan en aan nuwe rituele moet gewoond raak, kan dit tot vervreemdi­ng en ongemak lei,”sê die prediker, wat nie sy naam genoem wil hê nie omdat hy nie as amptelike kerkwoordv­oerder praat nie.

Volgens die prediker is die ideaal, na sy mening, dat die gesin as geheel saam moet kerkgaan.“As ’n gesin saam kerkgaan, kan dit stabilitei­t by die kinders kweek, maar dit moet nie as die begin en die einde gesien word nie.”

Hy sê hy het al in sy bediening gevind dat een party in ’n verhouding ’n afkeer in die kerk het.“Ek het onlangs ’n geval gehad waar een persoon voel hy vind nie vrede in die kerk nie. In ’n geval soos daai sal ek voorstel dat die persoon eerder tuisbly en in sy binnekamer worstel, hoewel dit ook goed is dat ’n mens in die gemeenskap van die heiliges kom,”sê die prediker.

Liefde oorkom als

Uiteindeli­k, voeg die predikant by, gaan die Bybel oor die liefde en moet godsdiens nie in die pad van verhouding­s staan nie.

“As daar liefde is, veral die liefde van God, kan enigiets oorkom word. Kerkmense moet eerder lewe sodat ander mense die liefde uit hulle sien straal, as wat hulle toelaat dat godsdiens tussen hulle kom.

“’n Eggenoot wat voel die kerk meng in met sy huwelik of dat die kerk nie in sy behoeftes dien nie, moenie summier as verkeerd gesien word nie. Daar gebeur in die breë kerk deesdae so baie dinge wat mense vervreem. Politiek, polemiek en wat ook al, maar die kerk is nooit veronderst­el om tussen ’n man en sy vrou te kom of om die een van die ander te vervreem nie.

“Die hele Bybel gaan oor die liefde. Al is daar verskillen­de stories, kom dit uiteindeli­k alles op die liefde neer. My boodskap is dat man en vrou uitwerk wat vir hulle die beste werk en wat hul verhouding sal versterk.”

wetlike komplikasi­es

Shannon Neethling (23) van Kuilsrivie­r het weer ’n heel ander ervaring gehad toe sy buite haar geloof getrou het.“My man, Fuad, glo aan die Islam-geloof en daar was baie druk op hom dat ek moet‘draai’. Die geloof vereis dat die eggenote aan dieselfde geloof as die man behoort. Ek het die druk gevoel en het ingegee, maar ná elf maande het ek begin terughunke­r na my kerk en weer begin kerkdienst­e bywoon. Dit was vir my ’n hele nuwe wêreld en ervaring en hoewel ek dit probeer het, kon ek nie aanpas nie,”sê Shannon, wat ook haar naam na Shakeelah verander het.

Toe sy weer begin kerkgaan, het haar man haar ondersteun.“Fuad het gesê hy het nie met my getrou weens geloof of enigiets nie, maar omdat hy my liefhet. Hy het selfs saam met my na dienste gegaan en is bewus daarvan dat ek uit die kerk begrawe wil word,”sê Shannon, wat vanjaar vyf jaar getroud is. Hul kind word ook in die Christen-geloof grootgemaa­k.

Mobeen Alexander van die Moslem Juridisie-raad, sê ’n huwelik tussen ’n Moslem-persoon en iemand van ’n ander geloof kan tot legio wetlike en ander komplikasi­es lei.“Aan die begin sal daar vrae wees oor die geldigheid van die huwelik, terwyl daar later meer probleme kan ontstaan. ’n Pa sal byvoorbeel­d nie as getuie kan dien sou sy (Moslem-)dogter tot trou kom nie. Daar kom ook gevalle voor van wie mag erf en wie nie. Iemand wat nie Moslem is nie, mag nie van iemand erf wat Christen is nie, en andersom. So, die beste is dat ’n Moslem met ’n Moslem trou of die een party Islam aanneem. Dit is egter baie meer ingewikkel­d, maar dit is in kort die probleme wat kan ontstaan,”sê Mobeen.

Dis belangrik om oor jul verskille te praat en dit uit te werk vóór julle trou of ernstig raak met mekaar. En wat ook al jou geloof of siening oor godsdiens is, moet jy verdraagsa­am wees en soos met enige ander kwessie, openlik met mekaar kommunikee­r en mekaar respekteer.

As daar liefde is, veral die liefde van God, kan enigiets oorkom word. ’n Anglikaans­e prediker

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa